’n Jong boer (30) van die Vrystaat is in hegtenis geneem weens moord.
Sers. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê hy sal binnekort in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.
“Dit volg ná hy Vrydagaand in hegtenis geneem is weens die brutale moord op twee ouer boere,” het Ntsika gesê.
Die voorval het glo omstreeks 23:30 plaasgevind toe die man na die plaas, waarvan hy deels eienaarskap het saam met die ander boere, gegaan het om van sy beeste te gaan haal. Die plaas is in Rusfontein.
“Na bewering het die twee ouer boere vermoed dat beeste gesteel word toe hulle die lorrie sien wat beeste so laat in die nag oplaai. ʼn Woordewisseling het tussen die jonger boer en die ouer boere ontstaan omdat hulle vir die jong boer gesê het hy moet ophou om sy beeste so laat in die aand te tel,” het Ntsika gesê.
Die stryery het gewelddadig geword toe die jong man en sy makker die twee ouer mans, Rathabeng Qathatsi (68) en Thato Qathatsi (65), met onbekende voorwerpe begin aanrand het.
“Hulle het op die toneel aan kopwonde beswyk.”
Ooggetuies het die polisie in kennis gestel van die voorval en die verdagte is vasgetrek. Die tweede verdagte kon egter daarin slaag om van die toneel te vlug.
Mense met inligting oor waar die tweede verdagte hom bevind, kan Dewetsdorp se speurders by 051 541 5400 of 082 467 6362 bel.
Word dit as ‘n plaasmoord beskou?
Ja nee, en so sal dit wees as die grond verdeel word!
Nee gits. Die moorde op boere moet nou end kry.
Maroela, die boere gebruik meentgrond wat aan die Vrystaatse Provinsiale regering en die Mangaung Metro behoort by Rusfontein, wes van Botshabelo, nie Rousfontein nie.
Dagsê
Baie dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Ek neem aan dit was n swart op swart moord anders sou die “boer” se velkleur genoem gewees het… En die dorp al gebrand het! Is nuuskierig om te weet of hierdie ook as n plaasaanval geklassifiseer gaan word.
Nogal lekker sensasie “Jong boer vas vir moord” almal hou asem op en lees angstig net om te sien dit is n afrikaan of hoe moet ons dit nou aanspreek as die grondwet hof se jy mag nie n mede lands burger op sy vel pigment noem nie, behalwe as hy wit is
Hierdie tipe van skouspel gaan hom nog baie afspeel in die toekoms met vee en oeste diefstalle.
Geen eerlike mens gaan daai tyd van die nag om enige iets te doen nie…veral nie met voorwerpe nie. Hulle het gedoen waarvoor hulle gegaan het!
Stem 100% saam. Vat die woorde so uit my mond uit.
Dis so hartseer en onnodig. Mag die beskuldiges lank sit. Nog net n statestiek by die plaasmoorde.
Enige vee word mos daai tyd van die nag gelaai nie, wil alles regstel met geweld, hoop die waarheid seëvier.
Ai, nou moor boere mekaar uit.
Kan verwarring skep. Hierdie blyk baie meer na ‘n skelm streek van een moontlik opkomende een te wees en twee meer senior manne wat probeer sin in sy kop praat oor laat-aand beestellery. Hoe lank is hierdie mense al die boere op die plaas?
My hart is seer oor elke boer wat vermoor word. Hierdie was bejaarde mans en twee jong mans het dit goedgedink om hulle koppe in mekaar te slaan. Hoekom soveel geweld altyd. RIP.
Jy praat waar…
Die berig is seker nie nuusgewend vir ander media nie aangesien dit nie n blanke jong boer is nie. Ek sien nerens in ander media dat daar iewers daarvan melding gemaak word nie, net MM om ons op hoogte te hou
Ja boerdery is nie maklik in vandag se lewe nie. Dat 2 boere nou vermoor word deur n jong boer wat nog so baie kon leer het by hulle, nou het hy nie net hulle vee geneem nie, maar hul lewens ook, syne ingesluit.
watter oog getuies was daar, as dit so laat in die aand gebeur het
Kan julle nie maar n ander opskrif gebruik het nie? In vandag se tyd word “Boer” dadelik aan n wit mens gekoppel…
Omdat hulle nie wit is nie Renier? of hoe, verduidelik asb.
Hier is ‘n geval waar die konteks van die gebeure totaal verander afhangende van die ras van die aangeklaagde. Uit die name van die twee ouer boere is hul ras duidelik, maar hierdie hele storie verander dramaties afhangende van die ras van die jonger boer.
Soms word ‘n groot onreg juis gepleeg deur nie ras te vermeld nie omdat daar dadelik sekere aannames gemaak word, veral wanneer ‘n boer van moord aangekla word.