Dié kliniek is die breinkind van ‘n groep medici van Pretoria, wat beoog om vir behoeftige Afrikaanssprekende-inwoners van die omgewing, gratis en kwaliteit mediese behandeling te gee, berig GROOTfm 90.5.
Die groep dokters, in samewerking met die Atterbury Trust, het die kliniek se deure vanoggend amptelik vir hul eerste pasiënte geopen. Een van die dermatoloë by die kliniek, dr. Marc Roscher, het aan GROOTfm 90.5 gesê hulle is ingerig om pasiënte met ‘n verskeidenheid gesondheidskwale te behandel:
Die waarwording van die kliniek is een van GROOTfm 90.5 se Hoopstoot-projekte, met luisteraars wat ook bygedra het tot die infrastruktuur van die kliniek.
Die kliniek se leuse is uitnemende sorg met waardigheid. Die kliniek is egter nie ‘n instapfasiliteit nie. Die dokters betrokke stel almal hulle dienste gratis beskikbaar en daarom moet afsprake geskeduleer word volgens dokters se beskikbaarheid.
Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.
Mensig, dis wonderlik om dit te lees !
Aan die dokters – mag julle loon groot wees. Spesifiek wat die medici aanbetref, mens vind dat dit nie meer gaan oor die liefde van die saak vir die mens nie, maar eerder oor finansiële gewin (ja, ek weet die dokters het lank studeer) – en hier bewys hulle, daar is nog MENSE MET DEERNIS VIR ANDER in behoeftige omstandighede.
Wat n wonder werk Gee bank besonderhede en ons dra by Die Here seen daai dokters ons het dit so nodig
Dit is die beste nuus n n lang tyd. Baie dankie. Kan ek net die adres kry asb.
Graag wil ons baie dankie se dat dasr mense soos julle is. Mag ons almal hieruit leer en saam staan.
Ons het mekaar nou meer as ooit nodig om voort te bou.
Baie, baie dankie
Baie dankie vir hierdie onselfsugtige diens. Die Afrikaners veral die senior burgers kry dit moeilik
om te oorleef op ‘n karige pensioen. So baie dankie vir die Liefdesdiens aan ons
Fantasties! Ek sal bitter graag die kliniek wil besoek, ek is bereid om diensfooie te betaal soos by staatshospitale!
Hi daar kan ek jul adres en nommer kry asb.baie dankie.xxx