Geweld vlam op tydens protes in Velddrif

Geweld vlam op in Velddrif weens betogings. (Fotos: Alida Buckle)

Skrywer: Alida Buckle 

Vensters van nuutgeboude, onbewoonde HOP-huise in die Noordhoek-woonbuurt van Velddrif is vanoggend stukkend gegooi, wasbakke uitgeruk en toiletsitplekke gebreek tydens ʼn onwettige betoging op dié Wes-Kaapse dorp.

Munisipale kantore en sakeondernemings was vandag gesluit uit vrees vir geweld.

Volgens kapt. Predon Ackeer, polisiehoof, het die betogers buitebande in die strate aan die brand gesteek. Hulle is ontevrede oor die uitkoms van ʼn vergadering op Sondag 13 Oktober met Ray van Rooyen, burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, oor behuising. Van Rooyen is Sondag onder polisiebegeleiding uit die buurt verwyder. Hy sou vrae beantwoord wat verlede Woensdag tydens ʼn vreedsame optog aan hom oorhandig is.

Volgens Lea Adams, ʼn gemeenskapsleier, is daar ongelukkigheid oor mense wat na bewering HOP-huise moes kry en wat glo klaar vir die aansluiting van dienste betaal het, maar die sleutels is glo aan ander mense oorhandig. Van Rooyen het hierop gesê dat hy al by vorige geleenthede dié spesifieke sake met die gemeenskap probeer bespreek het.

Geweld vlam op in Velddrif weens betogings. (Fotos: Alida Buckle)

Volgens Ackeer het geweld Maandag om 04:00 weer opgevlam, met ʼn skare van byna 3 000 mense wat gedreig het om die Noordhoek-gemeenskapsaal af te brand. ʼn Groot groep polisiebeamptes van Laaiplek (Velddrif) en die Weskus-omgewing, asook munisipale wetstoepassingsbeamptes van Saldanhabaai, die Bergrivier en die Swartland het die skare by die gemeenskapsaal gekeer om verder die dorp in te vaar.

Daar is vir ure oor en weer beraadslaag om ʼn kompromie te probeer bereik. Die skare wou egter niks weet van ʼn vergadering op Dinsdag 15 Oktober nie en het opsluit antwoorde geëis.

Verskeie politieke partye het ook geëis dat die buurt se oortrokke water-en-ligte-skuld afgeskryf word, iets wat Van Rooyen verduidelik het nie oornag kan gebeur nie. “Ons kyk op die oomblik na die moontlike instel van verskillende kategorieë in dié verband.” Hy het uitgewys dat inwoners wat vir deernistoelae kwalifiseer én aansoek daarvoor doen, se skuld wel afgeskryf word.

Die skare het verdaag nadat afgespreek is dat Van Rooyen Maandag om 18:00 met ander amptenary sal vergader oor die kwessie.

Volgens Hanlie Linde, munisipale bestuurder, gaan munisipale amptenare eers die omvang van die skade aan die HOP-huise bepaal wanneer die gebied weer veilig is om te betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

In kort. Hulle is kwaad omdat hulle nie gratis munisipale dienste en gratis huise kan kry nie. Nou vernietig hulle alles wat voorkom….
Pateties!

Hannetjie ·

Presies Johan…verwoes en demand….sulke optrede is onverskoonbaar.Ja die regering moet vinniger beweeg met hul beloftes.Mense se geduld raak op.

Elize ·

So dis nie net in my provinsie waar mense wat al jare wag se huise weggegee word vir pelle of onwettige immigrante nie. Het hulle regtig gedink die klompie gaan dit net aanvaar

Bees ·

Waar kry hulle so vinnig 3000 vandaan om op te ruk? Ek moet ten duurste betaal vir my hophuis op Velddrif.

piper ·

met sulke mentaliteit is daar geen hoop vir ons land nie. wilalles verniet he sonder om self enige insette te lewer. ons beweeg stadig maar seker na n rewolusie war die hele land gaan vernietig. hier is geen toekoms nie.

AB ·

Los daai stukkende geboue net so. Laat hulle in daai krotte bly. Hulle hou mos daarvan as alles stukkend is. Hulle wil mos in die”twilight zone” bly!

aj ·

Wie gaan betaal vir die huise, krag, water ensovoorts?

Amerika of China se belatingbetalers ….? want SA se geld is op!

Die mislukte ANC regime is reeds verplig om geld te leen by ander lande … wat die SA belastingbetalers veronderstel is om terug te betaal …maar NOOIT gaan regkry nie.

Zimbabwe!!!

Dries ·

O my aarde! Na di vensters gebreek en wasbakke uitgeruk is, val di sleutels vir di huise toe ni uit di lug ni…

Pasella ·

Miljoene HOP huise is al gebou, miljoene moet nog gebou word! Dit is n oneindigende aanvraag van n al hoe groter wordende bevolking! Onmoontlik.

aj ·

Nêrens in Afrika kry die inwoners GRATIS enige iets nie …. daarom stroom miljoene hierheen!

Dis onvolhoubaar!

Rina ·

Anti hukum vat jy nie munisipaliteit hof toe nie …. hoekom skade aanrig ….. dit is nie die geboue se skuld nie…. ai ai

Rina ·

Ons besit nie eers n huis nie moet ten duurste huur en julle wat n kans staan vir n HOP huis vernietig alles

Tk ·

Meeste van Noordhoek se gemeenskap is nie eers betrokke nie, hierdie groep mense is eerste orangery gewees, hierdie is nie n EFF gemeenskap nie so waar kom daar skielik 3000 betoogers nou skielik vandaan. Gister was daar nie so groot skare nie, nou vandag is dit amper trippel. Dis hartseer. Ons almal sit nou toe agter slot en grendel in ons huise en worrie.

Broodlyn ·

Sal ék nie van ‘n HOP huis hou nie. Bykans my hele salaris gaan vir ons huis se huur en ons het al 3 keer getrek om beter af te probeer wees. Plaas is die mense eerder DANKbaar.

Nettie ·

@Broodlyn – dieselfde hier. Ek verdien te veel om te kwalifiseer vir ‘n HOP-huis, maar te min om te kwalifiseer vir ‘n huislening by ‘n bank. Dus moet ek maar amper R8K per maand uitvurk vir ‘n skamelrige ou huisie, in ‘n ordinêre woonbuurt.

Renetha Ambrose ·

Dit is absoluut onnodig al die skade wat aangerig word. Ons het al soveel besigheid in die dorp verloor deur hierdie sogenaamde optredes. Dis nie eens ons eie dorpsmense nie. Hoekom met hulle ingery word

Riaan ·

Wonder maar net hoe sal die polisie optree as blankes dieselfde doen.

marous ·

Stuur dit dadelik oorsee dat die hoofman meer geld kan bedel om dit weer reg te
maak , terwyl die verwoestaards wat alles verniet kry , niks oorkom nie .

David Potgieter ·

Jy hoef ook nie te ver te kyk nie, dan sien jy die werk van Sammy Claassens. Tyd dat hy en sy chronies op hul plek gesit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.