Kankerskok vir jong kletsrymer

Angie Oeh is met fase-4 longkanker gediagnoseer. (Foto: Facebook/Angie oeh)

Die jong kletsrymer en musikant, Angie Oeh, het Maandag op sosiale media bekendgemaak dat sy met fase-4 longkanker gediagnoseer is.

Oeh (24), wie se regte naam Angelique Greeff is, het onder meer ʼn foto van haarself in ʼn hospitaalbed met ʼn drup in haar arm, asook ʼn foto van longskanderings op Instagram gedeel.

“Ek is bang. Elke keer as ek ʼn klein tydjie het om te dink, huil ek. Hoe gebeur iets so vinnig sonder dat jy dit weet of voel? Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my ʼn waterbottel aan te gee wat reg langs my staan,” skryf Oeh op Instagram.

Die musikant, wat in 2021 op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het met haar omstrede voorkoms en lirieke, moet dringend ʼn lewensreddende operasie ondergaan, asook ses maande se chemoterapie.

ʼn Back A Buddy-fonds is vir Oeh gestig met ʼn doelwit van R250 000 wat ingesamel moet word vir haar mediese onkostes.

“Ek het nie die emosionele gemoed of geld om dié te doen nie,” sê Oeh. “As enigiemand my kan help met iets wat R200 000 gaan kos, help my asseblief.”

Om vir Oeh geldelik by te staan, volg die skakel hier.

Angie Oeh het in 2021 op die Afrikaanse musiektoneel verskyn. (Foto: Marina Maré Photography/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Ek voel jammer vir enige peroon wat Kanker kry, en ook vir haar. Haar omstredenheid is baie erg, en ek hoop sy weet en besef wie haar redder is en dat sy doen wat reg is.

Mnr De Beer ·

Ek stem saam. N mens moet mooi dink wat jy in die lewe doen en die reguit pad stap. Dinge kan baie vinnig verander in n mens se lewe as jy nie weet wie jou redder is en dat n mens moet doen wat reg is.

BOKKIEBEK ·

Ek stem volkome saam, en dit geld vir ons ALMAL, niemand is sonder foute nie, en gaan almal verantwoordelikheid moet aanvaar…

Koen ·

Watter een? Elke volk dink (weet) hulle een is die een. Want hulle ouers het so gesê. Go figure.

SwartBees ·

Ewe skielik verander haar omstrede lirieke na hulp krete. Mens kan net bid en smeek om vergifnes.

Sterkte kind, ek hoop, glo en bid vir beterskap. Sterkte.

Nicolaas Francois ·

“Geloof” en “redder” het niks met kanker kry te doen nie…????(Sterkte…Mede mens!)

Mnr De Beer ·

Party mede mense stem saam en ander mede mense glo weer andersins.

Eclectus ·

Mmm… ek moes nou gaan kyk wie dit is, en die eerste twee videos wat ek kyk pryk sy onderskeidelik met ‘n sigaret en ‘n sigaar. Jy maak jou keuses, jy leef jou gevolge. Dixi.

Janine ·

Sjoe, hoop maar jy leef op slaai…….wat gewas is{siende ek amper dood is van ‘n plek se slaai wat NIE gewas was nie, en daarna met ‘n nood brein op en epilepsie moes deel…)

Delia ·

Ek kry die kind jammer. My man is dood aan breinkanker. Dis n wrede pad. Ek wens net sy en haar vriende wil hulle taalgebruik verander. Hulle gebruik die lelikste taal, selfs op BacknBuddy.
Alle sterkte.

Mnr De Beer ·

Ek stem saam. N mens moet probeer om liefs woorde te tel en kru taal vermy. Ook om nie ander mense te kritiseer. N mens weet nooit wat le vorentoe nie.

Karoo ·

Ek is maar net 24 se sy. Kanker ontsien niemand agv ouderdom. Hoop jy kry die beste behandeling sodat jy nog jou lewe kan uitleef, voluit. Sterkte aan jou Ouers, Famielie en vriende.

Sues ·

Nou moet die publiek weer help betaal vir haar behandeling. Ander mense sorg dat hulle aan ‘n mediese vonds behoort, waarom het sy nie voorsiening gemaak nie. Dit grief my dat sogenaamde kunstenaars en sport persoonlikhede nie aan die dag van môre dink nie en as iets gebeur is hulle baie jammer vir hulleself en staan hulle bakhand by die publiek.
As hulle nie voorsiening gemaak het nie moet hulle maar by ‘n staats hospitaal gaan aanklop en tevrede wees met wat hulle kry.

Karoo ·

Sues, ek hoor wat jy se en stem saam dat ‘n mens voorsiening moet maak vir medies. Ek dink jy hom neem met’ n yster vuis omdat die jong dame ongelukkig ‘n houding in haar werk uitbeeld…. en nou ook met die vra van finansieele hulp. My ondervinding in die Weskaap met die onkologie afdeling in staats hospitale is posetief, ek wens haar net die beste toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.