Kom boer op Maroela! Splinternuwe landbouportaal bekendgestel

Maroela Media se landbouportaal, met die naam “Boer”, word vandag amptelik bekendgestel.

Met dié landbou-afdeling wil ons Afrikaanssprekende boere bedien met nuus en ander inligting oor die landbou-omgewing, wat hulle kan help om ingelig en positief te bly. Ons wil ook die kollig laat val op die positiewe aspekte rondom boer en landbou in SA: positiewe stories oor ontluikende jong boere, boere se suksesverhale, plaaslike boerderybedrywe wat internasionaal die leiding neem en innoverend funksioneer ensovoorts.

Boer” moet vir Maroela-lesers wys dat landbou in Suid-Afrika iets is om op trots te wees.

Boere in Suid-Afrika is nie meer net boere nie – boerderye ontwikkel tot so ʼn mate dat boere as algemene bestuurders gesien kan word, wat daagliks talle belangrike besluite moet neem. Boere word egter deur uiters uitdagende omstandighede in die gesig gestaar, wat insluit onrealistiese minimumlone, onbestendige regeringsbeleid, misdaad, dreigende grondonteiening, boeregetalle wat afneem, die ontvolking van kleiner, plattelandse dorpe, werkloosheid wat verhoog in plattelandse gebiede ensovoorts.

Gelukkig was Afrikaanse boere nog altyd bekend vir hul kreatiwiteit en vernuf om in die moeilikste omstandighede met ʼn positiewe gesindheid hul uitdagings te bowe te kom. Dis op hierdie eienskappe van ons plaaslike boerderybedryf waarop ons in Boer wil fokus.

Maroela se landbou-afdeling Boer sal bestaan uit ʼn mengsel van die volgende inhoud:

Kwessies rondom plaasveiligheid, arbeidswetgewing, grondgrype, dekking van landbougeleenthede soos landboufeeste en kongresse ensovoorts (alles onderwerpe wat tans reeds in Maroela se nuus-afdeling gedek word, en nou uitgebrei sal word). Hiermee saam ook landbounuus-onderwerpe soos die bekendstelling van nuwe entstowwe, werktuie en trekkers; siektes en peste; rampe; skielik verhogings in lone of dieselpryse ensovoorts.

Hier sal onderwerpe soos boere se nuutskeppings, sagter nuus oor verwikkelinge in inligtingstegnologie, meganisasie en hoë-tegnologietegnieke, aandag geniet.

Sagter nuus; artikels oor die invloed van droogtes, bewerkingsmetodes, versekering, finansiering en ondersoekende artikels (nie-tegnologies)

Hierdie afdeling sal gebruik word om die betaalde promosionele inhoud van borge, adverteerders en ander rolspelers in die landboubedryf te publiseer.

Die markaanwysers wat op Maroela Media se landbouportaal beskikbaar is, is baie omvattend en seker die mees volledige van alle mededingende webwerwe.

Om die weer dop te hou, is baie belangrik vir elke boer en waarskynlik een van die belangrikste fasette van die landboubedryf.

Skakel vandag nog in op Boer, Maroela Media se eie landbouportaal.

Dis mos lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kanjynoumeer ·

Maroela wat n wonderlike geleentheid wat julle vir ons skep met die splinternuwe landbouportaal. Op boer gaan ons roer.

Jan Seerot ·

Ons boer met hoenders in Mosambiek. Is daar nog Afrikaners wat ook Maroela besoek hier?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.