Jong man ‘herstel wonderbaarlik’ ná tref-en-trap

Jeremy Barnard. Foto: Verskaf

Die jong man wat in ʼn koma was nadat hy van sy motorfiets af gery is, is wonderbaarlik aan’t herstel.

“Daar is vir my gesê dat my seun permanente breinskade gaan hê, dat hy moontlik nooit weer gaan loop nie en dat baie min mense herstel van die beserings wat hy opgedoen het.

“Ek het net geweier om dit te aanvaar en gesê julle het geen idee waartoe ons God in staat is nie.”

Rouvé Barnard glo haar seun, Jeremy (21), sal ten volle herstel nadat hy op 9 Junie in die vroeë oggendure op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Parfittlaan in Bloemfontein deur ʼn bakkiebestuurder van sy motorfiets af gery is.

“Hy sterk bo ons grootste verwagtinge aan. Hy kon oor die naweek sy wagwoord vir sy skootrekenaar en selfoon onthou. Sy tragea is uitgehaal en hy praat met ons. Hy eet gewone kos en sy hond het die naweek vir hom kom kuier.”

Jeremy sterk tans aan by ʼn rehabilitasiesentrum in Bloemfontein nadat hy vir meer as ses weke in die hospitaal was. Volgens Barnard sal haar seun hopelik teen die einde van die jaar ontslaan word.

“Hy kan nog nie loop nie aangesien sy spiere gekrimp het en senuwees aangetas is omdat hy so lank in dieselfde posisie gelê het. Hy moet nou leer om weer sy maagspiere te gebruik sodat hy sy beenspiere kan oefen.”

Volgens Barnard steun sy van die begin af op haar geloof en is daar gebede en boodskappe van bemoediging van oor die wêreld vir Jeremy. “Tot dusver het alles reggekom en ek glo daar gaan ook in alle ander opsigte genesing kom.”

Khathazile Tolong (43) sal intussen weer later die maand in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met die tref-en-trap-botsing waarin Jeremy ernstig beseer is. Tolong het ná die ongeluk glo nie stilgehou nie.

Tolong, ʼn streeksekretaris van die ANC in die Noord-Kaap, is in Junie op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Ondersoekers het Tolong net minder as ʼn week ná die ongeluk in De Aar opgespoor en in hegtenis geneem. Hy word in dié stadium van roekelose en nalatige bestuur aangekla.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokkie ·

Sterkte vir jou jong man. Mag die Here jou volkome genees.

Martie ·

Jeremy jou ma is so reg….niemand het ‘n idee waartoe God instaat is nie. Een van die dae is jy uit en loop die wereld vol. Sterkte Rouve . Jy weet WIE is in jou hoek

Angelique du Plessis ·

Familie julle moet sterk wees en bly glo. Tot dus ber ia alles bo natuurlike wonderwerk van Jesus. Hyt n plan met julle bly net glo.

Is die jong mens se lewe net n R1000 werd? Dai man was nalarig hy moet aangkla word vir poging tot moord die jong man se lewe is in n split sekonde vir ande nadat di drywer selfsugtig was!!!

SNEL ·

Baie dankie aan maroela dat julle ons op hoogte hou met Jeremy se vordering. Bly dit gaan al so goed, sal aanhou bid saam met julle.

Blackie ·

God is goed! Baie sterkte met jou herstel. Wonderlike nuus!

JohanL ·

Baie, baie, baie bly om te hoor dat Jeremy tot op hede mooi herstel. So bly vir sy en sy familie se part. Doen so voort – ek dink aan jou.

Baie, baie, baie kwaad oor die Tolong vent nie ook klagtes in die gesig staar omdat hy weggejaag het van die ongelukstoneel nie. Het al gelees in die verlede van ‘n persoon wat groot moeilikheid opgetel het oor hy van ongelukstoneel weggejaag het. Maar die vent gaan skynbaar nie rekenskap daarvoor moet gee nie. Ek hoop ek is verkeerd.

blouapie ·

Stel ‘n eis in teen die padvark. Hy kan tenminste betaal vir sy nalatigheid. Seker weg gejaag omdat hy onder die invloed was. Die jong man gaan dalk nog duisende Rande aan mediese kostes moet betaal. Sy jong lewe opgeneuk!

Erika ·

Sterkte aan ouers en jongman! Hoop hy herstel volkome! Geloof beteken als en gebed het krag!..

Sandy ·

Dis werklik goeie nuus. Ek was een van die duisende wat die video op Facebook gesien het. Nie gedink die persoon kan nog lewe nie. God is good, always, en nog voor ons Hom vra, weet Hy al wat ons nodig het.

Al ·

Baie sterkte word vir jou toegewens en mag jy volkome herstel. God se genade is onbeskryflik groot.

Hallelujah ·

Rouve jy is dood dood reg. God is groter as enige enige dokter en ek kan as guitenis staan vir dit. Dit het gebeur Jeremy maar luister jy vir jou mams sy is doodreg. Glo in God – die dokters is daar vir genesing maar God is die groot geneesheer. Amen

Rosemary ·

Keep up the fight and know that Jesus is in control of your total healing. It’s wonderful news and God Bless.

Nana ·

Diè jong man gaan nog baie in die lewe bereik. God het ‘n plan vir sy toekoms. Ja, ek is sy trotse Tannie, en ons glo in ons God vir volkome herstel en genesing. Dankie vir almal se gebed en boodskappe. Dit word opreg waardeer. En so ver ons “skuldige vriend” gaan… God sal hom uitsorteer. Ons dien ‘n heilige, lewende, al magtige God.

AH ·

God is Almagtig, by Hom is Alles moontlik! Hou aan bid en glo soos jy doen Rouvé en jou seun sal volkome herstel.

Die monster wat hom omgery het behoort swaar gestraf te word. Dagvaar hom vir al julle onkostes en Jeremy se pyn en lyding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.