Klopjag op ‘dwelmhandelaars’ lei tot reusewapenvonds

Die vuurwapens waarop daar beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Gautengse polisiebeamptes het Maandag tydens ’n klopjag op vermeende dwelmhandelaars op talle hoëkaliber-vuurwapens in ’n woonstel in Johannesburg afgekom. Dié vuurwapens sluit in aanvalsgewere en haelgewere, koeëlvastebaadjies, rookgranate en traangas.

Daar word nou vermoed dat die vermeende dwelmhandelaars by veel meer as net dwelmhandel betrokke is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes verbonde aan die Johannesburgse middestad se misdaadintelligensie-eenheid het Maandagoggend op inligting reageer rakende beweerde dwelmhandel by ’n woonkompleks in Winchester Hills.

Die polisiebeamptes het opgemerk hoe twee voertuie van belang langs mekaar in die parkeerterrein van die woonkompleks stilhou, waarna ’n onbekende pakkie vanuit die een motor na die ander motor aangegee is. Die inhoud van dié pakkie het kontant asook vyf sakkies met middels wat vir forensiese toetse gestuur is, bevat.

Een verdagte is op die plek in hegtenis geneem in verband met die onderhandeling terwyl ’n tweede verdagte inhegtenisneming ontduik en op die vlug geslaan het.

Die polisiebeamptes het verdere ondersoek op die perseel gelas waarna dié ondersoek hulle gelei het na die betrokke woonstel waar die reusevuurwapenvonds gemaak is.

Verskeie aanvalsgewere, drie haelgewere, ’n rewolwer, ammunisie, koeëlvastebaadjies, traangas, rookgranate en ’n handgranaat is in die woonstel gevind en op beslag gelê.

Verdere ondersoek sal nou onder leiding van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) geskied.

“Die beslaglegging van sulke hoëkaliber-vuurwapens dui daarop dat die verdagtes by veel meer as net dwelmverwante misdaad betrokke kan wees,” het lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiehoof, intussen gesê.

Volgens Mawela word daar ook vermoed dat nóg meer verdagtes betrokke kan wees by die misdadige aktiwiteite. “Die ondersoekspan mag geen steen onaangeroer laat om die gesoekte verdagte en hul makkers vas te trek nie.”

Die een verdagte wat gedurende die klopjag in verband met die pakkie se inhoud in hegtenis geneem is, is van Sunnyside in Pretoria en sal binnekort in die hof verskyn, sê Peters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries ·

Die stouterds, nie hulle wapens ingehandig nie. Vat hulle vas, Cele.

Francois ·

Bekyk die polisie ook. Ons wettige landsburgers moet wapens inhandig maar nie kriminele want hulle betaal net die polisie dan verdwyn die dockets weer.

Hendrik ·

Hulle het lekker baljaar terwyl Cele en sy bende die strande ogepas het, Hier is groot probleme in die land. Ek glo die misdadigers is almal buitelanders.

Kokerboom ·

Deursoek maar die hele Hillbrow en Sunnyside gereeld sonder enige voorafwaarskuwing. Die woonstelkomplekse het ontaard in ‘n totale dwelmnes en rampokkerhole die afgelope 25 jaar. Die SAP is veronderstel om dit te weet!!

Tanniepetoors ·

Alweer met hul broeke om hul enkels gevang. Hulle het die wapens maar waar is die mense wat dit gebruik het? Swak intelligensie.

Sarel ·

Indien nie self betrokke nie dan verhuur hule seker die wapens aan ander.
Geen plek wasr jy makliker onwettige wapens in die hande kan kry ax SA nie. Maar die Minister maak jag op wettige euenaars

Jeanette ·

Kom julle mense nie agter dat net wit mense getarget word vir alles nie, hulle is daarop uit en die groot ding is as jy net ‘n voet verkeerd sit of net jou kant van die saak probeer verduidelik word jy in hegtenis geneem. Nee wat ons het ons “chips” gehad in die land

Sarel ·

Minister Cele maar jy gaan voort om wettige eienasrs te ontwapen..

SjN ·

Hoedeman moet eerder ophou strande laat patroleer en meer aandag gee aan die onwettige dade.

Elize ·

Ons gaan nog oorgeneem word in ons slaap. Kommerwekkend. Voorheen was |Sunnyside net vol oumense en studente en nou is dit net ‘n hool

Johan ·

Is daai n BXP en n protekta? Sou dit nogal graag in die hande wou kry (wettig natuurlik) dit lyk nog in goeie kondisie…net so pyn om aansoek te doen wel :(

Baardman ·

Julle hoef nie te vermoed dat hulle met meer as dwelms handel nie. Die bewyse is mos duidelik.

Flip ·

Ek tel 5 wapens wat aan die polisie behoort. Wanneer sien ons dat die polisie beamptes wat ‘veantwoordelik” vir die wapens is in hegtenis geneem word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.