Bloemfonteinse museum mag nie meer wapens uitstal

Vuurwapens wat in ‘n Bloemfonteinse museum uitgestal sou word. (Foto: Verskaf)

Die Nasionale Museum Bloemfontein gaan nie meer voort met die beplande permanente antieke wapenuitstalling nie, al is die projek reeds 80% voltooi. Volgens Veronica van Dyk, DA adjunk-skaduminister van sport, kuns en kultuur, is die projek skielik in Januarie vanjaar stopgesit, nadat Sharon Snell, uitvoerende hoof van die museum, haar afkeer van vuurwapens uitgespreek het.

“Alle beplanning, ontwikkelingsvergaderings, navorsing en konstruksieplanne is voltooi vir hierdie projek, insluitend navorsing van ʼn buitespesialis. Dit is nog net die glaspanele vir die vertoonkaste wat kort. Om dit dus nou te stop gaan lei tot vrugtelose uitgawes,” sê Van Dyk.

Van Dyk sê die vertoonkaste word tans in werkareas gestoor waar dit baie waardevolle ruimte in beslag neem en die werkvloei belemmer.

“Sommige van die museum se uitgebreide versameling vuurwapens is baie waardevol en van groot belang vir versamelaars en vuurwapen-entoesiaste. Die vuurwapens wat gekies is vir die uitstalling weerspieël die geskiedenis en ontwikkeling van vuurwapens,” sê Van Dyk.

“Die museumraad het vir hierdie uitstalling begroot en dit is op die permanente vertoonskedule wat goedgekeur is, geplaas.”

Snell wil klaarblyklik hê die uitstalling moet na die Raadsaal-museum, ʼn satelliet van die Nasionale Museum Bloemfontein, verskuif. Die Eerste Raadsaal-museum is die oudste gebou in Bloemfontein, met ʼn baie spesifieke uitstalling wat die geskiedenis en vestiging van die Vrystaat vertoon.

“Dié museum het egter nie ʼn toepaslike ruimte vir die uitstalling nie en die gewere wat Snell voorstel daar vertoon word, het niks met die geskiedenis van Bloemfontein, die Vrystaat of die Eerste Raadsaal te doen nie. Dit uitstalling hoort in die Nasionale Museumgebou, aangesien dit ʼn baie breër en algemene versameling artefakte en eksemplare voorstel,” sê Van Dyk.

Van Dyk meen Snell verontagsaam die Vuurwapenwet, wet 60 van 2000, sowel as die regulasies van 2004 op die Vuurwapenwet wat van toepassing is op museums, en kan daartoe bydra dat die museum sy akkreditasie of lisensie om die wapens uit te stal, verloor.

“Snell se besluit sal dus ʼn gevaarlike presedent skep vir toekomstige uitstallings in die museum en kan nie geduld word nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Tiaan ·

Dit het niks met die eerste raadsaal te doen nie en hoort in die nasionale museum. Mev Sharon Snell, daar is al reeds baie tyd aan die projek spandeer asook koste, wat is die rede agter jou denke…?

Manie van Worcester ·

Die geklike idee dat wapens die skuld moet kry vir mense se gebrek aan respek vir ander se lewens. Meestsl oor hy besef hyself is niks

Manna ·

Wie is die sharon snell dat sy somaar so op haar eie sulke besluite kan neem. Ek dink as belasting betalers wat haar salaris betaal sy moet af gedank word vir geld wat gemors is. Wat is museum sonder wapens.

Wessel Cronje ·

Liberalisme is ‘n brein disfunksie.

Sy sou sekerlik beter gevoel het as sy middeleeuse martel instrumente kan tentoonstel.

Ben Rudman ·

Hoe het die dame in daardie posisie gekom. As sy ‘n afkeer in vuurwapens het kan sy dit mos nie op die breë publiek afdwing nie?? Sy hoef moes geensins na die uitstalling te gaan kyk nie. Liberale politiek hoort nie in plekke soos museums nie!!

Boer ·

Laat ek raai, Me Snell wil graag iets oor apartheid uitstal? Johannesburg het reeds twee museums wat merendeels net oor Apartheid gaan en altwee is ewe pateties.

Johan ·

Dat daar antieke vuurwapens is, is ‘n historiese feit. Of ‘n mens daarvan hou of nie hou nie. Nou wil sekere mense dit ignoreer. Belaglik!

schaun ·

Piesang republiek demokrasieë n persoon met die naam snell maak n besluit oor die afrikaner se geskiedenis en ons aanvaar dit of dit n nuwe geur van koffie is wat ons van môre af gaan drink………..gee ons asb n onafhanklike tuisland dan vat ons ons geskiedenis en bou ons eie land op waar is die moses om ons hier uit te ly, Dr Groenewald ons hoop is op jou en die VF+.

Jackie ·

Was dit knopkieries, pangas, messe en assegaaie dan sou dit goedgekeur wees…hoe belaglik!!!

Jan ·

ME. Snell, jou persoonlike opinie oor gewere het totaal NIKS niks met feitlike geskiedenis uit te waai nie.

AB ·

Sy het ‘n afkeur van vuurwapens? Siestog! Sodra hierdie anti-vuurwapen mense se lewens bedreig word bel hulle die polisie, want hulle het vuurwapens!

Johan ·

Van wanneer af speel persoonlike voorkeur ‘n rol by museum uitstallings? Snell moet vinnig volwasse word!

MJ Kroezen ·

wie dink die Snell vroumens is sy om haar besluit bo die res van die publiek af te dwing ek hoop iemand sal haar tereg wys

PJC ·

Dalk is sy familie van die dame van “Gun free South Africa” wat haar ook verbeel sy kan sommer vir die hele bevolking besluit. Hulle arrogansie het geen perke en dit pas nie in goeie geselskap om te sê wat ń mens van hulle dink nie.

JohanR ·

Is dit nie wonderlik hoe een persoon besluit vir duisende of miljoene. Ronald Lamola besluit die doodstraf sal nie terugkom, instede om ‘n referendum daar oor te hou, sodat die hele land se mense ‘n stem kan uitbring. Sharon Snell besluit daar sal nie meer ‘n wapenuitstaling wees nie, omdat SY nie van wapens hou nie. Het nuus vir jou Sharon. Wapens is soe groot van SA se geskiedenis, jy kan die nie net weg wens nie. Weet jy dat Jan van Riebeeck het die eerste kanon skoot ooit in SA reg op Nkandla afgeskiet? Sy koers was soe bietjie af, en hy het Nkandla gemis….jammerte!

Hans ·

Me Snell u is ‘n amptenaar en moet raadsbesluite uitvoer-ek dink nie u het enige besluitnemingsbevoegdhede in die geval nie.

Stebastiaan ·

Mev snell as jy teen die uitstalling is, kry vir jou ‘n ander werk. Dit is ‘n museum wat outydse goed uitstal en dit is wat dit is.

Pieter ·

Sy werk in n groot sirkus ek wonder wie betaal haar selaris

JSS ·

Dis bloot onprofessioneel van Me Snell dat haar persoonlike gevoelens oor vuurwapens met haar werk inmeng. Vuurwapens is ‘n integrale deel van die geskiedenis van ons land of jy nou daarvan hou of nie, so dit hoort beslis in ‘n nasionale museum. Ek het self ‘n moderne voorlaaier en dis tog lekker en interessant om die ou en nuwe wapen tegnologie te vergelyk. Ek wonder nogal of GOSA (Gun Owners South Africa) sou belangstel om Me Snell hieroor aan te vat.

Bert ·

‘N afkeer van vuurwapens.
Wonder hoe sy haarself gaan verdedig as haar beurt kom.
Ken ‘n paar mense wat ook so’n afkeer gehad het tot daar ‘n rooftog was, nou het 1 van hulle selfs ‘n pompaksie aangeskaf.

Gaitsigubib ·

Snell glo nie in wapens wat met kryt werk nie. Ek dink sy hou van petrol en buitebande.

Jo ·

Dis die enigste uitstaling wat ek graag sou wou gesien het en nou is SY ongemaklik daarmee, so almal moet die van die kans ontgun word

Lombard ·

Net nog ‘n neo-rassis met misplaasde wraaksug teen Afrikanergeskiedenis.? Dieselfde me Snell wat ook alles Afrikaans uit die museum wil verwyder, as ek dit reg het. Sulke mense is nie bevoeg om bewakers van ‘n land se geskiedenis te wees nie. Wat die geskiedenis bevat, is nie vir enigeen om goed te keur, af te keur, te verswyg, op te hemel, of te probeer vernietig nie. Dit is wat dit is. Ons moet dit bewaar soos wat dit is, en daaruit leer.
Sulke begrippe is dalk vir ‘n kleinlike ANC-geaffilieerde anti-Afrikaner soos me Snell net te gevorderd.

Carel ·

Omdat Snell nie van vuirwapens hou nie beteken dit nou ‘die’ geskiedenis best aan nie? Dit lyk of sy nie die insig het om die pos te beklee nie, geskiedenis is geskiedenis ongeag of iemand waarvan hou of nie, kry n nuwe hoof wat verstaan geskiedenis is daar vir jonger geslagte om te leer dit het niks met persoonlike gevoelens te doen nie

AndrewL ·

Moet tog asseblief nie dat sy sien die tuiniers gebruik tuinvurke waarvan die skerpkante bestaan uit vier baie skerp messe nie! Die hele Bloemfontein sal dan moet plavei word.

skurweberg ·

Ons arme land is nou gekrimenaliseer. En wie moet bedank word ??

JV ·

Ek het n afkeer aan me Snell. Plaas haar in n ander museum of raak ontslae van haar. Wie is sy om op haar eie besluite te neem?

George in Bloem. ·

Maar net die optrede van nog ‘n onbevoegde nar in ‘n posisie waarvan sy absolute geen clue het nie. Mens kan maar net vir die spul groot lag kry.

Gemaskerde Sopbeen ·

https://www.youtube.com/watch?v=T7omvMtaIEg. Hier sê sy self sy het “Asperger Sindroom”….wat basies beteken jy sien die wêreld anders as ander mense, en jy het moet “social skills” aanleer… Sy sê “I’ve learnt to put my foot down, and sell something repeatedly until people buy it!!!” HUH??? WTF??? En nou is sy in beheer van die Nasionale Museum…en besluit WAT uitgestal sal word en wat nie? Ongelukkige ou gestremde swart vroutjie met ‘n swak selfbeeld…..wat anders kan mens verwag?

Ampie ·

Stem. Sou graag jou laaste sin wou verander maar dan was ek vanaand al toegesluit. Seker n dag oue pienk …..ag wat ook al het meer breinselle

Ampie ·

Wie is die Me Snell? Miskien moet sy snel uit die museum Kom. Lagwekkende onkunde van haar kant

Niklaas ·

Hierdie Sharon Snell karakter was seker nog nooit in die nuus en wil bietjie gratis publisiteit geniet. Laat sy vroeë pensioen neem. Spoedig ook sommer

Gehoor ·

Weet van ‘n werknemer in die museum wat genoem het, indien dit sy is, dat hul nuwe hoof baie onregverdig optree en dit onuithoudbaar maak vir sekere werknemers in die museum. Een storie is dat sy blykbaar ‘n werksfunksie gereël het, maar slegs swart werknemers genooi het en genoem het dat die blankes reeds tydens apartheid bevoordeel was. Lekker tip en storie hierdie vir ‘n ondersoek joernalis. Kry net daai epos in die hande!

Clipper ·

As een persoon se belaglike opinie die hele land se geskiedenis kan oorskryf dan moet jy weet hier kom n liberale gemors wat iemand n klomp geld gaan kos

Pìeter Olivier ·

Ohopoho. Die dame se optrede spreek van onbevoegdheid. Sy beklee n posise waar sy n voorbeeld moet stel dat persoonlike voorkeure nie bokant weldeurdagte besluite van die direksie gestel mag word nie. Kom by!

Leon ·

Seker ‘n ANC aanstelling. Totaal onbevoeg om in beheer van ‘n museum te wees. Het nie die vaagste benul wat ‘n museum is nie.

A Mac ·

Eish, hoe het dinge nie verander nie. Toe ek jare terug met my eerste werk by ‘n staatsinstelling instap sê die ou menere vir my dat ek my persoonlike siening en oortuigings by die deur moet los. By die werk tel die reëls en regulasies en wette van die werk, wat ek voel of dink het geen sê. Klink my vandag as jy nie hou van wat jy moet doen nie kan jy net kla en almal spring na jou pype. Nogal ‘n jammerte dat die uitstalling nie kan realiseer nie.

marous ·

Stal ‘n paar mielies uit , want dit is al waar mense dit ooit weer gaan sien . Sommer ‘n trekker ook want dit is binnekort geskiedenis .

Sandy ·

So ‘n besluit kan nie geneem word op een persoon se afkeur en misnoee nie. Ek hou nie van opgestopte diere nie, maar dit beteken nie ek gaan my misnoee toelaat om ander mense se voorkeure te beinvloed nie.

Flippie ·

Ai, foeitog! Wat sal nou gebeur as Snell nou ‘n afkeer in die Oranje Vrystaat kry? Of in die Tswana? Of in die Khoisan. Gaan sy sommer daardie stukkie geskiedenis ook uitsny. Van wat ek hier hoor is sy onbevoeg en hoort nie in ‘n museum nie. Soms moet jy met dinge deel om perspektief te stel.

Outoppie ·

Sy is seker in die geheim ‘n lid van ‘gunfree S A’.
Ek hoop Solidariteit en Afriforum hef hul stemme hieroor ! Die land se geskiedenis mag nie alewig herskryf word nie.

Kleintjie ·

Mense waarom baklei almal oor die deur wat sy nou geopen het. Indien sy dan nou iets wil laat verwyder wat sy afkeur en dit word gedoen kan ons almal seker ook vra dat iets ook verwyder word wat ons afkeur dan moet dit ook gedoen word.
Waarom vra ons nie maar vir die oorplasing van die wapens en uitstalkaste na die Voortrekkermonument toe as hulle dit nie meer daar wil hê nie want ek dink daar sal dit waardeer word deur baie meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.