Mediesefonds-lede dok miljarde op aan medikasie, dokters

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Lede van mediese fondse het verlede jaar R32,9 miljard uit hul eie sak betaal vir mediese dienste. Hierdie bedrag het boonop toegeneem van R31,9 miljard in 2017 en is amper R9 miljard meer as die R24 miljard wat lede in 2014 self betaal het.

Só wys die Raad op Mediese Fondse se jaarverslag vir die 2018-’19-boekjaar, wat Vrydag bekendgemaak is. Hierdie bedrag is bereken deur die bedrag wat deur lede geëis is vir behandeling of medikasie af te trek van die bedrag wat uiteindelik uitbetaal is. “Die werklike uitgawes wat lede aangegaan het, is waarskynlik veel meer, aangesien daar nie vir alle mediese behandeling geëis word nie,” lui die verslag.

Argieffoto: Pixabay

Mediesefonds-lede bestee die meeste van hul eie geld aan medikasie (33%), algemene praktisyns (9,7%) en mediese en chirurgiese spesialiste (7,5%).

Die grootste persentasie van geld in pasiënte se mediese spaarrekening word ook bestee aan medikasie en algemene praktisyns. “Die hoë bedrag wat lede aan chirurgiese spesialiste betaal, is waarskynlik omdat dié spesialiste se tariewe gemiddeld hoër is as die skema se tariefkoers,” lui die verslag.

Mediese fondse het in 2018 altesaam R173,3 miljard aan ledevoordele uitbetaal, ʼn toename in 8% van die R160 miljard wat in 2017 uitbetaal is. Mediese fondse het gemiddeld R19 500 per begunstigde per jaar uitbetaal. Die meeste geld (37%) is vir hospitaaldienste uitbetaal, gevolg deur geld vir medikasie (15%).

Klagtes teen mediese fondse weens wanbetaling het ook die afgelope boekjaar toegeneem.

‘n Helikopter moes een van die mans na ‘n hospitaal neem. Foto: Verskaf

Volgens die verslag was daar in die vorige boekjaar ʼn toename in klagtes vanaf mediese praktisyns omdat mediese fondse in sekere gevalle besluit het om nie eise vir behandeling uit te betaal nie. In die meeste gevalle het die betrokke mediese fonds bykomende inligting aangevra met betrekking tot dokters se werksure, ligging van hul praktyk en die tyd wat aan ʼn betrokke pasiënt bestee is. Sommige dokters het egter geweier om hierdie vrae te beantwoord op grond van dokter-pasiënt-vertroulikheid, luidens die verslag.

Daar is wel in die vorige boekjaar meer gereeld ten gunste van klaers bevind (2 234 keer), eerder as ten gunste van mediese fondse of administrateurs teen wie die klag ingedien is (1 700 keer). Mediese fondse kon ook verlede jaar klagtes baie vinniger afhandel as vorige jare.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

87 Kommentare

jongste oudste gewildste
Poot

My oorlede pa het altyd gesê, “versekering is ñ goeie ding, jy moet net NOOIT eis nie”.
Tong in die kies.

Melanie

Wel ek moes gaan vir mantelvliesbreuk operasie 2maande terug en toe ek by hospitaal kom moes ek hoor daar moet oor die 16duisend rand neer gesit word.My man verdien nie ‘n groot salaris nie en nie almal het daai geld wat rond lê nie.Ek moes my operasie kanseleer en is op pille in die oggend en aand vir verligting.

Spook op thaba

Nou wat is die nut van n mediese fonds dan

JohanR

Wonder nog altyd of ek daai R2412 wat ek elke maand aan Discovery gee, nie iewers moet bele sodat dit rente loop, en maar self al my medies betaal nie? Probleem kom waaneer jy skielik ‘n R100000 prosedure moet laat doen. Dink nie een van ons in SA het skielik daai soort geld nie? Soe bly maar op die Voyage Of Discovery.

Johan

Ek betaal miskien ‘n hoë premie… Maar ek is by goeie dokters en ek het uitstekende behandeling in die hospitaal gekry. Met die blinknuwe plan van die Regering om die privaat mediese dienste te kaap, gaan ek dalk minder betaal maar swakker diens kry. Dis gewis!