Oscar Pistorius het glo net twee keer sy humeur verloor in die agt jaar wat sy agent, Petrus van Zyl, saam met hom gewerk het, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 Julie 2014
Springs-gruwelhuis: Ma is ongeletterd; ontken verkragting
ʼn 36-jarige vrou wat saam met haar man aangekla word van poging tot moord en kindermishandeling, kan nie lees of skryf nie, het die Springs-landdroshof Woensdag gehoor.
NWU-raad korrek oor gebreke in Wessels-verslag
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die NWU se raad was heeltemal korrek om weens die ernstige gebreke in die Wessels-verslag sy eie verslag aan die minister van hoër onderwys en opleiding te oorhandig.
Kameraman ontdek liggaam op Seinheuwel
ʼn Vryskutfotograaf het Dinsdag op ʼn man se liggaam op Seinheuwel in Kaapstad afgekom.
Hoofde van lugmag en weermag moet gearresteer word
Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag gelas dat die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag en die Sekretaris van Verdediging in hegtenis geneem moet word.
Video: Ma tronk toe oor seksdade met haar eie kinders
In een van die ergste gevalle van kindermishandeling die afgelope dekade, is ‘n ma wat haar kinders herhaaldelik self verkrag en laat verkrag het, lewenslank tronk toe gestuur.
Man op plaas doodgeskiet ná Sondagmiddagete
Carl Wessels (55) is Sondag op ʼn plaas naby New Hanover in KwaZulu-Natal doodgeskiet toe hy, sy vrou en twee vriende inbrekers by hul vriende se plaashuis onkant betrap het.
Resep: Pampoenkoekies
Die maklikste resep vir die heerlikste pampoenkoekies – ‘n groot gunsteling!
Uitdrukking: Iemand boikot
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar ons aan die uitdrukking (en gewoonte!) kom om iemand te “boikot”.
“Afrikaanse studente moet nóú opstaan”
“Afrikaanse studente kan nie net stilsit en bloot aanvaar dat daar met ons as jongmense se kultuur en herkoms poppekas gespeel word nie,” skryf Janco Jordaan, studenteraadvoorsitter van die NWU se Puk-kampus.
“Polisie het lede aangerand” – EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) beweer die polisie het twee van sy lede aangerand toe hulle Dinsdag gedwing is om die provinsiale wetgewer in Gauteng te verlaat oor hul kleredrag.
Wessels-verslag oor Puk uitgelek
Die onafhanklike ondersoektaakspan se verslag oor die oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke by die Noordwes-Universiteit het op sosiale media uitgelek.
Hof staan interdik toe; vries SAPD-pos
Die arbeidshof in Johannesburg het ten gunste van die vakbond Solidariteit en lt.kol. Adolf Arendt beslis en gelas dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n pos wat Arendt nie gekry het nie omdat hy wit is, moet vries.
Video: Sit af daai selfoon…
‘n Fliekganger wat knaend op sy selfoon in ‘n bioskoop praat, kom sy moses teë in dié oulike advertensie van Cell C.
Padindrukke: VW Polo 1,2 TSI Highline DSG
Sedert sy bekendstelling vier jaar gelede was die tweede generasie van die VW Polo wat in Suid-Afrika beskikbaar is, een van die gewildste motors op die plaaslike mark.
Foto’s: Polisie gevra om EFF uit wetgewer te verwyder
Die polisie is Dinsdag ontbied om sewe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) uit die provinsiale wetgewer in Gauteng te verwyder, berig Times Live.
Jong man sterf in fratsongeluk op plaas
Christiaan Scholtz (23) is Maandag in ‘n fratsongeluk op ‘n plaas in die Paarl in die Wes-Kaap oorlede.
GPF-lid word dalk vervolg ná hy rower skiet
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn lid van die Geduld-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Springs, Gauteng, Sondagaand glo ʼn vermeende rower in die been geskiet het.
Vier vas vir diefstal van mangatdeksels
Vier mense is in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat 18 staal-mangatdeksels tydens ʼn klopjag by ʼn skrootwerf opgespoor is.
Klank: Ekonoom oor brandstofpryse
Brandstofpryse styg om middernag.