Jong ma se liggaam in huis gevind

Shakira Links (Foto: Facebook)

Die liggaam van ’n jong ma is die naweek in haar huis buite Springbok in die Noord-Kaap gevind.

Viola Kotze het Saterdag omstreeks 09:00 op haar buurvrou Shakira Links (20) se liggaam in haar huis in Waterkantstraat in Bergsig afgekom.

Kotze verwyt haar nou omdat sy nie op ’n vroegoggendgil, langsaan haar huis, reageer het nie.

“Ek het 05:00 ’n harde geluid gehoor. Toe ek opstaan en kyk, het ek gesien Shakira se kombuis-bodeur is oop. Dit wou voorkom asof iemand van binne af dit ’n paar keer probeer toedruk het. Ek het later gaan lê. Teen 06:00 het ek gesien dat die bodeur steeds oopstaan.”

Kotze vertel dat sy weer gaan lê het waarna sy eindelik 09:00 opgestaan het. Haar buurvrou se bodeur het in dié stadium steeds oopgestaan en sy het ’n vriendin gevra om saam met haar te gaan ondersoek instel.

“Ek het eers Shakira se een skoen op die stoep sien lê. Toe ek ingaan, het ek haar in die kombuis sien lê.”

Volgens Kotze het Links se baba nog in die slaapkamer gelê en slaap. Nooddienste is na die toneel ontbied waar Links dood verklaar is.

Intussen bespiegel die inwoners van Waterkantstraat oor die voorval. Volgens Kotze is haar buurvrou omstreeks 08:00 gewaar waar sy buite haar huis gerook het. Links is vermoedelik tussen 08:00 en 09:00 vermoor.

“Ek moes maar die eeste keer gaan kyk het. Ek kon die moordenaar gekonfronteer het en die tragedie verhoed het,” sê Kotze.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by sers. Brian Williams by 082 495 5279 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

12 Kommentare

Spook op thaba ·

Die tye verwar my. My kop draai nou. 5 uur n harde gil maar 8 uur rook die vrou buite.

Iemand ·

Dit is nie so verwarrend nie. 5am was daar n harde gil, miskien was daar huis-moles. Haar kerel het dalk met haar baklei. Toe raak dinge rustiger en sy gaan staan buite en rook. Daarna vermoor hy haar….

Boervrou ·

Lees die berig mooi.Daar staan niks van n gil nie.Die vrou het n harde geluid gehoor.

leesMooi ·

Jy moet mooi lees. Sien die sin net bo die deel oor die harde geluid. Daar staan sy is spyt sy het n vroegoggend gil ignoreer.

Charlotte ·

Die heel eerste paragraaf noem ‘n “vroegoggend gil” …

Ja swaer ·

Uitstekende buurvrou. Sien daar is groot fout en gaan le en slaap dan

Marlene ·

Verwarrende berig. Vroegoggend gil. Nie gereageer. Klapgeluid. Duidelik behoort mens mos te dink daar is fout en polisie ontbied. Hoe kan mens slaap as jy vermoed iets is fout

humor ·

9 uur eers opgestaan. daai tyd braai die son n mens uit die bed uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.