Kinders ál meer aan pornografie blootgestel

Foto ter illustrasie. (Foto: Gaelle Marcel/ Unsplash)

“Pornografie was nog altyd ʼn probleem onder kinders, maar dit kom voor asof kinders op ál jonger ouderdomme toegang tot pornografie op die internet verkry omdat daar nie altyd voldoende toesig is nie.”

Só sê Yolandi Singleton, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum in Pretoria-Noord. Sy ondervind ʼn reusetoename in blootstelling aan pornografie onder die kinders wat by dié sentrum vir terapeutiese dienste aanklop.

Die Ons Sentrum in Pretoria-Noord is ʼn eerste van sy soort en het sy deure amptelik in Januarie 2019 oopgemaak, om terapeutiese dienste aan kinders tussen twee en 17 jaar – van oor die hele Pretoria – te bied.

Met die skoolvakansie op hande, doen Singleton ʼn beroep op ouers om seker te maak dat kinders nie deur hul selfone toegang tot pornografie verkry nie. Sy beklemtoon dat ouers meer as ooit tevore moet let op kinders se onbeperkte toegang tot sosiale media, omdat kinders met tegnologie grootword en weet hoe om toegang tot pornografie te verkry. Hulle kyk dikwels onskuldig na kindervriendelike stories waarna daar pop-ups verskyn wat seksuele inhoud bevat, sê Singleton.

“Kinders word al op ʼn jong ouderdom toegelaat om apps soos TikTok en YouTube te gebruik en daar is baie min beperkings daarop. Animasiefilms dra ook by tot kinders se blootstelling aan pornografie aangesien die inhoud daarvan nie meer noodwendig onskuldig is nie. Dit het ongelukkig tot gevolg dat die samelewing se morele kompas verander en dat onvanpaste inhoud amper meer aanvaarbaar en genormaliseer word.”

Singleton verduidelik pornografie het ʼn negatiewe uitwerking op kinders aangesien hulle nie die intellektuele vermoë het om daarvan sin te maak nie.

“Kinders ontwikkel dan verwronge idees oor seksuele aksies wat hulle ongelukkig leer dat daar nie meer grense rondom hul liggame hoef te wees nie. Dit het ʼn uitwerking op hoe kinders romantiese verhoudings beskou, aangesien pornografie die idee skep dat twee mense net met hulle liggame ʼn verhouding kan hê. Dit gee hulle ook die idee dat enigiets rakende hulle liggame aanvaarbaar is. Hulle toets dan ook hierdie inhoud wat hulle gesien het op ander kinders om sin te maak van wat hulle gesien het. Dit is ongelukkig so dat ʼn kind wat deur ʼn ander geteiken is, dikwels dieselfde aksies weer met nog ʼn kind herhaal, en so versprei dit verder.”

Singleton sê voorts pornografie kan met seksuele misbruik gepaardgaan, wat tot gebroke individue, gesinne en gemeenskappe kan lei.

“Blootstelling aan pornografie is dikwels ʼn seksuele oortreder se poging om ʼn kind te begin desensitiseer teen die misbruik wat volg. Ons noem dit hofmakery. Die oortreder gebruik die pornografie as ʼn opleidingsmetode om vir die kind te wys presies wat van hom verwag gaan word tydens seksuele dade.”

Kinders benodig deesdae ook baie sterker rolmodelle om hierdie belangrike gesprekke met hulle te fasiliteer, meen Singleton.

“Hoewel kinders grootword met tegnologie en sosiale media en hulle baie meer daarvan weet as grootmense, is dit belangrik dat grootmense hulself vergewis van dit waaraan kinders op ʼn daaglikse grondslag blootgestel word.

“Ons moet die moeite doen om hulle een stappie voor te wees sodat hulle van die begin af leer hoe om sosiale media op ʼn verantwoordelike wyse te gebruik. Die beste tyd om ʼn probleem te probeer aanpak, is nog voor die probleem begin het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Phillip ·

Wel Hulle word dan op skool ryp gedruk so dan kan hulle mos begin kyk

Antie Sarie ·

Dit was mos die prys vir die nuwe Suid Afrika. Internationale sport en wettige pornografie. Ouers wat hul onder 18 jariges toelaat om op apps en platforms soos tik tok, facebook, twitter ens te gaan, veral sonder toesig, is nie die term “ouer” werd nie.

Johan Tredoux ·

Ek sou eerder sê onder 14s. Na dit verloor n ouer hul beheer en die tieners doen in elk geval wat hul wil buite sig. Die enigste ding wat n ouer kan doen is goeie voorbeeld stel en die kind groot maak met liefde en respek leer vir ander en hulself.

Johan Tredoux ·

“Al meer”? Lankal al. Ouers moet hul kinders maar grootmaak na die beste van hul vermoë. Meer kan mens nie doen nie want die wêreld word beheer deur n psigopaat.

Danny ·

Daar is oop ‘n ‘app’ – Family Link – wat van groot hulp is indien jou kind toegang het tot ‘n slimfoon/ toebehore met internet ens.

Wit Leeu ·

WORD JULLE NOU EERS WAKKER ? TE LAAT…………………………..

Schalk ·

Ongelukkig is daar ouers wat selfone vir kinders gee wat te jonk is.

Marthinus Johannes ·

Meeste ouers is na-ief, engine een wat n slimfoon of n rekenaar of enige technologie het, self’s n TV wat Google gesertifiseerd is het toegang na pornafrafie. Jy tik net sleutel woode in en siedaar, Al’s wat op die internet is. Daars ook Baie gratis sagteware wat gebruik kan word om dit af te laai. Tensy Google op daardie mediums op hoe sekeriteit gestel is en geblok is met n wagwoord ( as dit moontlik is op Google) is daar nie n manier om dit te keer nie. ALS HANG AF VAN OPVOEDING en die geselskap waar in hul verkeer.

JohanR ·

Dankie tog ek het groot geword met geen cell foon, geen komper, geen tv, geen telefoon in die huis. Ons het as ‘n familie in die aande saamgespan en speeletjies gespeel, carpet bowls. In die dag het ons kinders boom geklim, cowboys en crooks gespeel, albasters, in die bos gaan loop, in die rivier geswem ens.

Marthina79 ·

Ongelukkig word die meeste kommunikasie vanaf skole, onderwysers en afrigters deur whatsapp gedoen, so ongelukkig benodig kinders selfone. Ek het ‘n toep op my kinders se fone gelaai wat ek van my foon af beheer. Dit beheer hulle skermtyd, watter toeps hulle kan gebruik en vir hoe lank. Dis al manier om seker te maak hulle is nie besig met verkeerde dinge nie.

Swerwer ·

Wel dit moet beslis voor die deur van die huidige Regering gelê word. Aangesien die huidige Regering hul kulturele opvoeding in die skole/opvoeding afdwing is daar min hoop vir enige positiewe opvoeding.

Nico ·

Wat het geword van die belofte wat hulle af gelê met die doop van die baba, die ouers sal eendag verantwoording doen, baie vn die ouers het ook aandeel hieraan. Sulke ouers kan nie ouers genoem word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.