Voormalige SAID-hoës hoor dán of hulle vervolg gaan word

Ivan Pillay en Johan van Loggerenberg. (Argieffoto: ANA)

Die drie voormalige amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat van betrokkenheid by die SAID se sogenaamde geheime eenheid beskuldig word, hoor moontlik in Februarie eers of die klagte teen hulle laat vaar word.

Ivan Pillay, Johann van Loggerenberg en Andries Janse van Rensburg het Maandag vlugtig in die hof verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle in 2007 meeluisterapparaat in die hoofkantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Silverton, Pretoria, geplant het.

Die mans is ook aangekla van oortredings van die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie, beter bekend as Rica-wetgewing, sowel as korrupsie.

Hul regsverteenwoordiger, Bernard Hortz, voer aan die mans word geviktimiseer omdat hulle staatskaping probeer stuit het. “Hierdie drie individue is deur die mees onhoudbare en onmenslike omstandighede gesit, bloot omdat hulle aan die hoof was van wat destyds die beste inkomstediens ter wêreld was. Kyk waar is hulle nou.

“As hulle net toegelaat is om aan te hou doen wat hulle in daardie jare gedoen het, het ons ekonomie vandag dalk anders – moontlik báie anders – daar uitgesien,” het Hortz gesê.

Pillay, Van Loggerenberg en Janse van Rensburg het vroeër die Pretoriase hooggeregshof genader vir ʼn bevel om die strafsaak teen hulle te laat vaar. Hulle het die aansoek teruggetrek nadat hulle die NVG se beantwoordende verklaring daarop ontvang het.

Vandag se uitstel moet die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, genoeg tyd gee om ʼn hersiening van die saak, waarin bevind is dat daar geen billike kans op ʼn suksesvolle vervolging bestaan nie, te bestudeer. Dit kan beteken die aanklagte teen die drie word laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kerneels ·

Dis tog ‘n feit dat hierdie drie eerbare manne net hul werk té goed gedoen het. Hulle was op die punt om die sigaret-mafia, met wie zuma hand-om-die-blaas was, oop te vlek. Daar was en is nog nooit ‘n geheime of ‘roque unit’ gewees nie. Net nog ‘n hekse jag en mors van staatsgeld.

Ferdie ·

So is baie eerbare en opregte Polisielede soos Genrl Booysen en nog baie meer oor die hele land geïntimideer vervolg beledig en geviktimiseer net sodat Zuma en sy Tsotsies kon plunder st
eel en verwoes mag hy en sy Tsotsies terug gaan Robbeneiland toe waar hul hoort

Pottie ·

Die land en sy spesie maak n mens siek eendag is eendag dag gaan die poppe dans watch this spase

Carl Jordaan ·

Hulle het te diep gekrap. As hulle die waarheid oop gekrap het sou dit n klomp goed geplaaste politici en hulle seuns, gepla het. Daar is nie plek vir mense wat hulle werk deeglik doen nie. Van die aantygings klink na versinsils, soos toe daar n rede gesoek is om van Pravin as minister van finasies, ontslae geraak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.