Kind sterf ná watertenk by skool omval

water-kraan

(Foto: Pixabay)

ʼn Graad 6-leerder is Woensdagoggend dood toe ʼn watertenk in Middelburg, Mpumalanga, op haar omgeval het.

Bonakele Majuba, provinsiale LUR vir onderwys, het gesê die voorval het by Bankfontein Combined School plaasgevind.

Majuba het gesê hy is baie ontsteld oor die nuus en het reeds die departement opdrag gegee om die voorval te ondersoek. Hy sal die skool en die leerder se gesin Donderdagoggend besoek.

“My innige meegevoel aan die ouers en die familie en die Bankfontein-skoolgemeenskap oor die verlies van ʼn jong lewe. Mag sy in vrede rus.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Na ses en twintig jaar en miljarde wat weg is gebruik die skole nog water tenks. As stem dag kom dan moet julle asb weer vir julle korrupte ANC stem.

Monique ·

Ek wonder net wat die kind naby die watertenk gesoek het. Leer kinders dis nie ‘n speelplek nie!

Leon ·

Ek doen sulke installasies en glo my, as dit reg gedoen is sal dit nie gebeur nie.

Ontnugterde senior ·

Hoe is daai watertenk ge-installeer? Die regering het miljoene betaal om die tenks by die skole op te rig en dis hoe dit gedoen is. Daai ouers moet die regering uit hulle sokkies uit dagvaar al kan dit nie die arme kind terugbring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.