Klerk pleit skuldig aan swendelskema van miljoene

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Voormalige klerk by die Oos-Kaapse opleidingsentrum (ECT) in Port Elizabeth het Woensdag in die stad se handelshof skuld beken op 972 aanklagte van bedrog.

Estelle Burgess (63) het die sentrums tussen November 2004 en September 2014, terwyl sy as krediteureklerk gewerk het, uit R13,4 miljoen geswendel, het Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, gesê.

As deel van haar pligte moes Burgess betalings wat aan verskaffers of krediteure gedoen word, verwerk en die lyste vir goedkeuring van betaling hanteer.

ECT het ʼn aanlyn betalingstelsel gebruik om krediteure te betaal en Burgess het die sentrum se finansiële bestuurder gehelp om die betalings te doen.

“Slegs dié twee werknemers het toegang tot die ECT se bankstelsel gehad en sy [Burgess] het onder meer spreitabelle geskep wat die bankbesonderhede van krediteure, asook die verskuldigde bedrae bevat het,” het Ngcakani gesê.

Burgess het hierdie dokumente aan die finansiële bestuurder voorgelê wat dan betalings sou goedkeur. Burgess het op ʼn bedrieglike wyse die bankbesonderhede van krediteure en verskaffers met haar eie vervang. Sy het toegang tot nege bankrekeninge by vier verskillende banke gehad.

“Gevolglik is R13,4 miljoen oor tien jaar in haar nege bankrekeninge betaal. Die Valke het haar in Januarie 2019 in hegtenis geneem.”

Landdros Nolitha Bara het Burgess skuldig bevind aan 972 aanklagte van bedrog en die saak teen haar tot Mei uitgestel sodat verslae van die proefbeampte asook oor korrektiewe toesig afgehandel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Madz ·

Wat sê die spreekwoord van “as jy in Rome is…..”? Geleer by die bestes.

JM ·

Het sy regtig gedink dat sy daarmee sou wegkom? “Crime doesn’t pay.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.