KGG spreek skok en afgryse uit ná Luthuli-huis-voorval

‘n Skermskoot van die geweld buite Luthuli-huis

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) het sy skok uitgespreek oor die “genadelose aanranding van ʼn hulpelose vroueprotesganger” by ʼn optog Maandag buite Luthuli-huis.

Maroela Media het vroeër berig die ANC in Johannesburg het bevestig dat hy Maandagmiddag een van sy lede geskors het nadat ʼn video van hom die ronde gedoen het waarin hy ʼn vrou buite Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad te midde van gewelddadige betogings geskop het.

Javu Baloyi, KGG-woordvoerder, het gesê die kommissie is geskok dat niemand die vrou te hulp gesnel het terwyl sy aangerand was onderwyl sy op die grond gelê het nie.

“Die KGG is net so bekommerd oor die feit dat die polisie nie ingetree het nie – om die aanval stop te sit óf die skuldige in hegtenis te neem. Dit wys duidelik dat die samelewing geweld teen die mees kwesbare groepe genormaliseer het, in dié geval ʼn hulpelose vrou. In 2016 is daar 182 933 gevalle van aanranding aangemeld.”

Verskeie groepe betogers het Maandagoggend buite Luthuli-huis saamgedrom. Een groep was ANC-ondersteuners wat ANC-president Cyril Ramaphosa en “Zuma must fall” ondersteun, terwyl die ander ANC-ondersteuners was wat pres. Jacob Zuma ondersteun en aanvoer “Hands off Zuma”. Lede van die Black First Land First-beweging (BLF) het ook later by Luthuli-huis opgedaag nadat hulle eers op die Gandhi-plein bymekaargekom het.

Op Twitter het gebruikers video’s gedeel van ʼn njala-pantservoertuig met ʼn sleepwa vol doringdraad wat by die toneel opgedaag het. Daar was ook ʼn onderonsie tussen ʼn BLF-ondersteuner wat by die toneel opgedaag het en toe swetsend deur ANC-lede weggejaag is.

ʼn Vragmotor het later opgedaag waarna ʼn struweling tussen ANC-ondersteuners en die mense agter op die vragmotor uitgebreek het. Die vragmotor het glo BLF-lede vervoer. Foto’s en beeldmateriaal van die voorval wys onder meer hoe ʼn man, intussen geïdentifiseer as die ANC-taksekretaris Thabiso Setona, ʼn vrou skop terwyl sy op die grond lê.

Jolidee Matongo, ʼn woordvoerder van die party, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat Setona geskors is. Volgens hom het Setona homself ook reeds aan die polisieowerhede oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willie ·

Onskuldig? Ek betwyfel dit.. Het julle al gehoor wat raak die Black First Land First kwyt? Hulle vloek en is walglik rassisities… Live by the sword, die by the sward…

Lola ·

Ek stem saam met jou Willie. As jy op die verkeerde plek is gaan jy moeilikheid dalk kry nê?

mossie ·

Jy is reg Callie.
Indien dit nie op video vasgele was nie – sou geen haan daaroor gekraai het nie.
Nou is dit net gesig koop.

David ·

Wanneer gaan die KGG hulle skok en kommer uitspreek teen plaas moorde?

wielie ·

Blah blah blah Genade hou op PRAAT en DOEN IETS! Gooi die ou in die tronk en kry klaar. Nou gaan daar eers weer geld gemors word op ondersoeke, hofsake en persverklarings! Die was aanranding. Gooi hom ini tronk en spaar geld. Al wat SA se mense deesdae doen is PRAAT en LAWAAI maak maar niemand doen iets .

Cherokee ·

Wielie, ten minste jòu kommentaar verdien opvolg al is dit net om te sê, netjiese en sinvolle kommentaar.

Domvraag ·

Die KGG is ontevrede dat hulpelose vroue aangerand word, maar wat soek die hulpelose vroue daar. Van hulle is die grootste aanblasers en opswepers van geweld. So hoekom moet hulle anders behandel word as mans. Toe die man, n ouer, deur die EFF by Overvaalskool aangerand is, het geen haan gekraai nie. So dit lyk my volgens die KGG is daar niks mee fout as n man aangerand word nie en hoe is dit dan geslagsgelykheid?

Griet ·

Ek het geen simpatie met die vrou nie – hulle is – soos Domvraag noem – die grootste opstokers en wanneer hulle bygekom word, skree hulle wolf!

FM ·

Ag siestog. Sy het so vreeslik seergekry dat sy nog kon opspring en weghardloop. Ag shame die pyn.

Jan ·

KGG word wakker, dit is die mentaliteit van diegene wat die optogte bywoon. Daar is geen beheer mbt hulle optrede nie, hulle is deur die jare geleer deur die leiers van vandag dat as jy iets wil he dan betoog jy daarvoor. As jy wil he die wereld moet kennis neem dan maak jy dit geweldadig vir die media om dit dan verder vir jou aan te blaas. Wat met die vrou gebeur het is niks snaaks nie, dis die manier hoe probleme in Afrika hanteer / uitgesorteer word

Leeutjie ·

Ek het ook nie simpatie nie. Sy was saam met die blf…Zuma mense…

WLF ·

EK hoop die BLF het nou duidelik die boodskap gekry dat die ANC hulle nie as een van hulle sien nie. Soos ‘n kommentator hierbo tereg kwytraak, toe ‘n blanke ouer by die Overvaal skool aangerand en geskop en geslaan is toe het die KGG geskitter in hulle afwesigheid ook toe die ou blanke tannie van Zimbabwe by die petrolstasie geskop en geslaan is en van haar beursie beroof is voor haar seun haar probeer verdedig het. WAAR IS JULLE As blankes aangerand word? Na bewering (deur Vytjie Mentoor) is die vrou R250 betaal om namens die BLF te betoog. Dan moet sy maar besluit of die R250 die houe werd was.

Kerneels ·

Elke mens het die reg om te glo soos hy wil. Dit help nie om lede van ‘n party aan te val nie. Dit sal hulle nie laat verdwyn nie. Dit sal jou as mens net laat sleg lyk.

Theresa B ·

Ja almal het met skok en afgryse na die voorval gekyk. EN DAAR SAL NIKS VAN KOM NIE. Môre is hy weer “op sy pos”.

Elizr ·

Die probleem is dat optogte in geweld ontaard en dit word aanvaar. Niemand verdien om so aangerand en geskop te word ni. Diegene wat dit doen sal enige ander onskuldige persoon ook aanrand wat in hulle pad is. Onaanvaarbaar, maak n voorbeeld van hom.

MANIE ·

Ek hoop die man word ook so gehond deur die politieke partye en die media soos die twee kis manne. As ek kyk na die kis manne kan mens dalk so dertig jaar tronkstraf verwag vir die oortreding

Ekke ·

‘n Vriend van my in Swede het jare gelede vir my gese ek bly in die vriendelikse land….Ek was verbaas en hom gevra hoekom se hy dit…Sy antwoord…..As julle mense kwaad is sing en dans hulle as hulle bly is sing en dans hulle…. I rest my case…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.