Kleinhoewe-aanval: Vrou langs haar man doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Vrou (61) is in die vroeë oggendure van Sondag langs haar man doodgeskiet tydens ’n aanval op hul kleinhoewe in Buffelsdrift Bavaria in die breër Kameeldrift-Oos-omgewing in Gauteng.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê twee verdagtes het na bewering die veiligheidshek van die huis oopforseer en die huis op so ’n manier binnegekom.

“Hulle het die egpaar, hul dogter en kleindogter vasgebind. Die vrou is toe in haar bors geskiet en later op die toneel dood verklaar,” het Masondo gesê.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die voorval bevestig. “Die aanvallers het gevlug met selfone en die egpaar se Isuzu-bakkie.”

Volgens Müller moes die man, wat betrokke is by die plaaslike brandvereniging, sowat ʼn uur spook om homself los te wikkel langs sy vrou se liggaam om hulp te ontbied.

Müller het verder bevestig dat die dogter en kleindogter in die huis was, maar dat hulle ongedeerd is. AfriForum reël dat die misdaadtoneel skoongemaak sal word.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die misdaadstoplyn by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Sieg ·

Innige meegevoel vir die familie, skande anc en dan lieg julle vir ons daar is geen probleme met plaas moorde nie.

Paul ·

Is daar dan niemand wat iets kan doen aan die situasie in Kameeldrift nie. As ‘n mens maar lees van ‘n voorval, is dit in Kameeldrift. Ek bly baie vêr daarvandaan maar dit is opvallend hoeveel voorvalle daar plaasvind.

Calamarie ·

Stem saam, ek lees nou te veel van Kameeldrift. Soos n warzone daar.

Kotie ·

Dit was nie in kameeldrift nie. Dit was in die Bufelsdrift bewaar area gewees. Buffelsdrift is n afdraai uit die Moloto pad.

Koos de Meyer. ·

Ons leef in ‘n barbaarse land. Die regering doen ook niks om dit te stop nie.

Hannes ·

Rerig gedink mens kan jou op die regering beroep…? Naief om so te dink…!Ook die stelling van “bring terug die doodstraf”….Die mees uitgediende ou sinnetjie!Nee,elkeen moet sy weerbaarheid verskerp,besef jy kan jouself op niemand beroep.Jy moet jouself bewapen en/of bele in behoorlike sekuriteit.

Erick ·

Vir selfone? En die bakkie of voertuig word altyd ‘n ent verder verlate opgespoor. Ons is in ‘n stryd om oorlewing gedompel en meeste blankes weier steeds om dit te aanvaar. Naïef!

Wonder net ·

Nie naief nie, wat moet ons dien? Almal kan nie net oppak en oor see gaan nie. Hoekom moet ons, ons land verlaat en die gemors laat wen?

Erick ·

Lyk dit vir jou of ons mense die nodige murg in die pype het om die situasie te aanvaar waarin ons is en dan voor te berei vir wat oppad is? Kyk hoe lyk ons kerke, die gemoed van ons jong mense, die meeste van ons se bankrekeninge… Naief want baie dink hierdie land Kan gered word deur Saam te werk en positief te wees en sulke snert. Hulle wil ons heeltemal plat vee en meeste mense wil nie hieroor praat nie en gaan net aan met n “Die Here sal voorsien”. Die wat agterbly Moet maar in die Klein dorpies gaan skuil want strategies en geestelik lyk dinge beroerd.

Cherokee ·

Jy Erick, is die naïewe een. Jy vertel ‘n onwaarheid wanneer jy praat van mense wat die ‘nie aanvaar nie’. Weet nie wat jy met nie aanvaar bedoel want natuurlik is dit onaanvaarbaar. Kry jou feite agtermekaar.

Die Stem ·

Nee!!! Dit sal moet stop!
CR moet van die Chinese geld aan wend om die polisie en regstelsel in orde te kry.
Baie sterkte aan die arme mense wat slagoffers is van ons wettelose land waar min mense die gevolg van hul dade moet dra.

Max ·

Die Polisie het reeds teveel geld. Integriteit is n terminale tekort in die polisie.

Nita ·

Ai, hoe verskriklik. Die keer kan ons nie eers se: gelukkig is niemand dood of beseer nie.

Oujongvrou ·

En nie een politieke party se iets in hulle verkiesingmanifes oor die misdadige land nie. Behalwe die DA waar ek darem vanmore sien Maimane se die kriminele in die land gaan hulle beveg. Nouja dan stem ek maar voortaan vir hulle.

Tiger ·

Oujongvrou,u is erg oningelig.Al gehoor van die VF+?Die ENIGSTE party VIR blankes?Stem DA en stem vir u kinders en kleinkinders se ondergang.

Joe ·

Ons diep meegevoel met hierdie gesin wat ook nou nou deel is van die statistiek. Skokkend om verder te lees dat daar mense is wat die nonsens glo dat plaasaanvalle en moorde nie meer n ” “probleem” is nie. Word daar wragtig geglo die anc het die “probleem” opgelos?

Ou Kibboets Bosvark ·

Ons kan gerus leer uit die ervarings van die Israeli’s: Kibboetse – “Go-No go areas”. Terrorisme floreer in bebosde omgewings en waar die plaaslike bevolking hul goedgesind is. Geld ook vir kriminele. Hulle figureer veral in die nag om die verrassingselement-voordeel te benut. Hulle val ook aan in groepe van ongeveer 4 wat saam in ‘n voertuig pas vir vinnig wegkom. Alleen is hulle bra ruggraadloos. In groepe is hulle waaghalsiger.

leser ·

“Only when the last tree has died and the last river has been poisoned
and the last fish been caught will we realize we cannot eat money”
Indian Tribal Chief -1645

Siek en sat ·

Dit lyk nie of die
SA Regering iets omtrent hierdie aanvalle gaan doen nie. Doodstraf is enigste uitweg

Hannes ·

Siek en sat vir die mees UITGEDIENDE ou sinnetjie wat daar ooit bestaan-“bring terug die doodstraf”!!!!!”IT AIN’T EVER GONNA HAPPEN!!!!”

Conrad ·

@Eric:

44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47 en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

Leon Coetzee ·

Ek sal in my lewe nie weer my voet in daardie vervloekte plek neersit nie.

jurie blanche ·

asb mense spandeer op n movement sensor om die huis of klein hondjie in die huis, of albei en een veiligheids vertrek soos bad kamer sit plaat voor venster vas teen die muur en veiligheids hek op deur, met die nodige twee rigting radio kry goed koop een met bure. Dit klink nou dalk na onnosele idee maar ons is in n staat van kriminele oorlog. Wetgewing verkeerd , polisie kort mobile police unit by elke stasie wat rond gaande pad blokkades opsit en daai eenheid minstens elke 6 maande op leun verkliker toetse.

Marie van Zyl ·

Pyn…pyn…woede….vir my suster wat sommernet doodgeskiet word.. Manie se maat..vrou..eggenoot..van 40 jaar wreed weggeruk uit sy lewe! Daar is klomp maniere om veilig plek in huis te skep… maar mens word oorval snags as jy slaap deur donker sluipers…dan het jy nie tyd om indaardie vertrek te kom nie..want pistool is klaar teen jou kop…. SOOO JAMMER MY BROER!!!!!

Elsa ·

My innige simpatie met hierdie gesin. Ek raak nie kwaad of haatdraend as ek van sulke goed lees nie, maar ervaar net hartseer oor ons pragtige land en sy mense en dat baie van ons nie eens meer veilig in die land van ons geboorte voel nie. Die feit dat ‘n mens se lewe niks meer vir hierdie wreedaards beteken nie, is ‘n direkte gevolg van die doodstraf wat afgeskaf is.

Susan Verster ·

Hoekom net vrou skiet. Die gemors wil hê die familie moet dit aanskou dit maak hulle dade soveeel meer beter sodat die familie dit vir altyd onthou. Daardie kinders het n leeftyd van onthou en hartseer voor hulle. Gemors dit is wat hulle is

Oom Walker ·

Bavaria is ‘n provinsie in Duitsland. Hierdie voorval was in die Buffelsdrift Bewarea.

christa ·

noem net een goeie ding wat deur die ANC regering tot stand gebring is. Ek kan aan niks dink nie. Alles, maar alles het agteruit gegaan. Geen hospitale, polisie, Weermag, dienste,. Die dorpe is vuil en so ook die paaie. Veiligheid bestaan glad nie, jy moet heeldag oor jou skouer kyk. Moord en doodslag en verwoesting is aan die orde van die dag Is daar dalk nogiets wat ek vergeet het?

christa ·

Dis reg. Die VF is die enigste blanke party maar dis te klein. Stem liewer Cope want Lakotta se kop is reg . Hy is nie blind en doof nie. ANC is so behep met grondeise net om sodoende stemme vir volgende jaar se verkiesing te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.