Klag oor h-woord teen Etzebeth dalk na hof

Eben Etzebeth.

Die Menseregtekommissie (MRK) berei voor om ʼn klag van haatspraak teen die Springbok Eben Etzebeth oor sy beweerde gebruik van die h-woord by die gelykheidshof in te dien.

Die klag hou verband met ʼn beweerde bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus einde verlede maand. ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou. Daar word beweer die woord “h*tn*tte” is gebruik. ʼn Video met kru taalgebruik is ook op sosiale media gedeel.

Chris Nissen, ʼn kommissaris van die MRK, het Maandag gesê die saak gaan waarskynlik na die MRK se nasionale kantoor oorgeplaas word, waar die regsondersteuningseenheid dit verder gaan hanteer.

Daar is verlede week op ʼn vergadering van kommissarisse ook besluit om die saak na die gelykheidshof te eskaleer. Volgens Nissen glo die MRK in mediasie – en is dít gewoonlik die eerste opsie in ʼn geskil.

“Die kommissarisse het egter gevoel die saak het so ʼn hoë profiel dat dit liefs in die hof uitgestryk moet word.”

Nissen het gesê dit is ook belangrik dat die persoon teen wie die haatspraakklag aanhangig gemaak word, die geleentheid moet kry om sy kant van die saak behoorlik te stel. “Ons moet kyk na al die kante van die saak en daarom is dit belangrik dat die hof ʼn beslissing maak.”

Hy het gesê die MRK ontvang heelwat klagtes oor die gebruik van die h-woord en dat die gebruik daarvan, soos die k-woord, stopgesit moet word.

Nissen het gesê die klag word nou voorberei en gaan hopelik binne die volgende paar dae al by die hof ingedien word.

Etzebeth het vroeër ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval. Hy het onder meer op sy Facebook-blad op die bewerings gereageer.

“Dit is heeltemal onwaar en ongegrond om te beweer dat ek iemand in Langebaan fisies of rassisties mishandel het, soos op sosiale media berig word. Verskeie getuies kan dit bevestig,” het Etzebeth gesê.

“Ek is en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees vir hierdie pragtige reënboognasie en die sport wat ek liefhet.”

Hy het ook met die kommissie vergader voordat hy saam met die Springbokspan na Japan vir die Wêreldbekertoernooi vertrek het.

ʼn Klag van aanranding is ná die voorval ook teen Etzebeth aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Riaan ·

Dis ‘n 3 ring sirkus. Die MRK het geen doel behalwe om erger skeiding te veroorsaak nie, Die hof moet nou na ‘n trawant en sy Klipdrif weergawe van ‘n storie luister terwyl ‘n sports ambassadeur van ons land wat sy bes probeer om vereniging te werkstellig se beeld geskend word. Of hy nou onskuldig gevind word wat gaan gebeur gaan hy altyd met daai ding op sy agterkop rond loop. Daar verloor SA nog ‘n puik speler te danke aan SA se uniekke manier van dinge vernietig. Ek moet se hul het daai tegniek ver volmaak.

Quintus ·

Ja ! En terwyl die MRK besig is moet hulle eers gou-gou malema se aanklagtes afhandel ! Dan kan ons die uitslag van hiedie twee sake vergelyk, of hoe ?

Boet Fasie ·

Aan die weskus en Kasp word daar ‘n vis gevang wat met dieselfde naam. is sy naam nou onwettig of gaan sy naam verander word – enige ander naam vir die vissie, wil net weet as ek nou sou vra vir die vissie of dit gesien gaan word as haatspraak.

Naomi ·

1. Of Eben is baie stupid, AS hy skuldig is, wat ek sterk betwyfel, OF
2. Die ander party kla net vir Eben aan en ignoreer die ander mense wat by was, want hier is geld (kompensasie) betrokke en die persoon het net vir Eben herken.

Nog ‘n geval van vernietig nog iemand se toekoms deur die raskaart te speel. En wanneer word hy teruggeroep van Japan af? Wanneer dit crucial vir die bokke is.

What a joke! ·

N blote heksejag..En van wanneer is die h-woord rassisme of haatspraak?? Klomp twak man..Ek al baie goed toegenou oor my blank vel so Haatspraak? Gaan die korrupte MRK die saak ok verder aanvoer in die hooggergshof as ek aan die ander kant van die kleurspektrum voorkom..??? Uiters pateties fyngevoelig siestog die arme wesens het so n minderwaardigsheids kompleks..

Amanda ·

Ek stem saam….dit lyk my al te veel of hul hom uit die wêreldbeker wou gehad het. Nou moet hy sy rugby speel met al die goed van die hof in sy agterkop!

Quintus ·

Ek is trots “Boer” behalwe as jy dit as ‘n kragwoord of vernederd na verwys !

Frank ·

Man, al word ek “sleg Boer” of wat ookal toegesnou, Boer bly vir my ‘n ere-titel waarop ek trots is. Nee wat, hy moet maar ietsie anders kry om my sleg te sê.

Pieter ·

MRK, wys jul is nie rasbehep nie, deur na al die partye se stories te luister. Jul is behep met blankes deur hul as die katalisators in alle sake te beskou.

Frikkie Geld en huis ·

Ek is trots om ‘n boer genoem te word, al boer oms nie meer nie, ‘n Boer maak die planne, verskaf die werk, trotseer droogtes, stop die bakhande vol, produseer ens ens ens ens. Te veel om op te noem. Noem my maar ‘n boer, dankie. Dan voel ek trots !!

Kaaskop ·

En ek met die K-woord! Kaaskop!! Het sommer lus en sleep al my onnies en skool maats hof toe wat my 50-60jaar gelede ‘n Kaaskop genoem het! Hiehie! Dan kan ek sommer lekker aftree en elke dag kaas vreet!

Jacques ·

En absoluut niks word gedoen omtrent J M se haat spraak nie en so ook nie die haatspraak van BLF nie. Dit wil sekerlik voorkom of daar rasisme hier teenwoordig is.

Quintus ·

Lyk vir my die MRK beskerm die meerderheid van die land ek kyk net of die minderheid om elke hoek en draai gedagvaar kan word !

Hendrik ·

Om ‘n rassis te wees, moet ‘n persoon homself verhewe ag bo ‘n ander. Dus kan seker mense en/of groepe nie rassiste wees nie, al probeer hulle hoe hard. Haatspraak is egter ‘n ander storie. Nou wonder ek maar net hoekom die grootste haatpraters nie aangespreek word nie. Is dit moontlik omdat daar nie sprake is, en/of kan wees, van rassisme in dié spesifieke gevalle nie?

Senet ·

Man ek neem glad nie aanstoot as hulle my die B woord toesnou nie. Ek is so trots om n boer te wees. Duidelik is nie almal ewe trots op hul herkoms nie.

Priscilla ·

Ons Engelse maats het ons “Dutchmen” genoem en Ons het hulle “Souties” genoem maar ons het nooit baklei daaroor nie. So what? Moet Ons nou begin huil daaroor??

Boet Fasie ·

Aan die weskus en Kasp word daar ‘n vis gevang wat met dieselfde naam. is sy naam nou onwettig of gaan sy naam verander word – enige ander naam vir die vissie, wil net weet as ek nou sou vra vir die vissie of dit gesien gaan word as haatspraak.

Bre Mercer ·

Al, wat is die W woord? Hierdie snaakse letter-woorde wat deesdae kop uitsteek maak my benoud. Dis n K woord (ek dog die K is veronderstel om KANKER te wees en nou is dit weer iets anders), n H woord, n B woord (wat ek eers gedink het dit staan vir BLANK toe moes ek uitvind dis eintlik BOER hahahaaaaaa). Wat is volgende… Die ander K woord vir Indier en so kan n mens nou maar net aangaan. Ek wens hulle wil EEN woord vir almal gee/noem sodat daar tog net vrede in ons verdomde land kan wees.

Roekeloos ·

Ek wonder of die stadions se borge gaan onttrek tensy hy uit die span gelaat word?
Ek wonder of DSTV gaan weier om enige inhoud uit te saai waarin die man gesien kan word?
Ek wonder of daar dubbel-standaarde is?

Quintus ·

@Roekeloos – Dit is ‘n goeie opmerking van jou !
Ons sal DSTV tot verantwoording moet roep, op die spot sit !
Dit sal nou hulle alies behoorlik laat sien !

Johan ·

Ek gee nie om wat jy my noem Nie.Vir my is dit n kompliment as jy n BOER noem,kragwoorde of te Nie.Solank jy my MA uit die gesprek hou gaan jy wegstap met jou oorspronklike bakkies.Gesig .

Debbie ·

Maar dan moet ek ook begin om te kla want ek word ‘n Magoa genoem!

JohanL ·

As die MRK glo in mediasie as ‘n eerste stap, as hulle hierdie saak gelykhiedshof toe vat agv die “profiel” vd persoon, dan viktimiseer die MRK mos? Die MRK (aka ARK) is ‘n klug. Wag nou nog vir uitspraak oor die skooljuffrou?

Boet Fasie ·

En die P en N woord wat so openlik gebruik word tydens skeltaal op straat. Die hele alfabet gaan verbied word as haatspraak en rassisties, hang net af wie die woord gebruik.

sweis ·

Die h woord bid jou aan tyd geword om sommer hierdie afrikaanse media te BOIKOT

marous ·

Verban sommer alle woorde in alle tale . Ons is so ver terug geplaas dat ons weer met gebare taal kan kommunikeer . Grotte en knuppels is ook nie vergesog nie …..

Loun ·

Ek boer, ek boer met skape…..ek is n vrou en n wit boer en trots daarop. Ek het werkers en hulle boer saam my en net so trots op wat ons doen.
Julle kan my maar n boer noem, my hart wil uit my bors spring van trots.

Ongelukkig. ·

Die f woord is uit voor ek die k woord of h woord kan se. Ag f daar se ek dit weer. Die g woord is nie n vis nie.

Only me ·

Vra ek ook…veral as vrou!!!Algemene woord op alle MANS se lippe!Wil net weet hoe kan hul so gemaklik daarmee wees???Ek sê sommer nou reguit vir alle MANS wat daai woord gebruik…JY HET GEEN RESPEK VIR JOU VROU, JOUSELF OF ENIGE VROU!!!

JohanR ·

My gooiste maar ‘n wit man of vrou kan darem gou in die hof verskyn! Amper asof alles versnel is. Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi van dis NPA, het al soe baie mense se lewens verwoes, maar hulle loop nog vry. BLF en EFF het al soe baie wit haat spraak in die openbaar uit geskreeu, maar hulle loop nog vry rond. Swart haat spraak vat twee jaar om by ‘n hof uit te kom. Wit haat spraak twee weke, en twee maande later is hy of sy in die tronk of moet R500000 betaal. Tyd dat almal die selfde behandel word.

Swanna ·

Agtogie hier gaan ons weer. Die “H” woord gaan ook nie verban word om te sê. Nou as een van hulle jou vloek en jou dit sê “F… You” “Your F….ing white trash” sal ek wil weet wat gaan die MRK omtrent dit doen en dit nadat jy hom uitgevang het dat hy verkkerd is in sy optrede. Want op die oomblik hardloop alles net aan die eenkant. Ek dink daardie persoon soek aandag en geld.

DeVill ·

Dat ‘n woord jou nou so seer kan maak dat jy nie uit die as kan opstaan nie. Dat jou lewe nou so totaal en al in sy maai is oor ‘n lelike woord wat iemand anders jou genoem het.
Dat jy nou die hele wêreld wakker geskree het met jou gemoan en klaagliedere oor ‘n woord wat iemand jou genoem het.
Dat alles nou net om jou moet draai want iemand anders het iets lelik vir jou gesê!

Liewe aarde wat ‘n grap!

Coco ·

Dit gaan nie oor die woord nie dit gaan oor transformasie iemand om sy plek te vat in die sport

Coco ·

Dit gaan nie soseer oor die h woord wat dalk gese is nie iemand soek sy plek in die springbokspan so daar uitspeel kan hy nie maar as hy uit is is daar weer plek vir transformasie

Aitsa! ·

Dis tyd vir die A woord. Holrug gery en n “scape goat” om menige misdaad te regverdig.

Ig ·

Ek het uit woorde uitgehardloop, gelukkig vir dit anders was ek nou in die moeilikheid

Swannie ·

Ek wou ook so graag kommentaar gelewer het, maar nou is daar so baie letters van die alfabet wat ek nie mag gebruik nie,dat my kommentaar geen sin sal maak nie.
so puzzle maar self uit: FANC&MRK

Stof ·

En iewers in die middel, sit ons basters. Ons het geen probleem met ons identiteit nie en is soort van dankbaar dat daar nog nie ‘n pleonastiese term vir ons uitgedink is nie. As jy dus wil veilig speel en weet jy sal nie daarvoor vervolg word nie, noem ons gerus Basters. Ons sal jou bedank dat jy ons erken vir wie en wat ons is.

Anoniem ·

Eers is dit die “k” woord nou is dit die “h” woord wat is volgende. Die mense is siek man. Hulle sien wit dan sien hul rassiste, maar vreet al te lekker uit die witman se potte.

ANC ·

Niemand eet uit die witman se potte nie, elkeen betaal daarvoor. Hou op maak asof die kos verniet aangebied word. En by the way, die artikel gaan oor Etzebeth, nie oor wit of enige iets anders nie. Wens MM kan n slag hierdie klomp ras aangedrewe kommentaar stopsit. Dis om van siek te word. Soms wens ek net dat God ons almal dieselfde kleur gemaak het. Dalk sou ons mekaar nie so gehaat het nie…

Buffel ·

Die ANC eet van die wit belastingbetaler se potte, maar bestuur ‘n haat kampanje teen al wat wit is. Asook betaal wittes in munisipaliteite vir dienste wat in swart buurte nie voor betaal word nie. Terwyl die korrupsie die hele land lamle.

Eben ·

Die hele afvere is belaglik. Ek hoor elke dag hoe donker gekleurde mense die meer ligter gekleurdes die h….. woord toesnou en andersom die k…… woord. Hoekom kom die mense iets oor nie?

Ek kan maar enige iets geniem word omdat ek nie met die tiepe mense saam eet of drink nie.

Hoe nou ·

Nou sit ek en wonner!!! Dis wereldbeker is aan. Daars nie geld om die rugby te wys nie. So min ondersteuning vir ons span. En om nog verder in sout in wonde te vryf die saak nou. MRK se tydsberekening is spot on. Ons arme Springbokspan. Hierdie idiote en hulle handlangers verwoes alles. Hulle sal seker maak niemand geniet enige iets meer nie. Skande vir Suid Afrika. Vir jong spelers gaan speel oorsee en maak geld.

SjN ·

Volgens wêreld militêre alfabet staan h vir hotel, was die insident nie juis by n Kaapse hotel nie?

James ·

Kan die MRK nie maar n handleiding van verbode woorde ens vir ons stuur nie. Dis die P K N H B W boek..

Koos de Meyer. ·

Eers die k nou die h wat ‘n siek storie. Hulle bemoei hulle met onbenullige snert.

Rudi ·

Wat van die ander “K” woord. Ons almal weet daar is kwotas in sport, maar dit mag ons ook nie te hard se nie, want dan is jy n rassis wat aan die verlede vas klou. Ek is so moeg vir al die politieke korrektheid. Hoekom kan ons nie se of dink wat ons wil nie. Almal is te fyn gevoelig of sit met n minder waardigheids kompleks

Rinkhals ·

Waarom kan jy nie se kwotas nie ? In besigheid noem hulle dit BBBEE, op die sportveld kwotas. Dis om 50 m te beskerm teen 5 m.

jaco ·

mense, word wakker asseblief. dit sal eintlik goed wees as SA se grondwet na die volgende toe verander word:
1. rassisme is net rassisme wanneer wittes lelik is met swartes. die strawwe daarvoor word ook duidelik in die grondwet uiteengesit.
2. wanneer swartes lelik is met wittes is dit nie rassisme nie, maar n vorm van kollektiewe “ewige straf” op wit mense vir apartheid.
(punte 1 en 2 is REEDS praktyk in SA. Maak dit finaal wet dan sal dinge ook beter gaan)
3. wit grond in 8 van die 9 provinsies (nie die Wes-Kaap nie) word onteien.
4. wit mense word gedwonge na die Wes-Kaap verskuif. Daar kry hulle n tipe tuisland met plaaslike selfregering, soos wat in die ou SA met swart volke gemaak is. buitelandse belegging word wel daar toegelaat. uiteindelik lyk die wes-kaap soos Hong Kong en Macao, selfregerende gebiede in China (groot vriend van die ANC)

My voorstelle lyk dalk absurd, maar dink mooi daaroor: hierdie mate van onderdrukking soos vervat in n nuwe grondwet en ander wette, sal finaal daartoe lei dat ons dan finaal weet waar wit en swart in SA teenoor mekaar staan (ons sal finaal ons”ons plek ken”) en met selfregering in n tuisland wat buitelandse belegging toelaat, sal ons hoogs waarskynlik redelik vinnig welvarend wees.

Pitbul ·

Een van die dae mag ons net A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y en nie Z sê nie…

Wonder ·

Iewers in die ANC is iets weer aan die broei dis hoekom ons aandag nou weer afgetrek word met Eben en die ou vlag storie. Daar is nou so baie verbode woorde dat ek niks verstaan as hulle se dis H -P- K ens nie. Die mense gaan in elk geval n ander naam uitdink

HPV ·

As die manne met dieselfde ywer rugby speel as wat hulle bolle rol kan hulle maklik die wêreldbeker wen.

Pieter ·

JA en EFF BLF ANC kan maar vd wittes se wat hulle wil en kom niks oor nie.PATETIES

Michael P ·

Boet Fasie hoe lekker lag ek nou vir jou kommentaar. Hulle gaan hom seker nou die Kaapse Kabeljou noem.

Haatspraak? ·

Hoe kom die lot op haarspraak uit? As hy wel die H woord gebruik moet hul dit kan bewys en nie net van hy se sy se nie!..Maar duidelik gaan dit oor die jag van n blanke sonder feit of bewys vir die MRK!Nogmaals vra ek haatspraak? Miskien n belediging maar nie haatspraak! Haatspraak is Malema wat se alle blankes moet keel afgesny word maar nog nie ..Haatspraak is Malema se die enigste goeie blanke is n dooie een! Haatspraak is Andille wat se gebruik die blankes en hul kinders vir kompos.Haatspraak is Maasdorp wat se dit is goed blankes kinders is dood onder daai beton blok..Haatpraak is Ace wat se blankes moet aangeval word en nie net immgrante in Suid Afrika! Dubbel standaarde MRK…. Die lot maak dat ek nie eens meer met hul wil praat nie want anders word my woorde omgedraai as blanke en ek gejag deur die MRK sirkus…Belaglik verby die lot..

JR ·

En wat van die kleinhuisie ek wil dit nie eers meer gebruik nie bang hulle kla my aan

Dries Moolman ·

As die enigste bewyse van hierdie ‘voorval’, wat nou tot hofsake gaan lei, die niksseggende ‘viral-video’ en die klaer se woord teen Eben en sy groep vriende is, dan sal die MRK blatante uitlatings deur sekere politieke figure op sosiale media, en in die media, baie ernstiger moet begin opneem. Duidelik is party meer guilty before proven innocent as ander.

Dr Phil ·

Nog nooit in die geskiedenis was daar so ‘n groot meerderheid wat so ongelooflik bang was vir’ n klein minderheid…
Enigste land ter wereld waar die meerderheid teen die minderheid beskerm moet word deur kommissies, BEE en regstellende aksie!

Joke! ·

Nie bang maar n ope seisoen blanke jag…Siestog hul kry hulself so jammer…

Michael P ·

Luister na die video nerens hoor jy vir Eben maar al wat jy hoor is die vuil tale van daai weskus mannetjie

Joe ·

Ag ou Chris Nissen kan nie wag om vir Eben voor stok te kry nie maar doen absoluut boggerol oor JM en ander wat haatspraak aanwakker. Miskien moet ky jou kommesaris vra hoekom almal nie onder dieselfde kam geskeer word nie.

Johanna Botha ·

ASB die hele ding raak belaglik …mense het sulke groot tone ! Word groot !

At ·

MRK val oor hul voete…solank hul net ‘n blanke kan stenig.

Scalla ·

swart drie been pot is nou glo n cast iron pot, gaan c ook deurloop onder die taalkundiges.

Stel ·

Ek gee nie om wie my wat noem nie ek het nie ‘n minderwaardigheids kompleks nie. Trots op myself en het baie selfrespek.

Swartwolf ·

Jy is reg. Al die haat teenoor wittes gebore uit minderwaardigheid.

Waarheid ·

Die fool wat hom verkla is seker n all black ondersteuner

PJC ·

Die MRK en die gelykshof is in my oĕ niks anders as ń spul rassisistiese narre nie.

Mike ·

As Etzebeth nie laataand uitgehang het in ‘n plek waar drank vloei nie, sou daar geen probleme gewees het nie.

ToeLiberalis ·

Liberalis sal altyd iets anders soek om te blameer as dit wat reg voor hulle is…

AH ·

Ag kom nou @Mike! Moet Etzebeth nou ‘n kluisenaar word sodat ander nie kan probeer voordeel trek uit hom nie? Dit is presies wat gebeur het! ‘n “Nobody” het ‘n klag gelê omdat hy so graag in die “limelight” wil wees. Die ooggetuies praat van iets heeltemal anders as wat die klaer beweer. Die “Nobody” was dronk en sterk en wou toe vir sy pelle wys hoe hy ‘n groot man soos Etzebeth kan aanvat…..Toe faal hy en nou maak hy stories op om beter te lyk…..Ek stem saam met @Haatspraak oor wat haatspraak regtig is. Die mense wat so kleinserig is oor die kleur wat hulle in die spiëel sien is belaglik. Jou kleur het niks te doen met die tipe mens wat jy verkies om te wees nie!

Joe ·

Noem my wat jy wil, dit loop soos water van ‘n eend se rug…ek weet dan net wat se tipe mens jy is. Die dronk spul en mens kan duidelik op video hoor hulle is nie baie slim nie
word nou geglo…klomp dronkies almal moet ons nou in die nuus van lees …DIS nou ons nuus …???

Gemaskerde Sopbeen ·

Soos die bokke nou speel hou Etzebeth seker duim vas dat hulle hom terug roep voor die wiele finaal afval!!!???

Hekkie M ·

Almal hardloop met mekaar hof toe oor alles.Die K -woord, H -woord en Kill the B- woord.Só die man voel Eben het hom neerhalend aangespreek met die H -woord.Dit is ñ enkel persoon uit n sekere rasgroep wat gegrief voel en nie almal nie ,nie almal is nie so fyngevoelig nie. Die woorde gaan gebruik tot apies horings kry .Die probleem is dat Bruin en Swart die woorde teenoor mekaar gebruik en daaroor lag,sodra wittes dit doen is dit hof of tronksake.Dit is een van daai dinge ….Die Afrikaner MOET besef dat hulle altyd geteiken gaan word.ALTYD!!!

Lionel ·

Ek het al die kommentaar gelees en die meeste kommentators het geen probleem daarmee dat neerhalende begrippe/skeldwoorde gebruik word om na bruin- en swartmense te verwys nie. Wat `n skande! Suid – Afrikaners, laat ons mekaar met respek behandel en raak vir eens en vir altyd ontslae van die skeldname wat ons vir mekaar gebruik.

cathy ·

O jitte een van die dae mag ons nie eers meer swart aantrek op ‘n begrafnis nie…

BELAGLIK ·

Altyd net snaaks want ander mense mag ons “whities” en ander name noem dan is dit nie rasisties. So hulle mag ons noem net wat hulle wil en ins mag niks se nie. En altyd die P woord gebruik. Erens kan ons nie altyd verkeerd wees nie. Toataal en al veregaande.

Pietsnot ·

Dalk is die video op n ander dag op n ander plek gemaak. Dit was so donker, niemand is herkenbaar nie. Dalk het die ouens hulle self die h-woord toegesnou. Drank doen blykbaar vreemde goed

Oom Koos ·

Hel maar ons het ‘n klomp hipersensitiewe siele in die ou geknelde landjie. Een van die dae sal ons seker nie meer ‘n Gatiep en Meraai grappie kan maak nie dan is dit tronksake!!

Dis Nou ·

Wens alle dienslewering was met dieselfde spoed, as waarmee wit velle voor die hof gedaag word oor die verkeerde letter vd alfabet

St lionel..Joke! ·

Jy gryp na grashalms ou maat..Die term Hottentot/ khoikhoi/San /khoisan die woord is dieselfde as Afrikaner of Zulu..As dit dan rassisties is hoekom kry jy dan n hottentot vy ens.Die lot wil vinnig geld maak uit hoorse ok nogal…Dit verwys na n ras en nie haatspraak…Nog n ding praat van respek waar is die respek wanneer Malema se die blankes moet vermoor word en dieselfde MRK wat nou met geen bewys net hoorse vir Eben wil laat vervolg doen weinig min om Malema vas te vat vir egte suiwer haatspraak????Beteken dit nou as n engelsman Suid Afrikaner my n dumb dutchman of n Japie Afrikaner noem dit is haatspraak..Hissie man lyk my ek gaan ok nou vinnig n paar honderd duisend rande maak..Waar lionel waar se vir my le daai regverdige wedersydse respek??..Jy wil he een kant moet maar net heeltyd die ander wang draai..Miskien le daai respek waarvan jy praat onder n klip waar Andile of maasdorp of Ace bly ..

Christa ·

Mense is so behep oor aandag. Hulle Sal alles doen Om bietjie aandag op hulle te vestig. So kleinlikheid is erger as die klagte.

Sarel ·

Maar die h woord is moes nie ‘n verklaarde haatwoord nie. F. Ons alfabet gaan dit verkort word? Wat duidelik is….. die komissarisse het besluit dis te hoë profiel saak. Maw ons lae profiel ouens word onder ander reels gesien. Dis lankal die geval met bv sekere moorde is “ok”, ander is weer ‘n groot “hive”…..
Dubbel standarde!

Emma ·

Dit is net andersom soos ek dit verstaan, lionel ek stem respekteer mekaar maar as drank praat ken hulle nie perke nie. En ek stem as iemand my beledig sal ek ook nie terugstaan nie, want ek ga nie toelaat dat iemand in my karakter wil inklim nie.

AndrewL ·

In die land van woorde moet hy nou seker jammer sê en R200, 000 betaal omdat hy wit is. Geld is ook al wat hulle gelukkig maak.

Johan van Zyl ·

Eers die K woord, nou die H woord. Wat van die B woord, vir boer of die A woord vir apartheid. Een van die dae moet ons vindertaal praat, sonder die middelvinger.

Koos Bronkhorst ·

Ons moet n fonds stig om mense te beskerm teen aanklagte van rassisme. n Vriend moes al meer as 5 keer in hof verskyn en R36 000 spandeer om nie in tronk te oornag nie, terwyl die k-woord saak teen hom uitgestel word. Hy het getuienis dat hy nie die K- woord gebruik het by n ongeluks toneel. Die swartes se aantyging word deur polisie geglo, maar vriend se getuienis oor onskuld word verwerp.

Mathys ·

Suid-Afrika, waar die taal polisie die enigste polisiëring is en alle ander misdrywe ongesiens voortgaan, omdat die politikusse dit reggekry het om ‘n hele nasie daarvan te oortuig dat niemand in moeilikke omstandighede kan geld verdien nie.
Nou is die omstandighede al so bang om teenwoordig te wees dat die regering moes wette skep om dit aan ‘n identifiseerbare groep van die bevolking vas te kleef soos gom, terwyl hy dieselfde geloof gebruik om ander misdrywe, net as materieël omskrewe misdrywe te bestempel, sodat ‘n mens, met waardigheid, nie gestraf word vir ‘n oortreding nie, maar inderdaad sodat die daad gestraf word. Voorts delegeer hy dan die bevoegdheid om effektief en spoedig ‘geregtigheid’ te laat seëvier wanneer daar geregverdig moet word hoedat sekere oortredings nie van sekere groepe mense losgemaak kan word nie, ‘n bevoegdheid wat eenvoudig nie aan die institusie, wat gewone misdrywe ondersoek (SAPD), gedelegeer is nie. So jy’t ‘n gelykheidshof asook ‘n menseregte kommisie wat die teikens van staatsvyhande spoedig hanteer en mense se toekoms konfiskeer en dan het jy die polisie wat ons moet vertrou om alles wat ons in die koerante lees te ondersoek en begeregtig.
As Suid-Afrika ‘n man was, sou hy een narsissistiese, A persoonlikheid, bombastiese, vroueslaner en kinderverkragter gewees het waarvoor almal bang was, soos die besetene van Gadara?

Berusnognie ·

Soos dit nou lyk gaan daar boggerol van die alfabet oorbly

Attie. ·

Ek is geweldig trots daarop dat my oudste voosaat getrou het met ‘n verre afstammeling van ‘n Hottentot. Indien enigeen vir my ‘n Hottentot wil noem is hy welkom, ek sal dit geniet My oudste voorouer was ‘n Duitser wat in 1710 in SA aangekom het. So dit maak van my ‘n Duitse Hottentot wat verafrikaans het…hoes daai.

LANA ·

Attie, ek kan jou aanvaar net soos wat jy is, omdat jy jouself aanvaar.
Probleem wat ons egter het, is die feit dat seker gedeelte van die samelewing nie hulleself aanvaar nie. Hoe verwag hulle moet ons hulle aanvaar?

Chivago ·

Ai jinne tog….kleinserig en pieperig. Genugtig, dis die H woord, die K woord, nie N woord ens, ens. Ag nee wat, kry rugraat en bietjie murg in die pype man!

Attie. ·

Alle Blankes wat voor 1750 in SA aangekom het, se nasate het gekleurde bloed. Ek het, al weet niemand daarvan nie. Baie skatryk en vooraanstaande families het slawebloed in hul are al is dit net .1 % en enigeen wat daarteen stry maak van homself ‘n gek. Baie ministers het gekleurde bloed gehad, in die ou dae en vandag nog. Ek is ‘n verregse Hottentot afstammeling en enigeen kan my noem net wat hy wil.

Latham ·

Ek sal hom met graagte verdedig in beide die MRK en Hof. Die klagtes is duidelik absurd en die video spreek boekdele

GROVÉ ·

As daar nou in die toekoms so ‘n hekse jag gaan plaas vind, vra ek die sogenaamde bewaarders op die mure van Sion waarom die gebruik van die woorde UMLUNGU EN ABELUNGU toegelaat word om gebruik te word om na blankes te verwys. Die wat nie weet wat dit beteken nie en dit as ‘n PRAISE WORDS aanvaar word bloot omdat hulle dit reg kry om ons onkundiges te oortuig dat dit so is, gaan slaan jou Zulu woordebook na en en dink daar oor na veral in die tye. Ek dink baie sal nog al verbaas wees en vind dat hulle nie is wat hulle gedink hulle is nie

Adam ·

Tragies dat ons howe se tyd gemors word met die gevolge van ‘n gesuip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.