Koben: ‘Julle het sy bloedklont weggebid!’

Koben Hofmeyr en sy broer Benko by hospitaalpersoneel. Foto: Verskaf.

Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, maak daagliks goeie vordering.

Trompie Hofmeyr, Koben se pa, het Saterdag aan Maroela Media gesê Koben kan sy hand al heeltemal oopmaak. Hy is ook Vrydag uit die hoësorgeenheid van die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria na ʼn algemene saal geskuif én die bloedklont wat hy gehad het is weg.

“Onder omstandighede gaan dit baie goed, hy is steeds van die bors af ondertoe verlam, maar daar is nou nog net drie vingers wat ons moet wakker bid,” skerts hy.

Sy bloeddruk het ook intussen genormaliseer.

“Ons vat alles dag vir dag. Die Here het ons kind vir ons teruggegee. Daar is ander ouers wat enigiets sou gee om net weer hul kinders se stemme te hoor. Ons gaan nie werk met hoe hy was en hom heeltyd vergelyk met hoe hy was nie, ons gaan vorentoe kyk.”

Trompie skryf op Facebook: “Julle het Koben se bloedklont weggebid! Vir sy grootte is dit ʼn wonderwerk! Hy moes eintlik aan die wand van die aar geheg het, wat ʼn vernouing sou veroorsaak het. Maar hy is weg soos laas maand se ‘pay’.”

Koben by vriend DJ Greyling en pa, Trompie. Foto: Verskaf.

Trompie vertel dat Koben se neuroloog vir hom sy eie kitaar gebring het en gesê het hy moet ʼn bietjie sy arms en hande oefen. “Hy het nooit kitaar gespeel nie, maar na dese dink ek hy sal!”

Volgens hom lyk dit in dié stadium of Koben moontlik volgende week na ʼn rehabilitasiesentrum oorgeplaas sal kan word. “Dit hang alles af wanneer sy liggaam weer normaal self sy funksies kan uitvoer. Ons is dankbaar vir elke personeellid en dokter, maar die Here het die finale sê. Geen mens weet régtig wat in daai murgies aangaan nie, net die Here weet.”

Maroela Media het vroeër berig Koben, die kaptein van die Hoërskool Louis Trichardt se o.16-rugbyspan, het in Mei ʼn ander speler geduik en in die proses sy nek ernstig beseer. Hy is toe per helikopter na die Life Groenkloof-hospitaal se waakeenheid geneem waar hy dadelik ʼn noodoperasie ondergaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Charmaine ·

Stetkte Koben !! DIE HERE DOEN STEEDS VOLKOME GENESING EN WONDERWERKE AL DIE EER KOM DIE HERE TOE?????????

leser ·

vertrou op Die Almagtige, Hy is in beheer, ek bid ook vir jou genesing

Lana ·

Baie dankbaar dat jy al so genees het! Vasbyt en kyk net vorentoe!

Wikkel self ook ·

Koben, wikkel self ook seun soos jy reeds doen en probeer. Ouers maseer elke dag die hele liggaam, doen physio oefeninge, leer dit, ek het en ek smile al die pad langs kompetisies en toernooie van verskillende sporte. Probeer hom elke dag op n groot bal regop hou terwyl hy self probeer balanseer. Gaan groot!

SNEL ·

Dis vir my so besonders dat die pa sê ons gaan hom nie vergelyk met hoe hy was nie, maar vorentoe kyk. Mens is so geneig om altyd terug te kyk en die woorde “pleks’ en” as maar net” te gebruik. Wonderlike uitkyk van jou pa hier. Dis ook wonderlik en help baie as mens omring is deur positiewe mense en veral mense wat mens dra in gebed en mens moed inpraat deur God se Woord. So bly om te lees van die wonderwerke wat hier gebeur. God is groot en hoor elke gebed. Ek sal ook aanhou bid vir jou. Hoop om nog meer te lees van die wonderwerke wat God in jou gaan doen.

Al ·

Die Here is genadig en in Sy hand gebeur wonderwerke. Prys die Heer! Ek is so bly vir jou.

SNEL ·

Bok, ons lewe in n wêreld waar slegte dinge gebeur en dit kom in met die sondeval waar Adem en Eva die vrye keuse wat God hul mee geskape het verkeerd gebruik het en sonde en slegte goed die reg in die wêreld gegee het. Om God te vra om in elke situasie in te tree, dan het ons mos geen vrye keuse of reg nie. So is dit ook deur ons vrye keuse wat God wil hê ons moet Hom kies. Hy wil ons nie dwing om Hom lief te hê nie. Ja, Drs is daar met kennis, maar God het nog steeds die sê oor lewe of dood, daar is al mense wat dood is met n simpel prosedure, buite n Dr se beheer, God het die laaste sê . As Christen prys ons God as dit goed gaan en ons prys Hom as ons suffer, want ons weet Hy laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom lief het in hierdie stukkende wêreld en as Christen is ons burgerskap ook nie van hier nie, we are just passing through, ons skat is in die hemel. Moeilik vir iemand om sy kop om dit te kry wat met wêreld se oë daarna kyk. Eers as jy op n God vertrou wat alles in Sy hand hou en in beheer is van jou elke asemteug, sal jy verstaan en as jy totaal op Hom vertrou en onvoorwaardelik glo.

Gys ·

Die Here se krag is oneindig Groot. Mag die Here nog verdere wonderwerk verrig van genesing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.