Johannesburgse winkelsentrum ontvang bomdreigement

Die owerhede Saterdag buite die Killarney Mall in Johannesburg. (Foto: Vision Tactical/Twitter)

Die Killarney Mall naby Houghton in Johannesburg is Saterdag ontruim nadat dit ’n bomdreigement ontvang het.

Die bestuur het in ’n verklaring gesê die polisie en bomeenheid is vroeër na die winkelsentrum ontbied om ondersoek in te stel. Die winkelsentrum is intussen veilig verklaar en weer in bedryf.

“Die veiligheid van ons klante, huurders en personeel is vir ons van die uiterste belang.

“Killarney Mall wil alle klante bedank vir hul geduld met die aangeleentheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

En net so was daar verlede week ‘n bom dreigement by die Privaathospitaal in Nelspruit. Dit moes ontruim word! Iemand wat dit kan doen moet sommer lank in die tronk sit!