ʼn Vryskutfotograaf het Dinsdag op ʼn man se liggaam op Seinheuwel in Kaapstad afgekom.
“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het kapt. Ezra October, woordvoerder van Kaapstad Sentraal-polisiestasie, in ʼn verklaring gesê. “Die man is drie keer in die nek gesteek.”
Volgens October is die man se liggaam in die bos langs die pad opgespoor. “Die persoon het die liggaam net ná 12:00 ontdek en die polisie en SANParke-bewaarders ontbied.”
Die man is vermoedelik elders vermoor en sy liggaam hier gestort.
Enigiemand met inligting word versoek om die polisiestasie by 021 467 8189 te kontak.