Sandile Mantsoe, wat verdink word van die moord op sy meisie van sewe maande, Karabo Mokoena (22), bly in aanhouding nadat sy borgtogaansoek Vrydag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel is.
Mokoena, ʼn student aan die Regenesys-sakeskool, se verkoolde liggaam is op 29 April in ʼn sloot in Bramley gevind, ʼn dag nadat sy as vermis aangemeld is. Sy is die laaste keer in haar kêrel se woonstel gesien. Mantsoe is kort daarna in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Mantsoe het Vrydag vlugtig in die hof verskyn. Times Media het ʼn aansoek gebring dat die hofverrigtinge uitgesaai kan word, maar die aansoek is deur die staat en Mantsoe se regsverteenwoordigers teengestaan.
Landdros Carlo Labuschagne het die saak tot 23 Junie uitgestel vir die nodige partye om betoë in die aansoek te lewer, waarna hy ʼn uitspraak sal lewer en die borgtogaansoek kan voortgaan.
Mantsoe bly in aanhouding.
Lees alle vorige berigte oor Karabo Mokoena op Maroela Media.
Nou waarom sal regter Carlos toelaat dat die staat wil verhoed dat die saak uitgesaai word?! Is dit dalk om te verhoed dat die wêreld sien dat inhirente bloeddorstigheid en nie “apartheid” en “wit rassisme” sekere volke dryf nie? Dat die “sterkste sal oorwin” in SA van toepassing is? Toe, praat bietjie uit
Jammer die doodstraf ia af. Arme geliefdes van die dame
Hy sal borg kry, losgelaat word om weer verder iemand te vermoor soos wat daagliks gebeur.
Weet nie of die herinstelling van die doodstraf voordelig vir die witman sal wees nie. Pasop dat dit nie misbruik word nie.