ʼn Polisiekonstabel en nog ʼn man is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn verdagte aangerand het en hy nou in ʼn koma is.
Lees meerAlles vir Maandag 10 Maart 2014
Psigiatriese evaluering vir man wat glo vrou, kinders moor
Die man van Durban wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele Hindoe-voorwerp doodgeslaan het, het Maandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.
‘Verkragter’ stoei met polisie in hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy twee jong meisies verkrag het, het Maandag tydens sy hofverskyning in die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga met polisielede handgemeen geraak.
Video: Geweerskote vs. krieketkolf – Oscar-saak
ʼn Gebruiker het ʼn video op Youtube gelaai waar die geluid van geweerskote vergelyk word met die geluid van ʼn krieketkolf wat teen ʼn deur geslaan word.
Oscar huil, maak braakgeluide tydens getuienis
Reeva Steenkamp het waarskynlik net ʼn laaste paar asemteue geneem nadat haar kêrel, Oscar Pistorius, haar in die kop geskiet het, het die hooggeregshof in Pretoria vandag gehoor.
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Die ondersoek na drie koshuise se huiskomitees oor hul beweerde betrokkenheid by onbehoorlike praktyke op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is afgehandel.
Polisiebrutaliteit-video: Borgtog toegestaan
Twee polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn naakte man aangerand het, se aansoek om borgtog is Maandag in die Kaapstadse landdroshof toegestaan.
Boek: Môre is Maandag
Hoekom kan jy nie vandag oorbegin en lief wees vir unieke jy wat jy is nie?
Noodlanding ná voëls vliegtuig tref
ʼn Boeing 747 van Cathay Pacific Airways onderweg na Hong Kong moes Sondag ʼn noodlanding by OR Tambo Internasionale Lughawe maak nadat voëls op die vliegtuig toegesak het.
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Elizabeth Sparrow, ʼn bejaarde vrou wat saam met haar man in Bela-Bela in vloedwater meegesleur is terwyl hulle geswem het, word steeds vermis.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Grafiese getuienis nie uitgesaai
Die regter in Oscar Pistorius se moordverhoor het Maandag beslis dat die regstreekse uitsending van hofverrigtinge afgesny moet word terwyl ʼn patoloog grafiese getuienis oor Reeva Steenkamp se beserings lewer.
Boek: Kragtige gebede- Hoe om die woord te bid
In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit.
City to City-busse aan die brand gesteek
Drie busse is Sondag in Butterworth in die Oos-Kaap aan die brand gesteek.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Forensiese bewyse dalk nie uitgesaai
Die staat het Maandag ʼn spesiale aansoek ingedien dat grafiese forensiese bewyse van Reeva Steenkamp se beserings nie tydens Oscar Pistorius se verhoor in die Pretoriase hooggeregshof uitgesaai moet word nie.
Nuuskommentaar: Renate Barnard en internasionale vrouedag
Saterdag is internasionaal vrouedag gevier. Suid-Afrika het meegedoen, hoewel verskeie sake in Suid-Afrika die land se verbintenis tot vroueregte erg bedenklik laat lyk. Wetgewing wat vroue in tradisionele gebiede van sulke basiese regte soos verskyningsbevoegdheid stroop vorder deur die parlement, en een groot saak hang soos ‘n klagstaat oor die regering – Renate Barnard.
Derde persoon sterf ná bendeskietery
ʼn Derde persoon is Sondag dood ná ʼn bendeskietvoorval in Mitchells Plain in Kaapstad.
Maroela Media Top 20 10 Maart 2014
Ek moes jou gesoen het- Leah Pad na jou hart- Joe Foster Sal oorlog vir jou maak- Adam Ek sal- Juanita du Plessis en Theuns…
Video’s: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
‘n Video van die vloedwater wat Vrydag deur die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord gevloei het, is op Facebook gepubliseer.
JHB-vrou voor dogtertjies vermoor
Annemarie van Zyl, die eienaar van ʼn winkel in Kempton Park, is Saterdagoggend voor haar twee dogters vermoor.
Cope-leier bevraagteken Malema se inkomste
Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Julius Malema oor die naweek verdedig en gesê sy bron van inkomste moet bekend gemaak word, het The Star Maandag berig.