Kêrel borgtog geweier ná moord op swanger vrou

Tshegofatso Pule (Foto: Twitter)

Tshegofatso Pule (28) se kêrel is Vrydag borgtog in die landdroshof in Roodepoort aan die Wes-Rand geweier.

Ntuthuko Ntokozo Shoba (32) word daarvan beskuldig dat hy die 31-jarige Muzikayise Malephane gehuur het om sy swanger vriendin te vermoor in ʼn poging om haar swangerskap van sy vrou weg te steek.

eNCA berig Shoba het vanoggend weer in die hof verskyn waar sy aansoek om borgtog van die hand gewys is. Hy bly dus in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 25 Maart.

Shoba staan ​​tereg op aanklag van moord, sameswering tot moord en regsverydeling.

Maroela Media het vroeër berig Pule, wat agt maande swanger was, se liggaam is in Junie verlede jaar met steekwonde en opgehang aan ʼn boom in Roodepoort aangetref. Sy is twee weke vantevore die laaste keer gesien toe sy in ʼn taxi geklim het wat Shoba vir haar gereël het.

Die 31-jarige Muzikayise Malephane is kort daarna in hegtenis geneem in verband met die moord. Malephane het skuld beken op Pule se moord en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Hiervolgens het hy onderneem om teen Shoba, wat hy as die baasbrein agter die moord geïdentifiseer het, te getuig. Hy het saam met Shoba skoolgegaan en is glo R70 000 aangebied om Pule te vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SomeOne ·

wat ‘n belaglike aansoek, jy maak ‘n mens en ongebore baba dood, dan probeer jy nog borg kry, hoe slim is dit ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.