Kabinetskommeling moet ‘SA eerste stel’

Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag by die polisiekollege in Pretoria. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa maak na verwagting Maandag om 19:00 skuiwe aan sy kabinet bekend, met die IVP wat ʼn beroep op hom gedoen het om Suid-Afrikaners eerste te stel in hierdie proses.

Daar was die afgelope paar weke heelwat bespiegeling oor die verwagte skuiwe, met sommige wat sê groot verandering is op hande en ander  wat daarop sinspeel dat die president net vakante posisies gaan vul.

Dit sluit in dié van minister van elektrisiteit, ʼn nuwe portefeulje wat geskep is om die kragkrisis te help stuit.

“Die definisie van waansin is om dieselfde optrede te herhaal en ʼn ander uitkoms te verwag. Indien die president ʼn ander uitslag verwag, moet hy ingrypende veranderings aanbring,” sê Mkhuleko Hlengwa, nasionale woordvoerder van die IVP.

Hy sê die besluite kan nie tweede viool speel vir die ANC se mededingende interne prioriteite nie.

“Enige aanstellings wat vandag gedoen word, moet Suid-Afrika se behoeftes eerste stel en mense in posisies plaas wat die nodige vaardighede en integriteit het om moeilike besluite te neem en die werk gedoen te kry,” sê hy.

Navorsing in 2019 het al gewys dat Suid-Afrika een van die grootste getal kabinetsministers in verhouding tot sy bevolkingsgrootte het, sê Hlengwa. Suid-Afrika beklee wêreldwyd die tweede hoogste posisie, met meer as dubbel die getal ministers in vergelyking met lande wat tot 20 keer groter is.

“Die IVP erken dat die aanwys van ʼn kabinet by die president berus, maar ons wil hom hierinner dat hy in nasionale belang moet optree; hy kan nie openbare aanspreeklikheid en deursigtigheid vryspring nie.

“As hy hoop om die vertroue van Suid-Afrikaners terug te wen, moet hy die land in sy vertroue neem en verduidelik hoekom enige aanstelling gedoen word.”

Hlengwa sê die land is op ʼn mespunt weens voortslepende beurtkrag en ʼn daling in ekonomiese bedrywighede. Die president moet dus sleuteluitkomste vir die kabinet uitstippel en dit duidelik maak hoe kabinetslede se prestasie gemeet gaan word.  Ramaphosa moet ook sê hoe bestaande prestasie-ooreenkomste met ministers bygewerk gaan word.

“As die IVP gaan ons aangenaam verras wees as die president die skommeling gebruik as ʼn geleentheid om die uiters opgeblaasde kabinet meer vaartbelyn te maak.

“Ons vertrou dat die president sy ampseed sal onthou en Suid-Afrika eerste sal stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jou gewete ·

wat is die kanse dat hy die land eerste sal stel.
hy het mos uitdruklik gese en dit nog altyd gestand gedoen dat anc eerste kom en natuurlik sy voortbestaan in die anc gelyk eerste so land kom sleg derde.

Nicky ·

Gaan nie eers kyk nie, net n skommeling van kaders wat nou weer in ander trog gaan vreet

Johanna ·

HY Mors mens SE tyd. Baantjies vir voeties wat net Soos hy is. Kyk nou maar die dollars wat verdien het. Minister van elektrisiteit. Ha ha. Nog n oë verblindery.

Johann ·

Ja shure. Díe korrupte leunaar gaan skielik aan SA dink en nie aan hom en sy kamerade se magsmal trog vreet posisies nie? Gaan soos ‘n OPRAH show wees…jy kry ‘n minister pos…jy kry ‘n minister pos…almal kry ‘n minister pos! Wonder wats die “aanstel kommisie aan die ANC” as jy ‘n minister word?

WitBlits ·

Die ANC het in die laaste 30 jaar nog nooit in die land en sy mense se beste belang opgetree of besluite geneem nie – kan nie sien dat dit vinnig gaan verander nie….. Gaan nie eers my of my gesin se tyd mors om na die sirkus te kyk of te luister vanaand nie.

Johanncb ·

Ek kan stééds nie insien hoe nóg ‘n Minister die kragkrisis gaan oplos nie!

annie ·

… minister Patel skielik ingesweer. Gaan ons nuwe tzar dalk Indies wees? Patel weet van sandale met kouse, dan kan hy ook mos Eskom en al sy skoenwinkels dag en nag oophou. Hopelik sal ons nie eers ingeval-jabs moet kry voor ons ons kragrekeninge mag vereffen nie. Soweto, Alexandra en daai sensitiewe woonbuurtes sal mos dan eerder hul skulde wou delg of is dit nou andersom?

Lesly ·

Jammer, maar ANC en land eerste stel kan nie in diesefde sin gebruik word nie

domheks ·

Gaap, gaap gaap en nog gaap. Verwag geen verrassings in die OUE TEHUIS nie!

Snowball ·

Hierdie mense het SA nog nooit eerste gestel nie, hulle het hierdie land net so min lief soos die man in die maan. Hierdie is so goed jy vra die hoof van ‘n rowerbende om sy slagoffers teen misdaad te beskerm.

Petrus Stephanus ·

Ek het geen vertroue in Ramaposa nie hy sit met soveel duistere ding teen hom hoe kan n persoon soos hy sulke belangrike besluite neem wie vertrou hom nog wat my aanbetref beskou ek hom nie as n staadspresedent nie ek verag hom ten sterkste

Douglas ·

Die ANC het nooit SA eerste gestel nie; hulle gaan dit nie nou doen nie.

Old no7 ·

En dan gaan hul nog hand in die lug staan met ń ” so help my God” . Het nie ń idee wat dit beteken as jy na hul aksies en leefwyses kyk nie. Wat ń klug en skynheiligheid en ń verleentheid vir die land en sy mense…..

Herman L ·

Die president sal net die ANC eerste stel. Ons weet dit teen hierdie baie goed.

Nico ·

Mnr. die president wat gaan die minister van elektrisiteit doen wat die president nie eers kan regkry nie.

TruthDealer ·

Mnr Ramaphosa, laat Solidariteit die land bestuur en behartig. Sit julle maar net lekker en kry jul salarisse. Moet net niks doen nie. Soos Peter McNichol in die Mr Bean fliek vir Rowan Atkinson gesê het: “Please! Do nothing, then nothing can go wrong!”. Op hierdie stadium dink ek dis n win-win situation. Julle sit net heeldag, lees op julle fone, drink koffie en kry jul salarisse. Solidariteit in samewerking met gemeenskapgroepe sal die land stadig maar seker regmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.