Kapers nog soek wat vrou ‘koelbloedig’ doodskiet

Helen Fanourakis (Foto: Facebook)

Die polisie in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga, is steeds op soek na verdagtes wat glo Sondag ʼn vooraanstaande sakevrou van die hoëveld voor haar huis doodgeskiet het en toe met haar motor op die vlug geslaan het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê Helen Fanourakis (43) se splinternuwe bakkie is Maandag by Schoongezicht in die dorp opgespoor, sowat tien kilometer van waar sy die vorige aand “koelbloedig” doodgeskiet is.

Volgens Bhembe is Fanourakis omstreeks 18:30 voor haar huis in die Del Judor-eiendomsontwikkeling in eMalahleni doodgeskiet.

Bhembe vertel sy was by die hek toe ʼn onbekende aantal mans haar nader. Hulle het Fanourakis twee keer geskiet voor hulle met haar voertuig, ʼn Mazda BT‑50, gevlug het. Dié voertuig is deur die loop van die dag verlate gevind.

Fanourakis is op die toneel dood verklaar en ʼn saak van moord is by die polisie aanhangig gemaak.

Bhembe het ʼn beroep op die publiek gedoen om enige inligting rakende die moord op Fanourakis by lt.kol. Simon Thobejane by 079 891 5845 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

M ·

Herhinder my aan die moord van daai onderwyseres in PE …. Baie verdag …

S ·

Klink vir my ook baie verdag, jy kan dink wat jy wil maar nie se wat jy wil nie…..

smurfie ·

Hoekom vermoor hulle mense vir hul voertuie, net sodat hulle dit iewerste los om gekry te word?

Jan Alleman ·

Hulle los dit as hulle nie die tracker kry nie. Hulle sit en kyk of iemand die kar kom soek. As die kar binne sekere tyd nie gepla word nie, dan werk hulle verder.

Tino ·

Dit is ook baie moontlik dat dit ‘n eliminasie was en die voertuig die wegkom middel was.

Irma ·

M, S en Skepties: moenie veralgemeen as julle nie eers hierdie oulike gesin geken het nie.

Jenny ·

Almal het gedink die Rhodes-gesin is ook vreeslik oulik ne… Mens weet nooit werklik wat in iemand anders se huis aan gaan nie. Ek se nie dat dit net die gesin kon wees nie maar dis darem maar vreemd om met ‘n kar te vlug en dit dan net agterlaat nie waar nie?

Johanna Botha ·

Moord verkragting verwaarloosing diewe en verval oral om n mens in die land …en die polisie kyk …gaan dit OOIT regkom !

daniel ·

Ek dink dit gaan bloot om bloeddorstigheid en niks anders nie.

Irma ·

Moenie veralgemeen en veroordeel as julle nie deel van hulle lewe was nie. Dit was ‘n baie oulike gesin

Abe ·

Irma,
Sy was n pragtige mens en na alles wat ek verneem is haar dood n groot verlies. Dit is voorwaar n treurige insident, maar ons almal het die volste reg om te spekuleer oor wat die waarheid is. Dis die doel van n geleentheid soos hierdie om kommentaar te lewer.

Onnie ·

Dit is nie noodwendig haar man nie, dit kan ‘n “disgruntled” werknemer of sakevennoot wees.

Popsa ·

Ag nee… So ‘n lieflike mooie mens. Sterkte liewe familie en dierbares!

Se maar net ·

Ek sukkel om te verstaan hoe is dit ‘n kaping as hul die motor 10km verder los????
Ek sien dit as koelbloedige moord….. die moord se motief en moordenaar/s moet nog net vasgestel word.

Stripes ·

Stem saam, iewers is daar ‘n ander storie agter die storie.

Sterkte aan familie en vriende.

Elske ·

Die aanhalings by ‘koelbloedig’ beteken seker waarskynlik. Sekerlik kon dit nie per ongeluk gewees het nie?

Emma ·

Uiters verdag is daar nie kameras om na te gaan nie. So is rama ook net dood stil oor al die moorde wat gepleeg word o ja besig met die verkiesing veltog. So faal die anc met wet en orde.

Nel ·

Hou Julian Huxley se wyse woorde in gedagte by enige saak waarvan jy nie die feite ken nie: – “To speculate without facts is to attempt to enter a house of which one has not the key, by wandering aimlessly round and round, searching the walls and now and then peeping through the windows. Facts are the key.””

Lindtjies ·

Dit is half logies dat mense agterdogtig sal raak. Dit is asof daar ‘n patroon is met van die vorige insidente wat plaasgevind het. Ons hoop net van harte dat dit nie waar sal wees nie.

Mariaan ·

As mense nie kommentaar lewer nie…is die doel van nuus niks…almal bedoel maar net goed en wil nie sien dat so mooi vrou se moordenaars wegkom nie…dis nie oordeel nie…dis skok..dan ontstaan vrae! Want mense gee om…dankie Maroela dat julle ons ingelig hou….wens ons kon help soek na hierdie lafaards!! Sterkte vir haar familie

Charlie ·

Ek was bevoorreg om Helen te ken. Ek was baie lief vir haar. Sy was pragtig van binne en buite! Haar kaaskoek het my glad nie goed gedoen nie. Dit was so lekker ek het swaargekry toe ek weg getrek het uit die land want nog nêrens kon ek weer so een proe nie. Ek gaan jou baie mis vriendin. Ek het in elk geval elke dag verlang maar het darem geweet jy is nog daar. Nino’s sal nooit weer dieselfde wees sonder jou nie. Ek bid werklik dat die Here jou gesin sal stuf vashou en jou 2 seuns sal vetroos. Ook bid ek en verklaar ek dat reg hier sal geskied. Die waarheid sal uitkom en die skuldiges sal uitgevang word. Geregtigheid sal geskied. Ons ons plaas ons hoop en vetroue in Jesus Christus ons Koning. Amen.

Siek en Sat ·

Ek het ‘n vriendin wat gekaap was, hulle het haar ook geskiet ook vir ‘n bakkie (spesifiek ‘n “double cab”), hulle het haar uit haar bakkie gepluk nadat hulle haar deur die kakebeen geskiet het, neergegooi op die teer pad en op haar gesig getrap!! Hulle is nou nog opsoek na die verdagtes en dit het 7 jaar terug gebeur.
Gelukkig het my vriendin nie gesterf nie, maar hulle sal nooit hierdie mense vang nie.
Dis hartverskerend hoe kapers net letterlik wegkom met moord, hoe erken jy iemand wat jou geskiet het op ‘n donker nag? Al wat my vriendin onthou van daai vreeslike oomblik is dat die kaper “dreadlocks” gehad het….. daar is baie mense met dreadlocks?!?!
My hart gaan uit na hierdie vrou se familie. Rus in Vrede Helen :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.