Kaapstad sê beurtkrag raak waterdienste

Argieffoto (Foto: Bernd Müller/Pixabay)

Uitgerekte, hoë fases beurtkrag het ʼn impak op waterverskaffingsdienste in Kaapstad – veral in hoogliggende dele waar water gepomp moet word om by eiendom uit te kom.

Die stad se direktoraat oor water en sanitasie versoek inwoners om, as ʼn voorsorgmaatreël, minder water te verbruik tydens uitgerekte beurtkragfases.

Hoogliggende of bergagtige streke wat van waterpompstasies afhanklik is, het ʼn groter risiko van lae druk of geen waterdruk nie tydens beurtkrag. Die betrokke gebiede sluit in Somerset-Wes, De Novo en Kraaifontein (insluitend Belmontpark, Eikendal en Scottsville), suidelike voorstede (vanaf Simonstad tot Murdoch Valley) en Houtbaai.

Stad Kaapstad onderneem om inwoners deur sy Twitter-profiel (@CityofCTAlerts) op hoogte te hou van enige verandering.

“Die uitdaging is dat reservoirs nie vinnig genoeg hervul word tydens lang beurtkragfases wanneer inwoners baie water verbruik nie,” sê Siseko Mbandezi, waarnemende burgemeesterskomiteelid oor water en sanitasie. “Deur minder water te verbruik, help dit ons om die bedryfsuitdagings te hanteer, hoofsaaklik erge beurtkrag wat ʼn impak het op ons waterbehandelingsaanlegte en vermoë om goeie gehalte drinkwater aan reservoirs en gebiede reg oor Kaapstad te verskaf.”

Stad Kaapstad versoek inwoners om die kollektiewe waterverbruik te verminder na 850 miljoen liter water per dag. Kraanwater is steeds veilig om te drink en die damme is meer as 65% vol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Danie ·

Wel danksy die kragprobleme sit ons nou al 4 weke sonder water.Dit is n wonder die paaie en voertuie het nog nie gebrand nie.Dis is hoe n mafia staat werk.

Faidan ·

In Witbank is dit ‘n alledaagse ding om sonder water te sit en met die kragkrisis is dit net nog erger
Vanoggend weer wakker geword sonder water oor ons gister meestal 4ure beurtkrag sessies gehad het

christo ·

Dis waar. As daar meer as 6 ure beurtkrag was, sit jy die volgende dag sonder water.

Harley Davidson ·

Stig af van Suid Afrika en verklaar die kaap van goede hoop onafhanklik .

Adri ·

Selfs Orania se dorpsraad is onvoorbereid betrap deur die langdurige kragonderbrekings. Ons sit lang tye sonder tuinwater.

christo ·

Gwede Mantashe het sy sin gekry. Mooi so, foeter voort, comrade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.