Kleinhoewe-aanval: Bejaardes se name bekend

Shere, oos van Pretoria, waar die Lemmer-egpaar aangeval is. Foto: Google Earth

Shere, oos van Pretoria, waar die Lemmer-egpaar aangeval is. Foto: Google Earth

Die polisie het die name bekend gemaak van die 81-jarige vrou wat dood is en haar 84-jarige man wat in ʼn kritieke toestand in die hospitaal is nadat hul op hul kleinhoewe in die ooste van Pretoria aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig dat die bejaarde egpaar Vrydag in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe in Shere oorval is. Jemima Lemmer is met ‘n strykyster in haar gesig gebrand en deur vier mans aangerand.

“Sy is op die toneel dood,” het kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die verdagtes het Lemmer se man, Richard, met ‘n hamer aangeval. “Hy is in die gesig geslaan met die hamer en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.”

Van der Merwe sê die Lemmers is vasgebind. Richard kon egter daarin slaag om homself los te wikkel en hulp te gaan kry by die egpaar se seun, wat sowat 300m van hulle af woon. Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied.

Die verdagtes het met twee selfone en ‘n aktetas gevlug. Die verdagtes het glo geld gesoek maar die gepaar het nie geld in hulle huis gehad nie.

Van der Merwe sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ria Maritz ·

Wat anders kan mens die moordenaars noem as ADDERS. Dan is daar mense wat hul monde uitspoel as ek na hulle verwys as barbare.

My hart gaan uit na hierdie mense, die pyn wat die bejaarde tannie moes deurmaak, ek kan dit nie eers naastenby voel nie – dink maar net daaroor en hoop haar lyding was nie lank nie. Eintlik het ek geen gepaste woorde nie.

MY HART BLOEI VIR ONS VOLK wat so ongenadiglik gemartel en uitgemoor word.

Ria Maritz ·

Dit is so, maar ons is nie so opgevoed nie.

MAROELA, hoekom word my vorige kommentaar gemodereer ?

Kosie ·

Omdat Maroela Media deur jou begin sien Maritzie. Jy kan maar sê soos ‘n klad op Maroela se goeie naam.
Nico, dankie vir die berig. Dit is van uitstaande gehalte.

NS. Gaan jy gou op Gras se skouer huil?

Grassie ·

MAROELA – Koos se kommentaar op hierdie berig, sowel as op gister se berig oor dieselfde voorval, is persoonlik, beledigend en totaal onvanpas. Hy is al ‘n geruime tyd besig om Ria op beledigende wyse aan te val wanneer sy kommentare plaas. Dit kom neer op teistering, of “stalking” soos die Engelse sê. Dit is nie die optrede van ‘n opgevoede mens nie. Dit pla my nie dat hy my beledig nie maar ‘n mens doen dit nie met ‘n dame nie. Ek hoop julle sal aandag gee aan hierdie probleem en paslik optree.

Ria Maritz ·

GRASSIE, baie dankie vir jou skrywe aan Maroela, waardeer.

Jy weet natuurlik dat hierdie persoon se naam NIE Kosie is nie – en dat hy daarop uit is om my te beledig.

Hy lewer nooit kommentaar op die inhoud van die berig nie, maar, soos jyself al opgemerk het, is afvlerk-voeltjies sy teiken.

chatterton ·

Die SAPD behoort ‘n span gewapende polisiemanne te stuur om die hele bewaringsgebied agter Shere na te gaan vir diewe en rowers wat daar kon plak en nou skuil. Hulle gaan beslis iets daar vind. Die rowers hou dinge dop vanaf die kop agter Shere. Ons het al dikwels gevra dat hulle dit doen.

Henriëtte ·

My hart huil vir die mense in SA wat so kwesbaar is, ek kan net bid dat die Liewe Vader moet ingryp en die geweld moet stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.