Jong SA man kan dalk been verloor ná ongeluk in VSA

Adriaan Taute (Foto: Verskaf)

Skaars drie maande nadat Adriaan Taute (21), ʼn jong man van Gauteng, op ʼn plaas in Montana in die VSA gaan werk het, is hy ná ʼn vierwielmotorfietsongeluk met ernstige beserings in ʼn hospitaal opgeneem.

ʼn Bakkie het Taute Dinsdag omstreeks 08:00 op die motorfiets getref toe hy die teerpad tussen twee plase oorgesteek het. Taute is van die motorfiets geslinger en het ernstige kopbeserings opgedoen.

Volgens JP de Beer, ʼn familievriend van die Taute-gesin, is Adriaan se linkerbeen ook erg beseer. Hy is steeds in die intensiewesorgeenheid nadat hy reeds verskeie operasies ondergaan het.

“Volgens dokters is daar ʼn 50-50-kans dat sy been geamputeer kan word,” sê De Beer.

“Dit is baie moeilik vir die familie om duisende kilometers weg te wees en nie eintlik te weet wat aangaan nie.”

Adriaan Taute in die hospitaal (Foto: Verskaf)

Adriaan en sy pa, Jaco Taute, is in Julie verlede jaar twee keer op Jaco se plaas in die Weston-gebied in Gauteng aangeval. Die aanvalle het twee weke uitmekaar plaasgevind.

Adriaan is in die eerste aanval op 8 Julie in sy arm gewond. Tydens die tweede aanval op 20 Julie is Jaco met ’n .45-pistool deur sy linkerhand geskiet.

“Die gesin het skaars van die trauma van die aanvalle herstel en nou gebeur die ongeluk,” sê De Beer.

Jaco is die voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en die veediefstalvoorkomingsforum in Gauteng.

De Beer het ʼn geldinsamelingsveldtog begin sodat Adriaan se ma, Susan, na die VSA kan reis om daar by haar seun te wees.

“Sy sal vir ʼn paar weke daar moet bly, want Adriaan se herstelpad gaan volgens die dokters nog lank wees.”

De Beer vra ook dat mense Adriaan en sy gesin in hul gebede sal hou en sal bid vir volkome herstel.

Kontak De Beer by [email protected] oor hoe om te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

muffin ·

ja goeie behandeling maar dit kos arm en been of plaas prys want die 1 dollar is amper nader R20. het hartaanval gehad in amerika en hospitaal was goed vir my omdat ek net kuier my suster daar en nou my pa se beurt ook in hospitaal daar verlede maand. my ouers kuier nog daar.

Amelia ·

as omstandighede dlk anders ins sa was sou hy dalk nie ers oorgegaan het nie hoop hy sterk aan en hoop been kan gered word

JohanR ·

Reg oor die wereld in ander lande word die wit boere van Suid Afrika se vaardighede waardeer. Net in hulle eie land word hulle uit gewis! Hoop die jong man maak ‘n volmaakte herstel.

Moedeloos ·

Ek wonder net of daar nie wetlike vereistes is dat persone wat oorsee werk moet polisse/versekering uitneem vir ingeval, soos hier, iets gebeur nie. Van ons familie se kinders werk in USA op plase en hul het polisse/versekering wat deel was van hul vereistes toe hul aansoek gedoen het. Sterkte vir die jongman en sy ouers asook ander familie en vriende

SjN ·

Moedeloos, vra ook die vraag aan die SA regering met al die onwettige buitelandse burgers?

Truth2bfree ·

Moet jou huis nie verlaat in die oggend voordat jy & jou gesin nie saam gebid het vir beskerming nie.
Die vyand loop rond soos brullende leeu.
“Die Here is naby almal wat Hom aanroep – almal wat Hom aanroep in waarheid.”
Psalm 145:18
“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
Matteus 18:20

JvR ·

Ag asseblief. Asof dit sal help. Wat van “hy weet wat ons nodig het voor ons dit vra”?

Sandra ·

Sjoe, dis hartseer, Sy werkgewer sal die koste moet dek aangesien hy aan diens was. of hoe het ek dit nou?

JvR ·

Dalk n fonds insameling? Lugrederye verkies geld bo gebed. En die ma wil by haar seun wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.