Kaapstad-liggiefees oor Covid-19 gekanselleer

Duisende persone stroom jaarliks na die Parade en Adderleystraat in Kaapstad om te sien hoe die Kersfeesliggies aangeskakel word (Foto: ANA/David Ritchie)

Stad Kaapstad het ʼn besluit geneem om die jaarlikse byeenkoms waar die Kersfeesliggies aangeskakel word, te kanselleer weens die Covid-19-pandemie.

“Die ikoniese gratis, opelug konsert lok jaarliks gewoonlik tot 100 00 persone en gee die toon aan vir Kaapstad se feesseisoen,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, Sondag in ʼn verklaring gesê.

In die lig van die Covid-19-pandemie en die verlenging van die Rampbestuurwet oor die getal persone wat by openbare byeenkomste toegelaat word, was dit belangrik om die geleentheid te kanselleer ter wille van die veiligheid van almal betrokke.

Smith het gesê dit was ook belangrik vir Stad Kaapstad om spaarsamig te wees, gegewe die negatiewe impak van die pandemie en gevolglike afsonderingsperiode op die ekonomie.

“Die feestelike liggies-aanskakel-geleentheid is die stad se kenmerkendste geleenthede en dit help ons al die afgelope vyf dekades om die feesseisoen binne te gaan en dit verskaf ook vermaak aan plaaslike inwoners en toeriste. Ons verstaan dat mense teleurgesteld kan wees oor die keuse, maar daar is ʼn silwer randjie,” het hy bygevoeg.

Die stad oorweeg kleiner geleenthede as deel van die middestad se hernuwingsprogram. Die eerste byeenkoms vind vandeesweek by Groentemarkplein plaas. Dié geleenthede sal gereël word kragtens die nasionale afsonderingsregulasies met die nodige gesondheid- en veiligheidsprotokol in plek.

“Ons is ook in gesprek met verskeie organiseerders om hul geleenthede na die middestad te bring. As Stad Kaapstad glo ons dat geleenthede sentraal sal staan om die ekonomie te laat herleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Hoop die opening van Parliament word ook in 2021 gekanseleer. Het al genoeg in 2020 van NDZ se kopdoek gesien, Bheki Cele se hoed, en Lindiwe Zulu se kamoefleer-uitrusting. Wil ook nie weer kyk na Julius Malema se bakkies!

Johanncb ·

Hopelik is die Vlak 1- inperking teen daardie tyd opgehef! Ons wil tog nie Kersfees en Nuwe Jaar toegesluit wees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.