Kaapstad verwelkom vrou ná ses maande fietstoer vanaf Kaïro

Eilidh Ogden (Foto: Eilidh Ogden/Instagram)

Eilidh Ogden, van Skotland, het Saterdag in Kaapstad aangekom ná sy die afgelope ses maande alleen van Kaïro op haar fiets gery het.

Sy het in Januarie weggespring en deur verskeie lande en stede gery voor sy in Kaapstad geëindig het.

“Vroue fietsry het ʼn diep en ryk geskiedenis en me. Ogden is een van ʼn elite groep van vroue wat die Afrika-vasteland oorgesteek het,” sê Grant Twigg, waarnemende burgemeesterskomiteelid oor gemeenskapsdienste en gesondheid. “Haar deursettingsvermoë, durf en moed om die solo-avontuur af te lê is ʼn ongelooflike persoonlike prestasie. Ons voel geëerd dat Kaapstad haar finale bestemming was in dié merkwaardige reis. Ons wens haar alles van die beste toe met haar toekomsplanne.”

Grant Twigg en fietsryer Eilidh Ogden (Foto: Stad Kaapstad)

Ogden sê sy het met die aanvang van die Covid-19-afsonderingsperiode in die Verenigde Koninkryk besluit sy het ʼn avontuur nodig waarna sy kan uitsien. Sy het vantevore al in Europa met haar fiets getoer. “Ek het in 2015 na Marseille gery en intussen langs die Ryn van Switserland na Holland gery; oor Holland en Swede en sowat vier keer Parys toe.” Sy het ook ʼn paar maande in Tanzanië spandeer en ook jare gelede Ethiopië en Malawi besoek – maar nie op ʼn fiets nie.

Sy het langs die pad gekamp of in goedkoop hostelle oornag.

Klik hier om haar blog te volg
Klik hier om haar avontuur op Instagram te volg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MrMagic ·

Wel gedaan Eilidh. Dit is beslis ‘n reis wat ek nie sal onderneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.