Kabinetskommeling kom ‘binne dae’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal binne dae veranderinge aan sy kabinet aankondig, wat insluit die aanwysing van ʼn minister van elektrisiteit sowel as die vul van drie ander vakatures.

Adjunkpresident David Mabuza het Woensdag bedank en ʼn nuwe adjunkpresident moet aangewys word. Fikile Mbalula, minister van vervoer, wil ook bedank om hom toe te wy aan sy pos as sekretaris-generaal van die ANC. Die pos van minister van staatsdiens en administrasie moet ook gevul word.

Enoch Godongwana, minister van finansies, is ook vroeër die week as LP ingehuldig, wat Ramaphosa die geleentheid gee om iemand van buite die parlement aan te stel.

Volgens Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, is daar ʼn “gevoel van dringendheid” om die vakatures in die kabinet so gou as moontlik te vul en ʼn aankondiging in die verband sal “binne dae” gedoen word.

Op ʼn vraag aan Magwenya of Ramaphosa die dringendheid besef veral rakende die aanstelling van ʼn tydelike minister van elektrisiteit, het Magwenya gesê Ramaphosa is al geruime tyd getaak met die elektrisiteitskrisis en om dit op te los.

Daar is intussen baie spekulasie oor ander moontlik skuiwe in die kabinet. Daar is berigte dat Bheki Cele, minister van polisie, moontlik na staatsveiligheid geskuif gaan word nadat daar in 2021 van die departement ontslae geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

marius ·

Skommel maar soos jy lus het ou grote. Dit sal geen verskil maak aan die verdoemenis waarin julle die land gedompel het nie.

Papsak ·

Skrik al skrik jy net wakker dit moes al lankal gedoen gewees het jy weke agter die tyd pluk by

Pippie ·

Hoekom kan Mr Mantashe / Gordhan hierdie pos hanteer nie, dis net nog iemand wat n salaris trek en niks doen nie.

Danie ·

N Skommeling is soos om n klomp name in n hoed te gooi en almal trek weer n nuwe pos met nuwe korrupsie geleenthede.Die sous trein moet tot n stop kom.

Cornel ·

Bheki Cele moet uit en en reguit tronk toe! Soos baie ander agbare parlementslede

koos ·

Terwyl jy skommel my ou, skommel sommer land-uit reguit Dubai toe.

Witbaard ·

Slapgat. Het hy al die SAUK raad aangestel wat verlede jaar al moes gebeur het? Om die waarheid te sê, hy is slegter as Zuma

Vrystaat2109 ·

Net nog meer wat weer uit die krip gaan eet, soos ons useless deputy tree af met lekker vet pensioen en byvoordele.
Patetiese leierskorps in ons land.

Nie Verbaas ·

So nutteloos nommer een gaan nou na posisie 3 en nutteloos twee na posisie 10. Het jy twee blikkies met name en posisies en kyk wat jy dan trek of hoe werk dit? Maak nie saak wie jy waar sit nie, almal is ewe onbevoeg.

Amelia ·

Hoeveel minsters nog voor 1994 was dit seker hefte minder minsters is soos by esskom 2x meer “werkers ” maar minder werk word gedoen is die net n geval van bandtjies vir boeties nie Kry hierdie masiewe salarise maar wat word gedoen praat praat praat of is dit lieg lieg lieg en dis tot waar dit kom

Renier ·

As n kar 4 pap bande het, kan jy hulle roteer, hulle bly pap.

Johan ·

Die vermoede is dat daar so n groot skaalse geskommelry is dat hulle eie koppe skommel – weet nie of dit herwaarts of derwaarts is nie.
Geniet jou groot geskommel.

Vrede & vreugde

KAIROS ·

nou gaan die volgende klomp n kans kry vir n vet salaris , dit alles vir niks doen nie

Schalk ·

Dit is soos wanneer ‘n mens konfyt wil maak en net die beskadigde , ooryp en gekneusde vrugte wil gebruik, te lank wag en nou het die goeie vrugte ook konfyt vrugte geword en die eerste groep vrugte is nou vol wurms. Jou keuses is nou die beste slegte vrugte uit die slegtes in die mandjie.

Aanhouer ·

Tipies…verwag niks anders nie. Net Afrika- tyd al die pad. En soos ons weet vat dit tyd. :) :)

My siening ·

Ag ou cyrel belofte niemand vat jou ernstig op, jy ken net een sin “dit sal gebeur” in 5 jaar niks gebeur!

Delia ·

Skommel maar die meeste sommer uit. Ek het vir jou n besem of n swaai, wat ookal die maklikste sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.