Die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg is Saterdagmiddag gesluit nadat ʼn brand langer as ʼn dag by dié mediese fasiliteit gewoed het.
Die Gautengse departement van gesondheid het in ʼn verklaring gesê die hospitaal sal vir sewe dae gesluit wees om die skade van die brand te bepaal. Geen nuwe pasiënte sal in dié tyd in die hospitaal opgeneem word nie. Teen Saterdag om 07:15 was 415 bestaande pasiënte na ander hospitale oorgeplaas. Brandbestryders het eers teen middagete Saterdag die brand heeltemal geblus. Die brand het reeds Vrydagoggend in een van die hospitaal se apteke uitgebreek.
Die departement het nog gistermiddag gespook om die oorblywende 270 pasiënte te verskuif. “Die pasiënte word as voorsorgmaatreël geskuif omdat ons besorg is oor skade wat deur rook van die brand aangerig kan word,” lui die verklaring.
Die departement is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie en sê hulle sal binnekort met ʼn ondersoek hierna begin. “Ons eerste prioriteit is egter nou om lewens van pasiënte te red.”
Die departement het ʼn beroep op instap-pasiënte gedoen om by omliggende mediese fasiliteite vir hulp aan te klop. Families van pasiënte wat na ander fasiliteite oorgeplaas is, word versoek om 0800 22 8827 of 0800 428 8364 te skakel vir inligting oor hul geliefdes. Hulle kan ook ʼn e-pos na [email protected] stuur.
Instandhouding van die plekke is pateties. Hoekom is die brandkrane nie dadelik vervang na die diefstal, die veerandwoordelike persone moet vas getrap word en ontslaan word
Die goed het geen idee wat instandhouding is nie! Nada!
Al wat hul het is n houding….om eenvoudig stupid verby te wees!
Wel gedaan ANC! Nog ‘n “smoking story to tell”
Ek verstaan ook nie hoe die brandkrane nie gereeld gediens is nie. Nalatigheid. Soos die hele staat aangaan, bly daar net as oor van Suid Afrika
Enige openbare plek se brandtoerusting MOET gereeld nagegaan word dan sal sulke insidente nie plaasvind nie. Skande op skande agv onbevoegde mense, maar hulle moet die werk kry. Bevoegdes sit by die huise