Koalisies werk nie vir ANC nie, sê Gauteng-premier

David Makhura, premier van Gauteng, by Ellispark-stadion in Johannesburg (Foto: ANA/Simphiwe Mbokazi)

Koalisieregerings “werk nie” en Gautengse kiesers sal op 8 Mei weer aan die ANC die volle mandaat gee om die provinsie te bestuur, het premier David Makhura Sondag gesê.

“Ek is vol vertroue dat die ANC ʼn oorweldigende mandaat sal ontvang. Ons weet koalisies werk nie en ons soek ʼn duidelike mandaat van die mense van Gauteng om weer die provinsie te bestuur,” het Makhura tydens die ANC se “Siyanqoba”-veldtog by Ellispark in Johannesburg gesê voor Woensdag se nasionale- en provinsiale verkiesing.

Makhura het gesê die regerende party is gereed vir Woensdag, want hulle “het hul werk gedoen”. “Die ANC het tydens sy verkiesingsveldog die kwessies aangeroer waardeur kiesers in die gesig gestaar word. Die ANC moet nog ʼn kans gegun word in Gauteng en nasionaal om die goeie werk voort te sit wat ons doen.”

Hy het gesê 1 800 busse met ondersteuners sal na verwagting by Ellispark bymekaarkom en hy is vol vertroue die stadion sal volgepak wees. Die stadion het sitplek vir 62 567 mense.

ANC-ondersteuners het vroeg Sondagoggend al na Ellispark begin beweeg vir die ANC se laaste verkiesingsveldtog. Hulle is geklee in ANC-klere, neem foto’s en sing struggle-liedjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter du plessis ·

Hoekom wou Ramaposa dan vir malema en shiwambo kabinet poste aanbied? Ek dink die anc gaan weer ver wen want die klomp wat so brand en verniel omrede hulle ongelukkig is stem maar weer anc.Ek glo ook sou hulle verloor sal hulle nie die mag oorgee nie

Dries du Toit ·

Indien die ANC weer Gauteng sou oorneem gaan jy radikale verandering begin sien in die beleid van die DA. Hulle sal nog nader aan ANC beleid beweeg en van die witgesiggies moet ontslae raak om die meer swartes te trek

marous ·

Nee , maar leuens , bedrog , dieftal , plundering , en vernietiging wel ….

Gert van Wierdapark ·

Ja my ou a en see premiers-mater. NIKS werk vir julle nie want in ‘n Kakistokrasie is dit diegene wat aan die stuur van sake staan doen dit op “a Titanic way”. Daar word voortgeploeter en met behulp
van staatskaping, boeties vir baantjies, tender bedrog, regstellende aksie met een el, kader ontplooiing, afkraak van dit wat werk(skole ens), word ‘n voorbeeld gestel van hoe ‘ n land en sy hulpbronne opgevoeter kan word! “Say no more! Want die OVS kaartspeler en ander narre lei die optog! Ons almal is gatvol daarvoor en om in ‘n koalisie met die a en see te gaan, sal dus besis nie werk nie!

Kolle ·

Sien laas week foto van ons ANC burgemeester met báie pakkies Galito’s hoender op die verhoog langs haar. Ek neem aan die t-hemde was aan die ander kant. Gister ry EFF bakkies die dorp vol en swaar gelaai met bier kratte vol quarts. Die pad na ‘n stem is deur die maag.

Wat 'n fiasko ·

Die ANC werk nie, nie alleen nie en ook nie in koalisies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.