Kommer oor uitwerking van beurtkrag op matriekeksamen

Kommer bestaan oor die uitwerking van beurtkrag op die eindeksamen. (Foto: pixabay)

Die matriekeksamen is op hande en daar is reeds groot kommer oor die uitwerking van moontlike beurtkrag op leerders wat dié belangrike eksamen aflê.

Eskom het Woensdag, uit die bloute, aangekondig dat hy fase 2-beurtkrag in werking stel. Dit duur van 09:00 tot 23:00.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, het in reaksie gesê die party het reeds talle oproepe van bekommerde skoolhoofde en onderwysers landwyd ontvang oor die uitwerking van beurtkrag op die eksamen.

Matrieks lê vandag die praktiese eksamen van rekenaartoepassingstegnologie af.

Volgens Melanie Buys, hoof van Ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), is dit veral die plattelandse, arm skole waar die leerders die swaarste kry. “Dit is ʼn klap in die regering se gesig dat hulle in die era van digitalisasie, enkele dae na ʼn aanlynplatform vir leerders bekendgestel is, daar nie eens elektrisiteit is vir leerders om hul vraestelle te kan beantwoord nie. Vir baie vraestelle, soos die Rekenaartoepassingstegnologie wat vandag geskryf is, moet leerders toegang tot rekenaars hê.”

Buys sê al het skole dan ʼn kragopwekker, waarvoor hulle uit hul eie sak moes betaal het, het die leerders steeds vandag geweldige onnodige stres ervaar voor hulle een van die belangrikste eksamens van hulle lewe aanpak.

Mazzone sê Eskom se monopolie op kragverskaffing moet stopgesit word. “Dit striem ekonomiese groei én onderwys.”

“Die ANC-regering sal toekyk hoe die land in duisternis gedompel word, eerder as om sy trots te laat staan en onafhanklike kragvoorsieners aan boord te bring om die netwerk te stabiliseer en uit te brei.”

Die DA sê die regering het by verskeie geleenthede die versekering gegee dat die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) verlede maand al bekend gemaak sou word. Dit is die meesterplan vir die opwekking van nuwe energie, maar die DA meen dit is nou niks meer as ʼn hersenskim nie.

Eskom het Suid-Afrikaners nog verlede maand verseker dat geen beurtkrag vir September en Oktober beplan word nie. Dít nadat die DA munisipaliteite gewaarsku het teen die moontlikheid van beurtkrag.

Eskom het Vrydag boonop aangekondig hy gaan hof toe oor die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se jongste besluit oor kragtariewe. Eskom voer aan Nersa se prysvasstelling het hom met ʼn tekort van R102 miljard gelaat, gegewe dít waarvoor hy aansoek gedoen het.

Die kragvoorsiener sê dringende tussentydse verligting is nodig om ʼn finansiële ramp te voorkom.

Die beleërde kragvoorsiener staan ook al weer bakhand by die minister van finansies vir ʼn reddingsboei.

“Die DA waarsku Eskom om nié beurtkrag te misbruik as ʼn onderhandelingswapen vir meer geld nie.

“Eskom het ʼn leë dop geword en is glad nie in staat om betroubare en volhoubare energie te verskaf nie. Hy kan bloot nie die ligte aanhou nie.”

Die DA sê kenners raam dat beurtkrag die ekonomie nagenoeg R1 miljard per fase per dag kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Outoppie ·

Net bekommerd oor matriek eksamen. Wat van die hele land se ekonomie

Marinda ·

Ek is oortuig daarvan dat Eskom hierdie aksie genrem het om sy saak vir die verhoogde tariewe te ondersteun. Dit gebeur gewoonlik wanneer iets belangriks soos bv die matriek eindeksamen plaasvind! Lyk nie of die staat werklik iets aan die Eskom sage wil doen om ons van ondergang te red nie!

Hannetjie ·

Net soos ek gedink het…geld geld geld is hier ter sprake.Vir krismis en al daardie vakansies…mmm..jaaa….

Ellisras ·

Ek wil graag ‘n sonkrag stelsel insit. Maar daar is soveel mense in die bedryf wat net ‘n goedkoop stelsel wil insit en van jou vergeet. En nie alle duur stelsels is goeie stelsels nie. Wat maak ‘n mens. Dit is nie soos met motors wat daar ‘n pad toets is nie. Jy is spreekwoordelik in die duisternis.

karen ·

selfs al kry jy ‘n goeie sonkrag stelsel, wil meeste munisipaliteite nou hê dat dit op hulle stelsel geregistreer moet word en dat jy ‘n fooi ook nog betaal….. belaglik

leser ·

eskom, kry jul geld by die onwettig gekoppelde verbruikers en die wat nie betaal nie , soos SOWETO , onder andere

wilma ·

Kan iemand dalk vir ons se so naastenby n bedrag wat geplunder en vermors is

Mariana ·

Dieselfde storie net ander tyd. En so kry Eskom elke keer hul sin en die staat gee hulle soos gewoonlik wat hulls vra. En Eskom gee nie ‘n duit om vir eksamens of die mense van hierdie land nie en as ek die saak so bekyk, die staat ook nie.

marous ·

Stort ineen en kry klaar . Die skrif is lankal aan die muur .

wielie ·

Julle worry oor Escom en die krag onderbrekings, wat van openbare vervoer?? Sien baie kinders op busstoppe staan en wag vir busse om skool toe te gaan wat nie opdaag! DIT plaas spanning op n kind wat reeds gespanne is. Hulle kan nog in bloktyd in die dag leer maar skool toe hardloop omdat die bus nie opdaag … ????? Hoe laat gaan daardie kind nie wees vir die vraestel?

Rdd ·

Niemand het ‘n dam gegee toe ons dit in 2015 moes doen nie. Ek het vir tot van my rekord toetse by kerslig geleer.

Francois ·

Ek het self in die ou dae (70′ en vroeg 80’s) met n parafien lamp gesit en leer – was niks snaaks nie. Vandag se kinders het allerhande elektronikas wat deel uitmaak van hulle studies en hulp bronne – parafien lampie gaan nie veel help nie.

AB ·

Dit sal geen verskil maak aan die uitslae nie. Meeste matrieks se ligte is “anyway” af!

Jakes ·

Kinders het van 07:00 – 14:00 in lokaal gesit. Was nie toegelaat om lokaal te verlaat nie (blykbaar instruksies vanaf dept v onderwys), konnie water gaan drunk, iets eet of badkamer gebruik nie. Verbeel jou, dors, honger en het n pee, maar jy moet konsentreer op n eindeksamen CAT vraestel?

Ben ·

Dit is veral in die arm, plattelandse gebiede wat hulle bekommer. So, hulle wil tog in elk geval nie vir hul krag betaal nie. Slaagsyfer is 30 persent, dus hulle sal matriek maklik kan slaag ook by kerslig.
Wat van die matriekleerders uit die res van die land? Bekommer julle ook nie oor hulle nie?

retse ·

Ons almal suffer sonder krag, en moet meer betaal…. wat word gedoen aan die hooggeplaastes se helse salarisse?? kan dit nie verminder word nie …. als kom net van die arm man af…. die hoogstes moet nou wys of hulle al dai geld werd is met hul KENNIS ……dan sal daar nie beurtkrag wees nie… dit maak ons lam

Lood Kurkprop ·

Gaan kyk gerus ” Enron – The Smartest Guys In The Room” …dan sal jy sien wat is die rede vir die beurtkrag,en wat bemagtig Eskom daardeur…hulle kry meer reg daardeur.

Fanie du Preez ·

Monkey puzzle in matriek eksamens ?
Ek lag my start af …lololol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.