Kommer oor impak van Transnet-staking

ʼn Sloerstaking by die Ngqura-hawe, noord van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, kos die plaaslike ekonomie miljoene rand elke dag en dit word betwyfel of van die maatskappye daarvan sal kan herstel, het die Kamer van Koophandel in Nelson Mandelabaai (NMBBC) gesê.

Die organisasie is baie besorg oor die geskil by die Ngqura-hawe en Port Elizabeth-hawe waar uitvoerbedrywighede tot ʼn stilstand gekom het weens die voortgesette sloerstaking deur werknemers van Transnet Port Terminals (TPT), het Andrew Muir, president van die NMBBC, in ʼn skrywe aan Transnet-voorsitter Popo Molefe gesê. Die skrywe is ook gestuur aan pres. Cyril Ramaphosa, minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan, minister van handel en nywerheid Ebrahim Patel, Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane en waarnemende uitvoerende groepshoof van Transnet Mohammed Mahomedy.

Die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) en TPT was NMBBC-lede en strategiese ekonomiese drywers in die streek en het ʼn groot bydra gelewer wat werkskepping betref.

“Ons het oor die jare heen gretig dopgehou wat Transnet in die Nelson Mandelabaai-streek doen. NMBBC word bemoedig deur van die suksesse die afgelope 10 jaar, spesifiek die Ngqura-hawe,” het Muir gesê.

Die hawe bied ʼn strategiese ligging vir ʼn aantal sleutelbedrywe soos die motorbedryf, sitrusbedryf en vervaardigingsbedryf, wat van die streek se sleuteluitvoere dek.

“Die NMBBC is dus besorg oor die impak wat dié sloerstaking op die plaaslike ekonomie het, boonop in ʼn streek wat desperaat ekonomiese ontwikkeling benodig, aangesien dit in een van die armste provinsies van Suid-Afrika geleë is.”

Muir het gesê dit is nog meer kommerwekkend dat die sloerstaking ʼn nadelige impak kan hê op Suid-Afrika se uitvoersyfers en uiteindelik die bruto binnelandse produk (BBP) vir 2019. Dit kan ook uitvoermaatskappye se reputasie skade berokken wat in ʼn uiters mededingende internasionale mark moet handel dryf.

In die motorbedryf verloor een groot vervaardiger nagenoeg R15 miljoen se vervaardiging daagliks weens die staking. Wanneer dieselfde berekening op bedryfsvlak gedoen word, beloop dit nagenoeg R42 miljoen per dag – ʼn katastrofiese syfer, het Muir bygevoeg. Dit veroorsaak ʼn rimpeleffek in die maatskappy, aangesien hulle tripelskofte sal moet toepas vir duisende werkers om agterstallige werk in te haal. Die staking dwing hierdie maatskappye om personeel huis toe te stuur en dit beteken ʼn groot verlies aan inkomste en lone.

Die sitrusbedryf word ook swaar getref, aangesien dié bedryf nie in staat is om hul bederfbare goedere te vervoer nie. Hul internasionale beeld en markaandeel ly skade hierdeur. Volgens betroubare beramings kos die sloerstaking dié bedryf tussen R50 miljoen en R100 miljoen per week, het hy bygevoeg.

“Die sloerstaking het op 28 Junie 2018 begin en geen oplossings is tot dusver deur Transnet verskaf nie. Ons is nie seker of Transnet die korrekte regsprosedure volg om die saak dringend te takel nie,” het Muir gesê.

“Dit word betwyfel of van hierdie maatskappye en bedrywe van dié verliese sal kan herstel in ʼn munisipaliteit met die hoogste werkloosheidsyfer in die land.” Die sloerstaking het tot ʼn afname in produktiwiteit gelei (10 vraghouers per uur in plaas van 60 vraghouers per uur by albei hawens).

“Ons versoek ʼn dringende ingryping deur alle betrokke belanghebbendes en ʼn vinniger oplossing deur Transnet om dié voortgesette saak op te los sodat normale bedrywighede so vinnig as moontlik kan hervat.”

Werkers staak by die Ngqura-hawe oor ontevredenheid met bevorderings. Vragmotorbestuurders moet tot 18 ure lank staan en wag voor hulle goedere kan aflaai of oplaai.

Transnet het Donderdag gesê hy het ʼn getal werknemers in Port Elizabeth afgedank toe hulle aan ʼn onwettige staking deelgeneem het wat die sitrus- en motorvervaardigingsbedryf die swaarste getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael P ·

Ek sal maar liewer nie se wat die land se naam moet wees nie

George in Bloem ·

Hmmmm……..ja…..Soos gewoonlik is almal is bekommerd behalwe die betrokke unie. Hulle het nie ‘n saak nie.

Phil ·

Al van 28 Junie 2018? Dit is n baie lang tyd en hulle kon dit nog nie uitsorteer nie?

aj ·

Geen land kan homself ryk staak nie.

Ek wonder of privaat besighede die vakbond leierskap persoonlik kan dagvaar vir verliese gely?

Lyk vir my oonop soos sabotasie van die infrafruktuur stelsel.

Slim vang sy baas ·

Ek is keelvol vir enige stakings. Op die ou einde is dit die kinders van Suid Afrika wat benadeel word.
Mense staak hulself uit ‘n werk uit. So hul kinders gaan honger ly.
Gee die werk vir die wat wag vir werk.

Saint ·

Hou aan staak – dan kan ons een hawe sluit en baie minder arbeid gebruik om die oorblywende uitvoere te hanteer.
Die gevolge gaan wees dat meer elektrisiteit beskikbaar sal wees maar gebruikers daarvan
In elk geval sal ‘n groot klomp gebruikers nie neer brood of elektrisiteit kan bekostig nie want daar sal groter werkloosheid en gevolglik mimder inkomste wees.
Uiteindelik sal die stakers dit regkry om hulself en dis ene ander werkers hulself uit ‘n werk en inkomste staak.

John ·

Grootskaalse afdankings is dringend nodig in SA. Ondankbaarheid en onvergenoegdheid gedy. Die kamma heiligheid waarmee unies hulself en die magtige werkerskorps wil sambreel, is twak. Die regte en taak van unies moet herbesin word. Werkloses en die toenemende aantal gegradueerde werkloses tel nie. Almal van dominees tot skoffelbase voel net te vernaam en gun niemand anders ‘n rand in die sak nie. Fire!

Johan ·

MM – net ‘n korreksie aan julle kant. BBP staan vir Bruto Binnelandse Produk, nie Park nie. Dis net ontstellend hoe groot rippel effek slegs een staking op ons land se ekonomie het. Die rippel stop nie by die motor vervaardiger of die sitrus bedryf nie. Dit rippel deur tot by die laags-betaalde werker in die land. Verban alle unies. Dit was die VK se val in die jare 80. Het ons nie daaruit geleer nie?

Afgeskaal ·

So vernietig die stakers die ekonomie, werksgeleenthede , vooruitgang en voorspoed vir almal. Die mense wil struggle! Al hoe meer besighede en fabrieke sluit , maar die stakers gee nie om nie. Hou op werk skep vir mense wat nie wil werk nie!

Pieter ·

Wat se impak hulle doen in elk geval niks mors ons belasting geld dit is al wat hulle doen

hercu ·

geen een van die vakbonde en stakers het ‘n saak mbt die land se vrot ekonomiese toestand nie – hulle kan geen somme maak nie, solank hulle net kan staak!!

“If you make money by charging high interest rates, you will lose it all to someone who cares for the poor. 

God cannot stand the prayers of anyone who disobeys his Law. 

By leading good people to sin, you dig a pit for yourself, but all who live right will have a bright future. 

The rich think highly of themselves, but anyone poor and sensible sees right through them” – Prov 28:8‭-‬11 NLT

benita ·

dis reg staak hulle KAAL, dis hoe TRANSNET sy pensioenarisse behandel, hy verarm hulle wie die hele empire vir HULLE GEBOU het, so kry vir julle wat julle uitdeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.