Jou kind het sy grootouers nodig, maar meer nog, húlle het die kinders nodig.
Alles vir Maandag 14 Oktober 2019
Tekenprent: ‘Ons bly en ons gaan bou’
Die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad wat verlede week gehou is, is goed deur die publiek ontvang, hoewel almal nie ewe opgewonde oor hul toekomsplanne was nie.
Pasiënt weke lank sonder kos en water in akademiese hospitaal
Die VF Plus sê wanadministrasie en wanbestuur in die openbare gesondheidsorg moet met wortel en tak uitgeroei word.
Nuuskommentaar: Zuma se dag in die hof – gaan die gety nou draai?
Terwyl oudpres. Jacob Zuma en Julius Malema se woorde oor hul dag in die hof op die oog af in hul gesig kan ontplof, wil die dreigende staat van beskuldiging teen pres. Donald Trump nie sneuwel nie.
Resep: Stamp-poeding met fyngemaakte stampmielies
“Die resep is ideaal wanneer daar stampmielies vanaf ʼn vorige ete oorgebly het en jy iets lekkers hiermee wil maak,” skryf Maroela Media-leser Gerrit Steyn.
Polisie snuffel ‘moordverdagte’ in plafon uit
Maroela Media het vroeër vanjaar berig Chabalala en ʼn vriend is deur die aanlyn advertensie na die woonstel gelok. Sy vriend kon vlug en het die rooftog oorleef.
Verbruikersake: Verbruikers spring van woede oor trampolien nie opdaag
Verbruikers is warm onder die kraag omdat trampoliens wat hulle van SA Trampoline in Pretoria bestel het, nooit afgelewer is nie. ’n Verbruiker het vir ons geskryf dat hulle net leë beloftes gekry het dat hul geld terugbetaal sal word. Ina Opperman het ondersoek ingestel.
Grafiek: Stygende arbeidskoste in die openbare sektor
Met die oog op die Oktober se mediumtermyn-begroting is verskeie ontleders weer besig om na die regering se besteding op arbeid te verwys.
Kerke in die bokskryt
Geloof of godsdiens kan nie langer soos taal en kultuur gebruik word om laer te trek nie, tensy dit aanvaarbaar is dat die kerk (as gevolg daarvan) in die bokskryt boer.
Bolandse aardbewing lei tot SA se grootste restourasiesukses
Dié erfenisjuweel is afgestof en blinkgepoets danksy die grootste restourasiepoging in ons land se geskiedenis, ná die aardbewing van 6,3 op die Richterskaal wat dié dorp in die Noord-Boland in September 1969 in puin gelê het.
Drie polisielede, ‘kapers’ en ‘onwettige tandartse’ vas ná polisie-optrede
Later, by ʼn hospitaal, is hy egter uitgewys as een van die verdagtes wat na bewering ʼn Toyota-minibus in Mamelodi in Pretoria gekaap het.
Kind gered wat in wasmasjien vassit
Die meisie se onderbene het agter haar ingevou en sy het al sowat ʼn uur lank vasgesit teen die tyd dat ER24 aangekom het.
Man verdrink toe skiboot by PE omslaan
NSRI-swemmers het in die branders ingeswem en die man is naby die omgeslaande boot gevind.
Gebrokenheid en geweld: Dit raak ons almal
Dit is dus duidelik dat, ten spyte van ons gevoel van magteloosheid, ook óns hieroor behoort te dink en te besluit watter bydrae ons kan lewer. Verder moet ons ook onthou dat hierdie ʼn taboe-onderwerp is waaroor slagoffers swyg, en dat daar (volgens statistieke) tussen die vroue wat jou omring, vandag ook slagoffers is. Dit raak ons, of ons dit wil weet of nie.
Van aardverwarming na aardbewondering
Het die tyd aangebreek dat die lewensbeskouing – dat menslike welvaart alleenlik afhanklik is van ekonomiese groei en industrialisasie – moet verander na een waar menslike welvaart eerder gemeet word aan selfverantwoordbaarheid, geestelike welsyn en die strewe na volhoubare ekosisteme?
Gedagte vir die dag: Alles wat nodig is
Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. (2 Petrus 1:3)