Kettingwinkel gekap oor Moedersdagveldtog

Een van die foto's wat deel vorm van Truworths se Moedersdagveldtog.

Een van die foto’s wat deel vorm van Truworths se Moedersdagveldtog.

ʼn Moedersdagveldtog van ʼn bekende klerekettingwinkel het talle moeders warm onder die kraag.

Truworths het vandeesweek op sosiale media deurgeloop oor sy Moedersdagveldtog wat ʼn reeks foto’s insluit van jong modelle wat in luukse onderklere poseer. Die foto’s is wyd op sosiale media gedeel met talle sosialemedia-gebruikers wat meen die klerewinkel stel ʼn onrealistiese beeld van ma’s voor en stuur die verkeerde boodskap oor ouerskap.

Baie vroue het gekla dat een van die modelle te jonk lyk om ʼn ma te wees, dat haar perfekte kurwes onrealisties en beledigend vir ma’s is en dat onderklere nie ʼn gepaste Moedersdaggeskenk is nie.

Truworths het op die vlaag kritiek gereageer deur te sê die model, wat glo in haar 20’s is, is gekies vir haar “glansryke voorkoms” en nie as ʼn voorstelling van al die winkel se kliënte wat ma’s is nie. “Ons het komplimente sowel as kritiek oor die veldtog ontvang en voel ons kliënte het die reg tot hul eie opinies oor ons veldtogte. Dit is ʼn realiteit dat onder- én slaapklere as geskenke op Moedersdag gegee word. Ons bedoeling was nooit om enigiemand aanstoot te gee nie, maar eerder om ʼn modieuse produk wat deur gepaste bemarking ondersteun word, ten toon te stel.”

Truworths het verder in die verklaring gesê hulle glo ma’s moet jeugdig en aantreklik kan voel as hulle graag wil, en dat hulle ma’s graag hiermee wil bystaan deur die verskaffing van modieuse klere, skoonheidsmiddels en parfuums. “Ons sal natuurlik die kommentaar op sosiale media in ag neem wanneer ons in die toekoms ʼn soortgelyke veldtog van stapel stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

54 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jessica

The underwear is stunning, and these days sexy mother’s don’t mind underwear.

R

Ag foeitig! Mense kan darem maar op hol raak oor ‘n klomp twak.

Gesigggie

Ek stem saam, die advertensie is glad nie geskik vir moedersdag…ek dink regtig nie n Ma stel regtig belang in fansy onderklere vir Moedersdag,maar eerder, blomme, parfuum, of iets lekker soos n chocolade”’ glansryke voorkoms, ja ok… maar wat stel nou eintlik Moedersdag voor? elke Ma moet goed voel oor haar self, maar dit is nie nodig om dit uit te beeld met onderklere? En ja sy is 20” so duidelik te jonk om al n Ma te wees… sy is n model… Ek dink dat Truworths maar weer moet probeer…en aan iets beter moet dink… Aan al die Moeders… Lees meer »

JJ

Ek dink hul mag adverteer nes hul wil. Die fotos beeld niks eksplisiet nie. Dis net jaloesie.

tw

Ekskuus, omdat ek nou n ma is, moet ek nou skielik minder vroulik en vet wees? Nee regtig, ek is nog baie trots op my kurwes en is seker duisende ander ook. Buitendien, jy kan geronde kurwes he en nog steeds pragtig voel en lyk, veral met mooi onderklere aan.