Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man in Bela-Bela in vloedwater meegesleur is terwyl hulle geswem het, word steeds vermis.
“Sy word steeds vermis,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.
Elizabeth (69) en haar man, Eric Sparrow (74) was in die onderdakswembad van die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord toe die vloedwater hulle meegesleur het.
Dr. Wim de Wet, oordbestuurder, het Sondag aan Maroela Media gesê reddingswerkers het Eric se liggaam Saterdag omstreeks 11:00 gevind.
Die soektog na Elizabeth duur voort. -SAPA
Lees ook:
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba.