Kommer oor swanger ma’s wat drink

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika het die hoogste aangetekende koers van fetale alkoholsindroom, het The Times Dinsdag berig.

Volgens die Foundation for Alcohol Related Research is nagenoeg ses miljoen mense in Suid-Afrika onherroeplik geraak nadat hulle in die baarmoeder aan alkohol blootgestel is.

Die stigting se navorsing word wêreldwyd erken. In dié studie het dit aan die lig gekom dat die voorkomssyfer in sommige dele in die Noord-Kaap tot 18% is. In Gauteng is dit sowat 2,7%.

Daar is aanvanklik gedink dat kinders van veral plaaswerkers in die Wes-Kaap hoofsaaklik deur die sindroom geraak word, maar die jongste studie toon dat die gevalle nou in stedelike gebiede en onder jong swart ma’s toeneem.

 

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

As jy werklik meer wil weet oor FAS gaan lees daaroor. Jy sal verbaas wees en moontlik geskok.

Eduard ·

Gaan ons nageslag nou almal zombies wees .Wat gaan aan met die jeeg kom rik julle reg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.