Kind beland onder bewegende trok

Paramedici vanoggend op die toneel op die N102 naby Etete. (Foto: Verskaf)

’n Jong seun is dood nadat hy Donderdag onder ’n vragmotor wat suikerriet vervoer, beland het.

Die kind het na bewering op die bewegende vragmotor gespring om van die suikerriet te gryp toe hy gegly en onder die wiele van die vragmotor se wa beland het.

IPSS Medical Rescue sê paramedici is vroegoggend na die toneel op die N102 naby Etete in KwaZulu-Natal ontbied.

Die seun het veelvuldige beserings tydens die voorval opgedoen en paramedici het hom met hul aankoms probeer stabiliseer.

Die seun se beserings was egter van ’n baie ernstige aard en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Andries ·

Nee Carina, dit is diefstal in transit – jammer geen simpatie.

Pieter ·

Maar jy het heel waarskynlik simpatie vir die NZ vrou wat haar drie dogtertjies koelbloedig vermoor het?

AW ·

Laat my dink….

My broer het n toneel bygewoon waar twee kinders onder aan die sleepwa gespeel het , waar die spaar wiel gewoonlik gehou word, Die bestuurder was by n Shebeen, en nadat hy sy drank gedrink het, die trok aangesit en begin ry, twee kinders vir redes onbekend het gebly sit klou aan die struktuur/ raamwek waar die spaarband gehou word, … en afgeval na n ruk… sleepwa se wiele oor hulle… …

Bestuurder het gesê hy was nie bewus van die twee kinders wat daar onder die sleepwa gespeel het….

Vicky ·

Ek sien nie hoe dit die bestuurder se skuld is as hulle ONDER sy trok vasgeklou het nie? Kyk jý onder jou kar voordat jy in klim en ry? Ongeag of hy nou ñ dop gedrink het of nie,nièmand kyk ONDER hulle karre/trokke/busse of daar kinders sit en speel nie.

Herman ·

Diefstal sal jou nog dood maak. Sy ma moes hom dit geleer het.

Surfer ·

Ten minste het hy die wereld verlaat terwyl hy sy “hobbie” beoefen het.

Jack ·

Bestuurder seker nou van moord aangekla. Hoe anders sal die sapd die saak kan verklaar en n skuldige kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.