Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto: Fernando Zhiminaicela/pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 640 441 gevalle is tot dusver bevestig met 1 079 nuwe gevalle sedert die vorige verslag. Altesaam 3 821 162 toetse is gedoen, waarvan 12 213 toetse die afgelope ongeveer 24 uur gedoen is.

Nog 82 sterftes is aangemeld (27 in KwaZulu-Natal, 15 in Gauteng, nege in die Oos-Kaap, ses in die Vrystaat, vyf in die Noord-Kaap en 20 in die Wes-Kaap). Dit bring die dodetal op 15 086 te staan.

Minstens 567 729 persone (88,6%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap8692613.6
Vrystaat401546.3
Gauteng21333333.3
KwaZulu-Natal11508118.0
Limpopo137972.2
Mpumalanga251983.9
Noordwes263994.1
Noord-Kaap122221.9
Wes-Kaap10733116.8
Totaal640441100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3007828421077
Vrystaat7982712912227
Gauteng383318836721133
KwaZulu-Natal234610247410261
Limpopo25712952588
Mpumalanga41623917865
Noordwes285215304584
Noord-Kaap15089563116
Wes-Kaap3994995623775
Totaal1508656772957626

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.