Johannesburg beurtkrag gespaar

Argieffoto (Foto: Unsplash)

City Power in Johannesburg het Saterdag sy kliënte ingelig dat hulle nie die naweek onder beurtkrag gaan deurloop nie.

Eskom het Saterdagaand aangekondig dat beurtkrag weer van Saterdag om 21:00 in werking sal tree. Dit sal in hierdie stadium tot Maandag om 05:00 geld.

Die kragvoorsiener sê beurtkrag word genoodsaak weens meganiese probleme, eenhede wat by verskeie kragsentrales uitgeskop het en vertragings om ander eenhede weer aanlyn te bring.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het City Power onlangs ʼn verlenging van ʼn kragkoopooreenkoms met die Kelvin-kragstasie onderteken, wat die kragvoorsiener ʼn ekstra kapasiteit van tot 220 MW gee om ten minste fase 1 en 2 wat deur Eskom opgelê is, te verreken.

“Met hierdie ekstra kapasiteit sal ons dus die inwoners van die stad die ongerief van beurtkrag fase 1 en 2 kan spaar,” sê Mangena.

“Diegene wat in bepaalde gebiede wel kragonderbrekings ondervind, moet ons daarvan in kennis stel sodat tegnici dit kan hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

En daar is die rede hoekom Soweto ANC stem. Die nie-betalers het meer voordele as ons.

Jeffrey ·

Meeste van Soweto verkry hul krag direk van eskom en gaan hul op hierdie oomblik wel gebuk onder beurtkrag. Hierdie rondte beurtkrag maak die ANC baie baie seer op die oomblik. Soms wonder n ou wat regtig aangaan “behind the scenes”.

Jan ·

Hulle lieg ons het vanoggend tussen 2 uur en half 5 beurt krag gehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.