Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting, het Dinsdag gesê die konstitusionele hof se uitspraak in die Renate Barnard-saak is dodelik vir die nasionale akkoord.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Dirk Groenewald"
Solidariteit nader arbeidshof oor SAPD se diensbillikheidsplan
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê hy gaan die arbeidshof nader ten einde toestemming te kry om met die polisie oor hul diensbillikheidsplan te onderhandel.
Hof staan interdik toe; vries SAPD-pos
Die arbeidshof in Johannesburg het ten gunste van die vakbond Solidariteit en lt.kol. Adolf Arendt beslis en gelas dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n pos wat Arendt nie gekry het nie omdat hy wit is, moet vries.
‘Steeds net matriek nodig vir provinsiale hoof van misdaadintelligensie’
Die vakbond Solidariteit het die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Riah Piyega, versoek om te verklaar waarom die minimum akademiese vereiste vir die pos van provinsiale hoof van die polisie se misdaadintelligensie-afdeling net ’n matrieksertifikaat is.
Vakbond beskuldig DKD dat hy hof minag
Die onregmatige aanstellings wat die departement van korrektiewe dienste (DKD) tydens die eerste kwartaal van 2014 gemaak het, is teenstrydig met ’n vroeëre hofbevel deur die arbeidshof in Kaapstad en kom neer op minagting van die hof, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.