Klante, werkers in Ackermans aangehou

(Foto: Rusa/Facebook)

Klante en werkers is Sondag in ʼn Ackermans in KwaZulu-Natal deur gewapende rowers aangehou.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê drie verdagtes het op die Ackermans in Verulam toegeslaan en selfone en kontant gebuit.

“Die rowers het die winkel betree en die personeel en klante, insluitend kinders, aangehou. Die slagoffers is in ʼn stoorkamer in gedwing.”

Een van die rowers het ʼn vroulike werknemer vir haar maatskappybaadjie gevra, hy het dit aangetrek en daarmee die winkel verlaat.

“Die gesteelde goedere is in ʼn sjampanjekleurige Toyota Corolla gelaai met nommerplaat NJ81824. Rusa is omstreeks 10:45 na die toneel ontbied.”

Beamptes het ʼn omvattende soektog van stapel gestuur na die verdagtes, maar alle pogings was tevergeefs. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Geen beserings is aangemeld nie.

(Foto: Rusa/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Natal neem nou oor by Gauteng as “Gangsters Paradise”.

Harley Davidson ·

Hulle weet nie eers wat ‘n omvattende soektog behels nie en die kriminele weet dit en dit is die rede hoekom die kriminele so arrogant word.

Tanniepetoors ·

Hoekom word inligting soos dat die een rower met ‘n baadjie van ‘n werknemer die persele verlaat het, bekend gemaak? Dit is sensitiewe inligting wat aanleiding gee tot sukses van ander rooftogte. Die media is soms onverskillig met inligting.

Kobus ·

Een van die daie gaan winkels slegs een klant op ‘n slag toelaat. Waar was die sekuriteit?

Swerwer ·

Genade maar dit gaan darem net te lekker met hierdie gemors! Word gevang, kry parool en dan gaan ons voort want hul is slinks en ken seker die SAP lede by hul name.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.