Kind gered wat in wasmasjien vassit

Ander inwoners het die wasmasjien begin stroop om nooddienswerkers te help om die kind te red. (Foto: ER24)

Die gemeenskap van France in Edendale naby Pietermaritzburg het verbete probeer om ʼn 11-jarige meisie te bevry wat in ʼn wasmasjien beland en vasgesit het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die kind het omstreeks 18:30 Sondag bo-op die masjien se deksel gestaan om wasgoed in die agterplaas van haar grootouers se huis op te hang.

“Die meisie se onderbene het agter haar ingevou en sy het al sowat ʼn uur lank vasgesit teen die tyd dat ER24 aangekom het. Ander inwoners het reeds gehelp om die buitekant van die masjien te stroop en ʼn kombinasie van krag- en ander gereedskap is gebruik om deur die drom te sny om die meisie te bevry,” het hy gesê.

Die kind het ʼn mediese ondersoek ondergaan en het geen beserings opgedoen nie.

“Gelukkig het haar grootouers vinnig die erns van die situasie besef en die nooddienste en inwoners het regtig saamgewerk om die meisie te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neels ·

Goeie werk deur al die betrokkenes. Dit was nou n regte frats ongeluk met goeie gevolge. Africa that is why I am staying

nannie ·

@dom, wat bedoel jy met dit is net oupa en ouma? Jou naam is gepas met sulke uitlatings wat jy maak. Ek is ook n ouma wat my kleinkind groot maak en ek verseker jou sy is ten alle tye veilig by my.

Jan P ·

Dom, jy het seker nie n ouma en oupa nie. Ons maak ons kleinkind al groot van geboorte af. Ek kan jou verseker haar 7 jarige lewe is net so volmaak soos enige ander kind van haar ouderdom. Haar prestasies by die onlangse prysuitdeling bewys dit. Miskien moet jy jou skuilnaam onnosel maak!

Slim ·

Jou naam is natuurlik Jan plank. Seker baie trots op jou kind.

Jan P ·

Slim. Oneiendig trots en lief vir haar. Sy Klim ook nie op wasmasjiene nie. As ek n plank gehad het sou ” Dom” kop eerste in sy wasmajien geval het. Oumas en Oupas is die dierbaarste en slimste mense ooit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.