Jong vrou maak saak teen kliënt wat haar as rassis uitkryt

Danielle Barendse

’n Jong vrou het strafregtelike klagte by die polisie aanhangig gemaak na aanleiding van ’n voorval by haar werkplek waartydens ’n kliënt haar rondgejaag en valslik as ’n rassis uitgekryt het.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Danielle Barendse (20) bygestaan om strafregtelike klagte van aanranding en crimen injuria by die Wierdabrug-polisiekantoor in Centurion in te dien ná die voorval op 8 Oktober 2022 by Barendse se werksplek.

Die betrokke man is ’n werknemer van die Tshwane-metroraad. Op die dag van die voorval het Barendse gepoog om twee mans by te staan waarna die man teen wie die klagte ingedien is, haar glo agternagesit het toe sy van hom probeer wegstap het.

Beeldmateriaal van die voorval wys dat die man klaarblyklik probeer keer dat sy van hom af wegstap en heeltyd haar persoonlike ruimte betree. Vanuit die beeldmateriaal blyk dit verder dat vier mense tussen Barendse en die beskuldigde moes intree nadat sy na die ontvangstoonbank gevlug en hy haar agternagesit het om te keer dat hy naby haar kom.

By die ontvangstoonbank het die man ook glo valse bewerings van rassisme gemaak deur aan almal binne hoorafstand te skree dat Barendse ’n rassis is en dat hy die EFF sal kry om die plek te kom toemaak.

“Valse bewerings van rassisme moet in ’n baie ernstige lig beskou word. Ons almal weet wat die ernstige implikasies is vir mense wat van rassisme beskuldig word, daarom moet mense wat valse bewerings soos hierdie maak, nie bloot toegelaat word om daarmee weg te kom nie,” sê Natasha Venter, raadgewer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Barendse saam met Natasha Venter, Andrew Leask en Daleen du Plessis

Die privaatvervolgingseenheid het die nodige verklarings vir die polisiedossier opgestel, asook die SAPD van dokumentasie en beeldmateriaal voorsien wat in die dossier moet kom. Die eenheid gaan ook, indien nodig, vir Barendse help om ’n beskermingsbevel teen die man te bekom.

Venter sê verder dat die man se aanvallende optrede vir Barendse oortuig het dat ’n aanval op haar op hande was en dat hy haar sou aanrand as sy nie van hom af wegkom nie. “Diesulke optrede stel die misdaad van aanranding daar. Ons almal weet hoe ernstig die pandemie van geslagsgebaseerde geweld in hierdie land is en daar behoort daadwerklik opgetree te word teen ’n man wat ’n 20-jarige meisie in haar eie werkplek rondjaag en haar dan boonop valslik uitkryt as ’n rassis,” sê Venter.

“Ek het hierdie saak gaan open omdat ek mense gekry het wat my ondersteun en my gehelp het met die proses,” het Barendse gesê.

“Ek doen dit nie net vir myself nie, maar ook vir die ander slagoffers van misdaad wat nie noodwendig die nodige ondersteuning het nie. Dit is vir my belangrik dat geregtigheid sal geskied,” sê Barendse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

whatever ·

Dit is hartseer dat daar mense in hierdie land is wat maar net eenvoudig nie in vrede wil saamleef met ander nie.

kommentaar ·

liewe whatever.
Ek persoonlik stel nie belang om in vrede saam te leef met mense wat daarop uit is om rasse onmin te saai nie, daar is genoeg daarvan.

Frank ·

Nee wat, goeie intensies maar ‘n saak wat nerens heen sal gaan nie. Sal net waarskuwing ontvang. Die belangrikste is eerder die boodskap wat oorgedra word.

Debbie ·

Ek hoop hierdie man word vervolg. Dit is hartseer dat jy mense kry wat opsetlik haat en verdeeldheid wil saai. Ek wens die haat, rassisme en verdeeldheid in ons land wil tot ‘n einde kom. Ek raak moedeloos wanneer ek hierdie tipe van goed lees. Ek wonder somtyds of ons land gaan regkom. Ek sukkel hiermee. Ek is skaam om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Ons moet bid vir positiewe verandering in ons land.

Cherokee ·

Ek is trots om ‘n Suid Afrikaner te wees. Ek lees elders dat behalwe vir my vrou en myself, is daar nog 42 ander wat Afrikaans praat. Uniek!

skurweberg ·

Wat beteken ‘n beskeringsbevel as hy vrylik rondloop. Was die bewyse en verklaring dan nie genoeg om hom toe te sluit nie. Hy is verwond en is ‘n risiko. Hofsake kan steeds voortgaan met volle salaris, maar onder toesig.

Magda G ·

Sy moet hom dagvaar. Te maklik om altyd rassisme te uiter. Gee hom goed gas

Sarel ·

1. Waar is hasr werkgewer..hoekom het diecWerkgewer nie opgetree om die werknemer te beskerm nie..
2. Dit is duidelik deel van Malemma se mense en die feit dat due man met alkes wegkom.
3. Die Privaat Vervolgingseenheid mort seker mask die Dossier verdwyn nie..

Hendrik ·

Dit seker die eerste keer dat haar werkgewer in so situasie is en gaan beslis leer daar uit.
Die maatskappy besef natuurlik die krag van sosiale media en wat ‘n boikot kan beteken indien hulle verkeerd optree. Dit is ook belangrik dat hierdie persoon die perseel moet verbied word in die toekoms. Gesig erkenings kameras kan dit ding doen. Hy kan maar by die geel hardeware plek gaan koop onderkant die brug.

Cherokee ·

Hendrik, daar bestaan g’n so ding soos ‘n gesigs- of enige ander ‘erkennings’ kameras nie. Geen wonder dat gesê word slegs 44 mense kan Afrikaans praat.

Herman L ·

Mag hierdie saak daartoe lei dat die beskuldigde sy oranje pakkie kry en dat hy dit vir lank sal dra.

Nie Verbaas ·

Dit is reg, laat die arrogante meneer vir hom kry. Dink mos hulle kan alles vermag deur intimidasie want daar is geen redenasie vermoë nie.

Retha ·

Ek hoop hulle vervolg hom en dat hy nie sal los kom nie. Dankie aan almal wat die meisiekind bystaan met die saak.

Paddaman ·

Hierdie gebeur op n daglikse basis. Die jong mense (veral vrouens) word elke dag so behandel en dit is nog erger as jy afrikaans praat. Dit is ongelukig die realiteit. Die rassisme kaart word vir alles nou gebruik al kyk jy net skeef vir iemand.:(

ES ·

Mooi so Danielle – wat goed is vir die een moet goed wees vir die ander. Hierdie tipe gedrag van “mans” wat nie ‘n vrou kan respekteer nie en boonop die raskaart gebruik wanneer hulle nie hul sin kry nie, moet aan die bek geruk word.

Stephan ·

Nerens word vermeld van wat haar werkgewer gedoen het om haar bytestaan nie, Vind dit baie vreemd?

Jaco ·

Het sy iets gedoen of gesê of het iets gebeur wat dié man so laat optree het, of het hy net omdat sy wit is sommer uit die bloute vir haar begin skel?

Heinrich ·

Dis goed dat daai ‘entitlement’ vasgevat en aangespreek word, baie sterkte vir julle saak Danielle, mag hy op sy herrie kry.

Carel ·

Die extreme haat van Our People vang my meestal onkant . . . dis amper geestelik, dus so suiwer en absoluut

Johan ·

Ja jy Delia. Bly jy maar lekker daar inie liberale ou Kaap.

Johan ·

Uitstekend, weereens doen AfriForum goeie werk. Dit is lankal tyd dat almal wat teen die minderhede diskrimeer vasgevat word.

Marcello ·

Sterkte aan die dame, met AfriForum aan jou sy, sal hy defnitief boet vir sy dade. Daar word te maklk gesê: Iemand is rassisties, my kleinseun is ook daarvan beskuldig, nadat hy my en sy Ma probeer verdedig het, teen ‘n ander ras wat ons onder die klere ingevloek het. Nodeloos om te sê: My kleinseun was die Vark in die verhaal en uitkoms.

Pigogo ·

My besigheid is ook al gedreig deur lede van die EFF wat na my kantore gaan kom en ons gaan ‘famous’ maak. En dit oor n uitstaande rekening wat betaal moes word.

Hendrik ·

Julle poep teen donderweer en nou lag daai man sy gat af vir julle want hy weet dat daar net mooi boggerall van die saak gaan kom. Die hele reg sisteem is pro-black en sien dit nie as verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.