Jong ma se gemoed beter ná aanval

Nicole Panos en haar verloofde, Jason. (Foto: Verskaf)

Nicole Panos kan al langer in haar hospitaalbed regop sit en sal moontlik binnekort na ’n rehabilitasiesentrum oorgeplaas word. Dit gaan ook beter met haar gemoed.

Die jong ma het egter steeds geen gevoel in haar bene nie en haar rugbesering bly ’n groot bekommernis. Sy kan ook nog nie in ’n rolstoel sit nie, “maar werk daarheen”, sê haar familie.

Maroela Media het vroeër berig Nicole is onlangs uit die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal in Umhlanga na ’n gewone saal in dié hospitaal verskuif. Sy slaap sedertdien beter maar die verandering is ’n aanpassing aangesien sy soms moet vra vir die sorg wat sy in die waakeenheid ontvang het.

Volgens ’n inskrywing deur haar familie het die personeel glo haar beenstut aangesit en gevra of dit te styf aangesit is. “Nicole moes hulle daaraan herinner dat sy nie haar bene kan voel nie. Dit is waarskynlik normaal in die oorhandigingsproses en die nuwe span sal haar gou genoeg leer ken, maar sy vind die oorgang ’n bietjie oorweldigend.”

Nicole Panos en haar ma, Christa. (Foto: Verskaf)

Nicole se familielede maak seker dat hulle haar elke dag besoek en neem haar seuntjie, Kayden (4), saam. “Dit doen Nicole baie goed. Haar verloofde, Jason Coetzer, beur haar ook op en het haar onlangs nogal laat lag.”

Nicole en Jason se 16 maande oue dogtertjie, Kaia, is sowat drie weke gelede dood toe ’n kameelperd haar, haar ma en boetie in die Kuleni-wildreservaat in Hluhluwe, KwaZulu-Natal, aangeval het.

Nicole het ernstige rugbeserings opgedoen tydens die voorval. Sy het ook frakture aan haar kakebeen, ribbes en een van haar arms opgedoen met skade aan haar lewer en een van haar longe. Sy moes ook bloedoortappings kry. Kayden het verskeie skedelbreuke tydens die aanval opgedoen, maar hy is reeds uit die hospitaal ontslaan.

ʼn Roudiens vir Kaia sal gereël word sodra Nicole ook sterk genoeg is om dit te kan bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nettie ·

Baie dankie MM dat julle en die familie ons so mooi op hoogte hou. Ons is almal diep geraak deur hierdie tragedie en bid eenstryk deur vir hulle herstel, aanvaarding en God se liefde, vrede en ondersteuning vir hulle. Sterkte aan almal van julle.

Marcello ·

Sterkte aan haar en haar familie, hoop sy herstel ten volle.

Jillian ·

Dis baie hartseer en ek bid die familie alle sterkte toe. Riv aan die pragtigste pop wat nou by Jesus bly. Die natuur doen soms snaakse dinge en ons vertsaan nie altyd nie. Mag jy sommer gou gesond word Nicole en baie sterkte aan julle met die diens wat nog voorlê. Mag God julle styf vashou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.