Kommentare oor grondonteiening nou afsonderlik gelees

Foto ter illustrasie. (Foto: Bongani Mbatha/ANA)

Parlementslede wat dien in die ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet gaan nou sélf al die voorleggings aan die komitee moet deurlees. Dit is om te verseker dit word korrek weergegee wanneer besluite oor die wysiging aan die Grondwet geneem word.

Soveel voorleggings is van lede van die publiek ontvang dat dit aanvanklik deur parlementêre amptenare opgesom is ten einde parlementslede tyd te spaar. Maroela Media het verneem dat “duisende” kommentare ontvang is, hoewel niemand regtig seker is wat die presiese getal behels nie.

Parlementslede van die drie grootste partye (die ANC, DA en EFF) het egter uit hul totaal teenstellende hoeke saamgestem dat parlementslede self al die voorleggings moet lees.

Die voorsitter van die ad hoc-komitee, dr. Mathole Motshekga van die ANC, het komiteelede gewaarsku dat dit regtig baie voorleggings is, en gesê hy kan hulle net ʼn week tyd gee om deur die voorleggings te werk, want die komitee se werk sloer.

“Volgende week moet ons die bespreking van lede van die publiek se insette afhandel, al beteken dit ook ons vergader twaalf uur lank,” het Motshekga opgemerk, en die komitee verdaag tot volgende Vrydag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Onderhandel julle met die ANC kommuniste SAAI en al die slim mense gaan op die harde manier leer.

Hennie ·

Probleem is dat 95% van die ANC swape nie kan lees nie. Die ander 5% swape kan lees, maar het geen begrip vermoë nie!

Tipper ·

Eers was oerwoude omskep in plase, nou sal plase weer in oerwoude omskep word.

Johann ·

Selfs in ag genome dat lees nie noodwendig al die komitee lede se vermoëns weerspieël nie…Vat gaan hulle vat!!!!! En hou en onder mekaar uitdeel ook!

Oom Kobus ·

Weereens wil die ANC die proses stoomroller, omdat hul klaar besluit het om hul onbillike wetgewing deur tevoer.
Ons, wetsgehoorsame minderheid, wat met sorg familie en vriende gewerf en bewus gemaak van die belang om hul kommentare sorgvuldig te bewoord en in te dien.
Nou kry die komitee 1 week om duisende voorleggings, hulle het nie eers akkuraat rekord gehou van hoeveel nie, te lees en voorberei vir ń enkel dag vergadering.
Hoe kry mens logika oorgedra??
KT

Kobus ·

Eenvoudig – watter bewyse sal daar wees dat hulle dit wél gelees het… Géén logika meer nie.

Werner ·

En dit is nie net plase wat gevat kan word nie hulle kan vat wat hulle wil as die wet verander.

JM ·

Grondonteiening a la Zimbabwe. Weet nie om vir iets te werk nie, maar met VAT is hulle uitstekend!

Eragrostis ·

Hierdie hele oefening is net soos die Engelse sal sê, ‘Window dressing’, om die publiek gerus te stel dat die verkose partye deur die voorleggings sal lees en terugvoering daaroor gee. Dan kan niemand hulle agterna blameer indien grondonteiening wel voortgaan nie, want dié formaliteit in die proses was wel gedoen. Die realiteit is egter dat hulle hul geensins aan die insae gaan steur nie en ongestoord sal voortaan met die grondonteieningsproses. Die besluit is klaar geneem.

Ian ·

Hierdie is nou maar die verloop. Hoe gouer ons agterkom dat hier nie meer n demokratiese se is nie hoe beter. Hiedie ding gaan deurgevoer word en dit het alreeds begin waar mk veterane wat reeds plase en firmas het grond gegee word waar dit afgevat is sonder om die huur ooreenkoms na te kom. Hierdie ANC wil baie graag die konstitusie breek sodat hulle kan maak wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.