Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn middeljarige man dood aangetref is in sy huis in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Oktober 2019
Ramaphosa: Staatskaping kos SA R500 miljard
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag tydens die Financial Times Africa Summit in Londen erken dat staatskaping die land ongeveer R500 miljard gekos het. Ramaphosa het die hooftoespraak op die beraad gelewer.
DA – Nóg ʼn mosie van wantroue aan vooraand van verkiesing
Aan die vooraand van ʼn potensieel verdelende interne verkiesing vir die DA is ʼn interne mosie van wantroue in ʼn leiersfiguur van die party net-net afgeweer deurdat dit verbied is. Dit terwyl ʼn paneel wat die DA se toekomsopsies moet ondersoek, aanbeveel het dat partyleier Mmusi Maimane bedank.
Geweld vlam op tydens protes in Velddrif
Geweld het Maandag in die Noordhoek-woonbuurt van Velddrif in die Wes-Kaap uitgebreek tydens ʼn onwettige betoging op dié dorp.
Etzebeth vra hof om MRK-besluit te hersien
Die Springbok Eben Etzebeth vra die hof om die MRK se besluit oor sy vervolging ter syde te stel.
ToekomsVenster: Die Here is God
Ek kan niks doen aan die meeste kontekste waarin mense (ook my geliefdes) hulle bevind nie. Die meeste van ons is aangewese op wonderwerke. Die Here moet asseblief ingryp. Hy doen dit ook wanneer ons aan Hom die plek gee wat Hom toekom.
Moorde in PE-aftreeoord: Bejaardes is ‘versmoor, gewurg’
Die Stella Londt-aftreeoord, deel van die St. John-groep, het ná die voorval sy “ongelooflike skok en diepe hartseer” oor die voorval te kenne gegee.
Nuwe R25-dinosourus-muntstuk vir SA
Suid-Afrika sal in 2020 ʼn nuwe versamelaarsmunt in die vorm van ʼn R25-muntstuk bykry met dinosourusse as tema.
Hondjie, eienaar ná 12 jaar herenig
ʼn Man het verlede week in die Pittsburgh-omgewing, in Pennsylvania, die bibberende, honger en verwaarloosde hondjie onder sy skuur gevind.
Bloemfonteinse museum mag nie meer wapens uitstal
Die Nasionale Museum Bloemfontein gaan nie meer voort met die beplande permanente antieke wapenuitstalling nie, al is die projek reeds 80% voltooi.
Voormalige SAID-hoës hoor dán of hulle vervolg gaan word
“As hulle net toegelaat is om aan te hou doen wat hulle in daardie jare gedoen het, het ons ekonomie vandag dalk anders – moontlik báie anders – daar uitgesien,”
Vyf velsorgwenke vir die somer
Die vel wat jy nou het, is die enigste vel wat jy ooit gaan hê. Dit is dus slim om so goed moontlik daarna om te sien, veral in die warm somermaande wat Suid-Afrika ervaar.
Beraad vir kerke: ‘Vat hande, veg saam armoede’
Geestelike en fisieke armoede is aan die orde van die dag en om dié rede het Solidariteit Helpende Hand besluit om die #HelpendeKerke-beraad aan te bied om daadwerklik aandag te gee aan dié kwessies.
Teleurstelling ná tifoon Namibiërs se Wêreldbeker-rugbydrome kelder
“Ons is verskriklik teleurgesteld dat die wedstryd nie kon voortgaan nie.”
Foto’s: Só lyk die nuwe Hannon-roos
“Toe ek nog ʼn jong student was, was die yskas gereeld dolleeg, maar daar was altyd ʼn bossie blomme in my kamer.”
Mediesefonds-lede dok miljarde op aan medikasie, dokters
Lede van mediese fondse het verlede jaar R32,9 miljard uit hul eie sak betaal vir mediese dienste.
Ramaphosa wil sakebedrywighede in SA goedkoper, makliker maak
“Ons wil dit makliker maak om sake te doen: vir die persoon wat in sy motorhuis begin, asook die multinasionale [maatskappy] wat ʼn nuwe fabriek wil open.”
Depressie neem toe in Suid-Afrika, veral in die Vrystaat
Om en by 7.3% van Discovery se lede in die Vrystaat word met ʼn geestesgesondheidstoestand gediagnoseer.
Nuwe ekspat-belasting kan plaaslike ekonomie knou
Menige belastingbetalers kan hul verblyfreg in Suid-Afrika vir belastingdoeleindes opgee, wat negatiewe nagevolge vir die land se ekonomie kan inhou.
Japan-tifoon: Kanadese rugbyspan spring ook in om te help
“Dit is tye soos dié dat daar veel belangriker dinge as rugby is.”